“Rebel
children, I urge you, fight the turgid slick of conformity with which they seek
to smother your glory.”
Russell
Brand
This is the view of an English comedian,
actor, radio host, author and activist. I think that his words have much truth
to be pondered because I feel strongly about the continuous revolt and
rebellion we have to undergo in our inner lives. We revolt against that which
is harmful to us; we revolt in favour of things which may make life better. I
believe that a healthy revolt is a necessity in life, even if on a daily basis.
Robert Ingersoll said that whenever the sword
of rebellion is drawn in order to protect the rights of man, then he will
consider himself a rebel. He says that wherever the sword of rebellion is drawn
to give humanity liberty, to clothe them in all their just rights, then he will
consider himself, in that regard, on the side of that rebellion. Will you
support such a rebellion? I know I will fight side by side with Ingersoll when
it comes to these.
Mikhail Bakunin says that to revolt is a
natural tendency of life. Even a worm turns against the foot that crushes it.
In general, the vitality and relative dignity of an animal can be measured by
the intensity of its instinct to revolt. Albert Camus said that in order to
exist, man must rebel, but rebellion must respect the limits that it discovers
in itself. He also said the only way to deal with an unfree world is to become
so absolutely free that your very existence is an act of rebellion. So in order
to exist, humanity must rebel, but the limits it discovers in itself must be
respected.
When you hear “revolt” and
“rebel”,
you only see a picture of
bloodshed and violence.
That, however, is nonsense,
to put it in a nutshell.
b * a
-------------------------------------
∞ -------------------------------------
“Rebelleer kinders,
ek smeek julle, beveg die hoogdrawende vlak van konformiteit en onderwerping wat
hulle gebruik om jou glorie mee uit te doof.”
Russell
Brand
Hierdie is die seining van die Engelse komediant,
akteur, radio omroeper, outeur en aktivis. Ek is van mening dat sy woorde baie
waarheid het en dat ons ‘n bietjie diep daaroor moet nadink. Wat is revolusie?
Dit is nie net die omverwerp van ‘n regering nie, nee. Revolusie is iets wat
binne ons plaasvind, en ek voel baie sterk hieroor want ek voel dat gereelde
innerlike revolusie baie noodsaaklik is. Ons kom in opstand teen dit wat
skadelik vir ons is; ons kom in opstand ten einde dit in plek te kry wat ons
lewens beter kan maak.
Robert Ingersoll het eens gesê dat wanneer die
swaard van rebellie ookal getrek word ten einde die regte van jou as mens te
beskerm, hy homself dan as ‘n rebel sal bestempel. Hy sê dat wanneer die swaard
van rebellie getrek word om die mens vryheid te gee en hulle te klee in al hul
regte, dan sal hy homself skaar aan die kant van die rebelle. Sal jy dit doen? Ek
weet dat ek verseker myself aan hulle kant sal skaar.
Mikhail Bakunin het op sy beurt weer genoem dat
om in opstand te kom, ‘n natuurlike geneigdheid van die lewe is. Hy meen dat
selfs ‘n wurm in opstand sal kom teen die voet wat hom wil vertrap. Selfs Albert
Camus is van die opinie dat ten einde te bestaan, ons voortdurend in opstand
moet kom! Hy sê egter dat rebellie die grense wat dit binne jouself neerlê,
moet respekteer. Die enigste manier om ‘n onvrye wêreld te hanteer, is om so
volkome vry te word dat jou vryheid op sigself, ‘n rebellie is. Moet nie ‘n
passifis wees en alles goedsmoeds aanvaar nie. Rebelleer teen dit wat jou
vryheid inperk en jou menswees onderdruk.
Wanneer jy hoor van “rebellie”
en “rebelleer”,
Sien jy seker net ‘n toonbeeld
van bloedvergieting en ‘n geweer.
Rebellie is egter ook ‘n
innerlike transaksie,
Wees net nie ‘n passifis nie, laat
dit oorgaan in aksie.
b * a
Comments
Post a Comment