Rest / Rus



“You must learn to be still in the midst of activity and to be vibrantly alive in repose.”
Gandhi

We all need rest some times. Some people may need it more than others. The Vietnamese monk and peace activist, Thich Nhat Hanh, is of the opinion that we as humans have lost the wisdom of genuinely resting and of embracing the activity of relaxing. We worry too much. We don't allow our bodies to heal, and we don't allow our minds and hearts to heal. I want you to take his words very seriously today. There is nothing wrong in taking possession of your own life and time and use some of that for the purpose of resting.


No, not sitting on the couch, occupying your time with some empty-minded amusement. No, I am talking about decent rest, about becoming still and just letting go. Henry David Thoreau said that there are moments when all anxiety and stated toil are becalmed in the infinite leisure and repose of nature. Yes, many find full rest and relaxation in turning back to nature for various periods of time, but not everybody is in a position to do this. Find a time and a way that are suitable for you to get rest for both your body and mind. Go for a walk, or go and sit in the garden and just inhale the plants and trees and birdlife, if any. It does not matter what you do, even if you simply close the door end sit and meditate, about nothing. Find or make the time to become still.


Joy, temperance, and repose,
slam the door on the doctor’s nose.
Thus Longfellow once wrote.
Don’t just read this as a mere footnote!
b * a

------------------------------------- ∞ -------------------------------------


“Jy moet leer om stil te wees in die middel van aktiwiteite, en om dinamies lewend te wees tydens stilte en kalmte.
Gandhi

Wat probeer Gandhi hierdeur sê? Wel, dit is eenvoudig, ons vind meer lewe in stil en kalm wees, as wat ons doen in ons daaglikse gejaagde lewens. Inderdaad, ons almal het rus nodig, en wanneer ek praat van rus, dan verwys ek na stil raak en om jouself weer opnuut te vind. Sommige mense het dit meer nodig as andere, maar ons almal het dit aan die einde van die dag nodig. Die Vietnamese monnik en vryheids aktivis, Thich Nhat Hanh, is van die opinie dat ons as mens die wysheid verleer het om werklik te rus en verleer het hoe om die aktiwiteit van rus ten volle aan te gryp. Ons bekommer ons te veel oor dinge, ons laat ons liggame, ons harte en ons denke nie toe om ten volle gesond te word nie. Ek vra dat jy hierdie woorde ernstig sal opneem. Onthou, daar is niks daarmee verkeerd as jy eienaarskap van jou eie lewe en tyd neem en dit gebruik vir doeleindes van voldoende rus nie.


Nee, voldoende rus sluit nie die gebruik van jou tyd op die bank voor die televisie of rekenaar skerm, met swaksinnige vermaak, in nie. Met rus en stilte verwys ek na deeglike rus, na die stil raak binne jouself en net laat gaan van alles. Henry David Thoreau sê dat daar momente is wanneer alle vorme van angs, inspanning, en moeisaamheid, kalmte vind, en dit is gewoonlik wanneer jy jouself onttrek na die oneindige ledige uurtjies wat mens kan spandeer terwyl mens in die natuur is. Baie mense vind volle ontspanning en rus in die skoonheid en stilte van die natuur. Maak tyd en kyk of jy jouself kan onttrek daarheen. Vind tyd en die weg wat gepas is vir jou om genoegsame rus vir jou liggaam en siel te vind. Gaan neem ‘n wandeling, of gaan sit net in die tuin en asem die plante, die bome en die dierelewe in, indien enig. Dit maak nie saak wat jy doen nie, bly net weg van daardie bank voor die TV, al gaan sit jy net en mediteer – oor niks – maar vind tyd om stil te raak en ‘n uitlaat te gee aan al daardie opgehoopte spanning en emosies.


Vrede, matigheid, en verposing,
slaan die deur toe in die dokter se neus.
Dit is die woorde wat Longfellow aan ons bring.
Woorde wat so waar is, jy mag dit maar weer lees!
b * a

Comments