“Only in
the agony of parting do we look into the depths of love.”
George
Eliot
“You don’t know what you’ve got till its gone!” Listen to these words and
take them to heart, for they are as true as the hairs of your eyebrows or those
on the back of your neck! The renowned German philosopher, Arthur Schopenhauer, who is remembered for his pessimistic views on human
nature (as discussed in his highly praised book, “The World as Will and Representation”), said that parting gives a foretaste of death,
and that every reunion is a hint of the resurrection.
In the same sense, Dickens said that the pain
of parting is nothing if you compare it to the joy of meeting again. I remember
how I had to make my parents see the logic behind the emigration of my sister
and her husband as being done for their own sake. It will be selfish to deny
other people a better future just because we don’t want them to leave. When it
comes to parting, a friend of mine once said that it is actually selfish to
show too much emotion on another’s departure. He said it is because it is
hurtful to YOU to let that person out of YOUR life. YOU want him/her present in
YOUR life, so it is all about YOUR loss. It is this self-centredness that makes
it selfish.
Should we not rather focus on the one
departing, and rejoice, as I did, when my sister left for a country that will
offer them a better future? Of course yes, but this can only happen if you are
selfless. Only many years later did most, including my parents, see the logic
in this. Yes, parting is hard, but we should not only see how it affects us, we
should always keep the welfare of the departed into consideration. The same may
be said of those departed in death.
Then there is the flip-side, as there usually
always is! Jane Austen wrote the following, which is also sometimes very true, and
I add this on a lighter note: “They parted at last with mutual civility, and
possibly a mutual desire of never meeting again.” Sometimes there is happiness
in parting – for both parties! Don’t forget that.
There is sadness in our
hearts,
when someone departs.
Whether this be in living or
in death,
in moving somewhere else, or
in exhaling the last breath.
b * a
-------------------------------------
∞ -------------------------------------
“Slegs in
die ondraaglikheid van skeiding, kry ons ‘n kykie in die dieptes van die liefde.”
George
Eliot
“Jy weet nie wat jy het totdat jy dit verloor het nie!” Luister maar na
hierdie woorde en neem dit ter harte, want ek weet waarvan ek praat. Hierdie
woorde is so waar soos daardie hare in jou wenkbroue, of (as jy dalk
ingetekendes het) soos die hare op jou nek! Die vooraanstaande Duitse filosoof,
Arthur Schopenhauer,
wie onthou word vir sy pessimistiese
siening jeens die menslike natuur (soos bespreek in sy hoog aangeskrewe boek, “The World as Will and Representation”), het gesê dat skeiding mens net ‘n voorsmaak van die dood gee, en dat elke
hereniging ‘n voorsmakie van die opstanding (uit die dood) is.
In dieselfde asem meen Charles Dickens (nee,
komaan, jy moet weet wie dit is!) dat die pyn van skeiding niks is as dit
vergelyk word met die vreugde van herontmoeting nie. Ek onthou soos gister hoe
my ouers gesukkel het om die logika agter die emigrasie van my suster en haar
eggenote na Engeland, in te sien. Dit is eintlik selfsugtig om andere ‘n beter
lewe te gun net omdat jy hulle nie wil laat gaan nie. Wanneer dit by skeiding
kom, het ‘n filosoof vriend eens vir my gesê, is dit selfsugtig om emosies te
toon. Goed, kom ons dink bietjie daaroor na. Waarom huil jy wanneer iemand
wegtrek, of sterf? Jy toon hierdie emosies want dit is swaar en seer vir JOU om
daardie persoon of persone uit JOU lewe te laat gaan. Dit is JY wie daardie
persoon of persone teenwoordig wil hê in JOU lewe, so dit gaan alles oor JOU
verlies. Dit is hierdie self-gesentreerdheid wat dit so selfsugtig maak.
Moet jy nie veel eerder fokus op die een wie
vertrek het nie? Moet jy nie veel eerder jubel en juig dat die wie vertrek het,
dit doen vir hul eie beswil en voordeel nie. En diegene wie heengegaan het,
koester die mooi herinneringe en verbly jouself daarin dat hy/sy uit hierdie wrede
wêreld verlos is, as ek dit dan nou so mag stel! Jy kan dit alleenlik doen as
jy onselfsugtig is. Dit was eers baie jare later dat talle, insluitende my
ouers, hierdie insig bekom het betreffende my suster hulle se emigrasie.
Inderdaad, om paaie te skei is swaar, maar ons moet nie kyk na hoe dit ons
affekteer nie, ons moet altyd die welstand van die een wie weggaan, bo die van
ons eie stel.
Dan is daar die keersy, soos daar nou maar
eenmaal altyd is, en op ‘n ligter noot wil ek graag die volgende met jou deel. Jane
Austen het gesê: “En hulle het einde ten laas met wedersydse beleeftheid van
mekaar geskei, en heel moontlik met ‘n wedersydse begeerte om mekaar nooit weer
te ontmoet nie.” Soms is daar geluk in skeiding – vir beide partye! Moet
dit nie vergeet nie!
Ons harte is seer,
wanneer ons paaie met iemand
skei.
Dit kom egter alles daarop
neer,
dat jy moet leer om jou te
verbly in die welstand van die ander party.
b * a
Comments
Post a Comment