Wonder / Verwondering



“Recapture the childlike feelings of wide-eyed excitement, spontaneous appreciation, cutting loose, and being full of awe and wonder at this magnificent universe.”
Wayne Dyer

This is an aspect of life that I will never neglect – the aspect of awe and wonder. Why? Because I make a point of it to stand in awe and wonder at natural phenomena. I want to go as far as to say that if you have lost this aspect, then you have become numb, comfortably numb and that you have discarded much of what this life has to offer.

Socrates said that wisdom begins in wonder; Neil Armstrong argued that mystery creates wonder and that wonder is the basis of humanity's desire to understand. Albert Schweitzer, who spent some time during World War I in a prison camp, wrote that we should never say that there is nothing beautiful in the world anymore. There is always something to make you wonder, whether this be in the shape of a tree or the trembling of a leaf. So true, there is little that gives us as much appreciation for life as to experience the awe of nature in the wriggling of a worm in your palms, or the clinging feet of a bug to your finger, or the tickle of the grass underneath your bare feet.


When last did you lie down on your stomach and observed, in wonder, the working and behaviour of insects on the ground, or the nest of a weaver bird, or stood bewildered by the awesomeness of a full moon. When last did you have a WOW moment? My question still remains: Have the most of us lost our capacity for wonder? Albert Einstein said that he who knows not the mysterious and can no longer wonder and no longer feel amazement, is as good as dead, is as good as a snuffed-out candle. Rekindle your sense of awe and amazement and relight that candle.

Have you lost your capacity to be wowed?
Does that make you proud?
Don’t be a snuffed candle!
Relight the candle of amazement, if you will.
b * a

------------------------------------- ∞ -------------------------------------

“Herneem opnuut die kinderlike gevoelens van met-groot-oë opwinding, spontane waardering, jouself losmaak en vervuld wees met verwondering en ontsag vir hierdie manjifieke en grootse heelal.”
Wayne Dyer

Nou kyk, hierdie is ‘n aspek wat ek hoog aanslaan – die verwonderingsaspek. Dit is ‘n aspek van my lewe wat ek nooit sal versaak nie – waarom nie? Wel, baie eenvoudig, dit is iets waarop ek reflekteer, iets wat ek ‘n punt van maak om nie te versaak nie. Ek wil sommer met die intrapslag vir jou sê, as jy verleer het om jouself in verwondering te verloor, het jy gemaklikheidsonthalwe gevoelloos geword, en in die proses, baie weggegooi van dit wat hierdie lewe het om jou te bied.

Sokrates het gesê dat wysheid nerens anders nie as in verwondering begin. Neil Armstrong het weer geargumenteer dat verwondering deur die misterieuse geskep word, en dat verwondering die basis van die mens se begeerte is om dinge te verstaan. Albert Schweitzer, wie ‘n aansienlike tyd gedurende die 2de Wêreldoorlog in ‘n konsentrasiekanp spandeer het, het geskryf dat ons nooit moet sê dat daar niks moois in die wêreld meer is nie. Daar is altyd iets wat jou in verwondering kan laat, hetsy dit in die vorm van ‘n boom of in die trilling van ‘n blaar is. Dit is so waar, daar is min dinge wat mens soveel waardering vir die lewe kan gee as die ervaring van verwondering in die wriemeling van ‘n wurm in jou handpalm, of die klou van klein insek voetjies aan jou vinger, of die gekielie van gras onder jou kaal voete.




Wanneer laas het jy op jou maag in die tuin of veld gaan lê en jouself verwonder aan die gewerkskaf van insekte, of gestaan en jouself verwonder aan die gevleg van ‘n vink se nes? Wanneer laas het jy met oophangende mond na die prag van ‘n volmaan gestaan en kyk? Wanneer laas het jy daardie WOW moment ervaar? Ek vra maar net, en my primêre vraag bly staan: Het die meeste van ons, ons kapasiteit tot verwondering, verloor? Albert Einstein het gesê dat wie ookal nie bewus is van die misterieuse nie, en wie ookal nie meer in verwondering kan staan nie, so goed as dood is. So ‘n persoon is so goed soos ‘n uitgedoofde kers. Steek opnuut jou sin van verwondering aan en ervaar die grootsheid van so baie dinge in 'n nuwe lig, die lig wat daardie kers, wat eens uitgedoof was, vir jou sal bied.

Het jy jou kapasiteit tot verwondering verloor?
Brand die vlam van jou verwondering lank reeds nie meer?
Steek daardie kers aan en kom weer terug op die spoor,
en ervaar die grootsheid van alles opnuut weer.
b * a

Comments