Reality / Werklikheid




“Life is not a problem to be solved, but a reality to be experienced.” 
Søren Kierkegaard

True, but what is reality? The French philosopher, René Descartes, had much to say about reality and deception... The point is, we think we experience things as real, but later come to realize that we were deceived by our senses. Many things appear to us in many facets, but does that mean that we are experiencing reality? Certainly not, because reality is the state of something as it truly is, not as how we perceive it to be contrary to the essence of its existence. Maybe someone once asked you to get in touch with reality? This is not an uncommon request, because people tend to get out of touch with reality. Dreams, which are not reality, may predominate a person’s life. This does not imply that dreaming is wrong. You may dream, but you must also strive towards making that dream a reality, and this can only be done through determination and hard work. It is as Colin Powell says, a dream does not become reality through magic; it takes sweat, determination and hard work to make it a reality. Think about it, when you stop dreaming, only one thing remains: reality. Face reality, don’t resist it, embrace it and let your reality be real. You surely do not want to live a life based on falsities, because remember that what is real is what is true, while that which is not, is a falsity. We have to pursue truth in this world, there is no sense building castles in the air which will never become reality, so please, stay in touch with the truth, with the real, with reality.

The world of reality has its limits, that’s true,
but take a moment and think the following through:
A world of imagination is boundless,
as long as reality is the product of this.
b * a

------------------------------------- ∞ -------------------------------------

“Die lewe is nie ‘n probleem wat opgelos moet word nie, maar ‘n realiteit wat ervaar moet word.” 
Søren Kierkegaard

Dit is baie waar, maar die vraag is – Wat is realiteit? Die Franse filosoof, René Descartes, het baie geskryf oor persepsies en realiteit, en hoe ons sintuie ons kan bedrieg en ‘n valse sin van realiteit aan ons kan voorhou. Die punt is, soms dink ons dat ons ‘n sekere mate van realiteit ervaar, maar kom dan later agter dat ons bedrieg was in ons sin van realiteit. Baie dinge verskyn aan ons in vele fassette, maar dit beteken nie dat ons altyd realiteit ervaar nie. Realiteit is die staat van iets se ware essensie, van wat dit is en nie noodwendig van wat jy dink dit is nie. Daar is ‘n verskil! Wat jy van iets (of iemand) dink, kan totaal en al verskil van dit wat daardie ding (of iemand) in essensie is. Die ware essensie is die ware realiteit. Het iemand jou al gevra om in voeling met realiteit te kom? Ja, soms raak ons uit voeling met realiteit. Soms droom ons te veel, en ongelukkig is drome nie realiteit nie. Dit impliseer natuurlik geensinds dat ons nie moet droom, of moet ophou met droom nie! Droom, maar maak asseblief seker dat jy moeite insit om daardie droom van jou ‘n waarheid te word, dat jy dit omskakel na realiteit deur middel van determinasie en harde werk. Dit is soos Colin Powell gesê het, ‘n droom word nie ‘n werklikheid deur wonderwerke nie; dit neem sweet, deursettingsvermoë en harde werk om dit ‘n realiteit te maak. Dink mooi daaroor na – waarmee sit jy as jy ophou met droom? Jy sit met realiteit… Kyk realiteit daarom dan vierkantig in die oë en omhels dit, moet dit nie teëstaan nie. Laat jou realiteit ‘n werklikheid wees. Jy wil tog sekerlik nie ‘n lewe leef wat op valsheid en onwerklikhede geskoei is nie? Onthou, wat werklik is, is wat waar is. Wat nie werklik is nie, is ‘n leun. Dit is uiters belangrik dat ons waarheid nastreef in hierdie wêreld. Daar is geen sin daarin om lugkastele te bou wat nooit ‘n werklikheid kan word nie. Bly daarom in voeling met die waarheid en met werklikheid.

Die wêreld van werklikheid het sy beperkinge, dis waar…
Maar onwerklike droomwêrelde kan tog niks konkreet baar…
Streef realistiese drome na, en maak dit werklik.
‘n Werklike lewe sal jou altyd verkwik.
b * a

Comments