“Strength does not
come from physical capacity. It comes from an indomitable will.”
Mahatma
Gandhi
Showing strength will differ widely from
person to person and from type of strength to type of strength. The point is
that one person may have a stronger tolerance for pain than another. Strength
not only lies in muscle power. Some have strength of wisdom, another strength
of courage, some have both. Someone else’s strength of temperance may outshine
another’s strength of justice!
Gandhi reminded us, when it comes to strength,
that it would be a healthy practice to be reminded
that the strongest might sometimes weaken, just as the wisest might err at
times. Gibran
said that it is out of suffering that some of the
strongest souls have emerged; he says that the most massive characters are
seared with scars. This is true, but it is however not only in times of adversity that our strengths come to
the fore. Even though Napoleon Bonaparte was of the opinion that strength and growth come only through continuous effort and struggle, he
missed the truth that some find their strength through other mediums, and not
only through the mediums of effort and struggle.
Some, for example, may find
strength in standing and fighting for somebody else. Someone like Lao-Tzu was of the opinion that being deeply loved by someone else can give you
immense strength. These are all true, each one finds his/her strength in a way
suited to him/her. Where do you tap your strength from?
Only you know from where you
obtain your strength,
Some you embrace, others you
keep at arm’s length.
Gandhi’s view I want to instil,
that strength comes from a
resolute will!
b * a
-------------------------------------
∞ -------------------------------------
“Krag kom nie
vanuit jou fisiese kapasiteit nie. Dit kom vanuit ‘n ontembare wilskrag.”
Mahatma
Gandhi
Inderdaad, krag lê nie net in spierkrag nie. Die
mate waartoe jy jou innerlike krag wys, sal verskil van persoon tot persoon en
van die tipe krag ter sprake. Een persoon sal ‘n sterker verdraagsaamheid vir
pyn as ‘n andere hê, terwyl andere weer kan floreer onder druk, terwyl andere
nie kan nie. Sommige het wysheidskrag, andere weer kragdadige moed, sommige het
beide. Een se krag vir matigheid mag weer ‘n andere se krag vir geregtigheid oorskadu!
Gandhi herinner ons daaraan, wanneer dit by
krag kom, dat dit ‘n gesonde praktyk sal wees om te onthou dat die sterkste
verstand soms swakheid toon, en dat die mees wyse persoon ook soms verkeerd kan
wees. Gibran sê weer dat dit uit swaarkry is dat sommige van die sterkste siele
na vore kom. Hy noem ook dat sommige van die sterkste karakters oortrek is met
letsels. Dit is waar, maar dit is nie net in tye van
teenspoed dat ons krag na vore kom nie. Selfs al was Napoleon Bonaparte van mening dat sterkte en groei net
deur voortdurende moeite en stryd verkry word, dink ek dat hy die punt miskyk
dat sommige mense hul krag deur ander mediums bekom.
Sommige mense
mag byvoorbeeld hul krag in die staan en veg vir iemand anders vind. Iemand
soos Lao-Tzu was van die opininie dat die blote opregte liefde van iemand anders, jou
ontsettend baie innerlike krag kan gee. Hierdie is alles so waar, en elkeen
vind sy/haar sterkte iewers. Onthou waar jy jou innerlike sterkte en krag vandaan
kry, en koester dit, want daarsonder kan jy maklik knak onder die druk van
hierdie wêreld.
Net jy weet vanwaar jy jou
innerlike krag verkry,
Sommige omhels jy, teenoor
andere is jy kil.
Onthou egter wat Gandhi hier
bo sê vir jou en vir my,
Dat krag voortspruit vanuit ‘n
vasberade wil!
b * a
Comments
Post a Comment