“Strength
and growth comes only through continuous effort and struggle.”
Napoleon
Hill
Today I will look at the concept of struggle. We all
know, to varying degrees, that life is not a fairyland but a continuity of harsh
struggles. Some people even consider struggle to be the father of all things.
Struggle is, however, not a bad thing? Even though life is in itself a struggle
for existence for so many people, it is equally true that we have to fight for
everything that is good, there is indeed little progress without a good deal of
struggle. Don’t ever think your progress is automatic, and always remember that
struggle is inevitable. Every step you take towards the goals you set, will require
some form of sacrifice, some suffering and some struggle. So I said struggle is
actually good, and here is why: It builds character, it makes you stand tall
whenever you emerge on the other side triumphantly. Go through this life,
filled with its struggles, with your head held high and with the dignity it
requires. Remember, we all have our struggles, you are not the black sheep of
humankind to be the only one who struggles in life…
Do you
think that life is a struggle without end?
A
struggle where rules are sometimes broken and bent?
Maybe
it is, yet life still goes on long after we're gone…
Where
daily we conquer one struggle after the other.
-------------------------------------
∞ -------------------------------------
“Krag
en groei word bekom deur voortdurende moeite en worsteling.”
Napoleon
Hill
Vandag wil ek ‘n bietjie stilstaan by die begrip stryd & worsteling.
Die lewe is nie ‘n speelpark nie, erken dit maar, dit is ‘n aaneenlopende
proses gevul met worsteling om te kom waar mens wil wees, en net om kop bo
water te hou. Sommige mense beskou hierdie stryd as die vader
van alle dinge. Seker so, maar ek is seker daarvan dat stryd en worsteling nie ‘n
slegte ding is nie. Selfs al is die lewe ‘n stryd op sigself, is dit so dat ons
steeds moet veg vir alles wat goed is. Daar is immers bitter min vooruitgang in
jou lewe as jy nie opoffer en veg vir die doelwitte wat jy in jou lewe stel
nie. Moet nie vir een oomblik dink vooruitgang is outomaties nie, dit is nou
maar een maal onvermydelik en ‘n deel van jou menswees. So, waarom is die
lewensstryd ‘n goeie ding? Wel, dit bou karakter, dit maak dat jy regop staan
wanneer jy as ‘n wenner aan die ander kant uitkom. Gaan deur hierdie lewe,
gevul met haar struwelinge en aanslae, met jou rug reguit en jou kop omhoog, en
met die waardigheid wat jy daaraan kan gee. Onthou, ons almal het ons
struwelinge… jy is NIE die swart skaap van die mensdom wie alleen met jou
struwelinge worstel nie.
Dink jy
dat die lewe ‘n stryd sonder einde is?
‘n
Stryd waar ons soms reëls buig en breek?
Dalk so,
maar die lewe gaan voort, al is ons lank reeds koud en bleek…
Lewensstryd
sal jou karakter bou, weet dit gewis.
Comments
Post a Comment