“A
short absence is the safest.”
Ovid
I spoke
yesterday with someone who lost his mother when he was 4, and at the age of 6
his father dropped him off at an orphanage and left, never to be seen again. That
made me think of the absence he had of important role-players in his life, and
that is why I want to touch very briefly on the concept “absence”.
A proverb says that absence makes the heart grow fonder, but then it also has its
counter-proverbs: “Out of sight, out of mind” and “Long absent, soon
forgotten”. Maybe that is why Ovid recommended a short absence as being the
safest path to take. I think that short periods of absence is something of
importance that every person should do. The absence I refer to is the absence (temporary
withdrawal) from any aspect of life that may result in that aspect reaching a
point where you take it for granted. It is said that you don’t know what you
have until it is gone. Believe me and all the others who tell you this, because
that is so very true. Short periods of absence is supposed to make you aware of this
truth. Short periods of absence is supposed to rekindle your appreciation for
whatever or whomever you were away from. I want to remind you of my discussion
on the importance of your privacy and of the importance of making time for
yourself. Such periods of time should be spent in absence from that which you
are so accustomed to on an everyday basis.
The joy
your pet (specifically a dog) shows when seeing you after a day’s absence, is
the same joy you should experience after short periods of absence from your
life partner, children, friends or other possessions. The Lebanese writer,
Kahlil Gibran, said that whatever you love most in something, may be clearer in
its absence, so make it a habit to create moments of absence which may just
make the heart grow fonder.
Thomas Fuller said that absence sharpens love
But presence strengthens it.
If you ponder what I and the others said above
Then in relations, you will always have a front-row
seat
b * a
-------------------------------------
∞ -------------------------------------
Gister het
ek ‘n gesprek met iemand gehad wie sy moeder verloor het toe hy 4 jaar oud was,
en op die ouderdom van 6 het sy pa hom by ‘n kinderhuis afgelaai en hy het sy
pa nooit weer gesien nie. Dit was duidelik dat die afwesigheid van veral sy ma
in sy lewe, steeds ‘n enorme impak op hom het. Dit het my laat dink aan die
konsep “afwesigheid”.
Die
uitdrukking sê dat afwesigheid weer die hart met liefde hervul. Daar is egter
ook uitrukkings wat lui: “Uit die oog, uit die denke” en “’n Lang
afwesigheid, dan is jy sommer gou vergete”. Miskien is dit waarom Ovid net ‘n
kort afwesigheid as die veiligste weg voorstel. Dit is waar, ons raak so
gewoond aan dinge dat ons vergeet hoe om dit ten volle te waardeer. Ek stem
daarom saam dat kort periodes van afwesigheid iets is wat mens ernstig moet
opneem. Die afwesigheid waarna ek verwys is spesifiek die afwesigheid (tydelike
onttrekking) van enige aspek van die lewe wat mag uitloop op die punt waar jy
hom/haar/dit oor die hoof sien (nie notisie daarvan neem tot die mate waartoe
jy veronderstel is om dit te doen nie). Glo my, daar is soveel waarheid agter
die uitdrukking dat jy nie weet wat jy het tot jy dit verloor het nie. Kort
periodes van afwesigheid is veronderstel om jou juis van hierdie waarheid bewus
te maak. Kort periodes van afwesigheid is veronderstel om jou waardering vir
daardie iets of iemand, opnuut aan te vuur. Ek wil jou graag herinner aan my
besprekings oor die belangrikheid van jou privaatheid en die belangrikheid
daarvan om tyd vir jouself te maak. Spandeer daarom tydjies van afwesigheid weg
van dit waaraan jy so maklik gewoond kan raak.
Die blydskap wat jou troeteldier
(ek verwys spesifiek na ‘n hond) vir jou wys wanneer jy terugkeer tuis, moet as
toonbeeld dien van jou blydskap en waardering na kort periodes van afwesigheid
weg van jou metgesel, lewensmaat, kinders, ouers, vriende, en ja, selfs lewensmiddele
en ander besittings.
Die Libanese
skrywer, Kahlil Gibran, het gesê dat wat jy ookal die meeste in die lewe
liefhet, sal vir jou duidelik word wanneer dit nie daar is nie, maak daarom ‘n
gewoonte daarvan om kort oomblikke van afwesigheid te skep wat heel waarskynlik
net die hart meer versot sal maak.
Volgens Thomas Fuller is dit afwesigheid wat die liefde
slyp,
Maar dat teenwoordigheid dit op sy beurt weer versterk.
Doen jy wat jy dink vir jou werk,
Solank jy net die belangrikheid van dinge in die
lewe begryp.
b * a
Comments
Post a Comment