“Apologies
only account for that which they do not alter.”
Benjamin
Disraeli
My experience thus far in life, is that an apology
has become a cliché. Sure, some apologies are made honestly and sincerely, but
mostly it is thrown around like trash. It is, therefore, very important that
you recognise the correct situations that are appropriate for giving a sincere
apology. After all, you don’t want to become an over-apologetic person, now do
you? There will be those who were wronged who will insist on an apology for the
mere sake of just being given an apology, whether it was given in a sincere
manner or not. As long as an apology has been given, then everything is fixed
and the case is settled. Yes, there are such people, but that is surely not the
right way to go and I will never give an apology in that fashion. I think that
one of the easiest things to say is “sorry”, but the hardest thing is to mean
it sincerely. My question to you is the following: is saying sorry really
making any difference? I concede that a well-considered apology of both words
and actions may do much to heal whatever has been broken, but the key word here
is action. It is right actions in the future which are the best apologies for
bad actions that you have done in the past. You have to perform the right
actions to make the words of your apology a reality. Are you one who apologises
without accompanying that apology with actions? Apologies without actions, to
my mind, is just empty words. What do you think?
Above my pride, I will
rise
and with sincerity, I will
apologise.
My apology I will support
with rightful action,
not doing this will be a
counteraction.
-------------------------------------
∞ -------------------------------------
“Verskoning
maak tel net vir dit wat hulle nie regmaak nie.”
Benjamin
Disraeli
My ervaring tot dusver in die lewe, is dat die maak
van ‘n ekskuus, ‘n cliché begin word het. Te maklik hoor jy iemand sê: “Ek is
jammer”. Goed en wel, sommige ekskuse word met opregtheid gemaak, sommige word
net gemaak om die vrede te bewaar, ander word weer rondgegooi soos rommel. Dit
is daarom dat ek baie sterk daaroor voel om, wanneer jy ekskuus sê, jy dit in
die gepaste situasie sê wat ‘n opregte ekskuus regverdig. Jy wil tog sekerlik
nie ‘n oor-apologetiese persoon wees nie, of is jy?
Jy gaan diegene kry wie tenagekom is en aandring op
‘n apologie, net om te hoor jy sê jy is jammer, ongeag of jy dit bedoel of nie.
Solank as wat jy net sê jy is jammer is alles honkiedorie… Dit is tog sekerlik
nie die manier hoe om met ‘n “apologie” rond te gaan nie? Ek, vir een, sal
NOOIT sê ek is jammer net omdat JY dit wil hoor nie. Ek sal dit slegs sê
wanneer ek dit bedoel en wanneer ek dink dit is geregverdigd om dit te doen. Een
van die maklikste dinge is om te sê: Ek is jammer. Een van die moeilikste dinge
is om dit te BEDOEL en dan iets daaraan te doen. ‘n Vinnige vragie aan jou:
Maak ‘n apologie regtig soveel saak? Is dit nie eerder die daad wat na die
tenakoming volg, wat meer saak maak nie? Ek gee toe dat ‘n wel-oordenkte
apologie van beide woord en daad, baie gaan doen om reg te maak dit wat jy
gebreek het, maar vir my is die daad die primêre saak. Jou dade in die toekoms
sal genoeg ekskuus wees vir jou dade wat jy in die verlede gepleeg het, en dit
sal ook die diepte van jou aanvanklike apologie bepaal – of so hoop mens maar.
Sommige mense kan mos nie vergewe nie. Ek hoop nie jy is een wie ekskuse
rondslinger soos ‘n hond wie teen pale sy merk laat nie! Laat jou ekskuse altyd
gepaard gaan met regstellende optrede. Ekskuse sonder aksies is niks anders as
leë woorde nie. Wat is jou opinie?
Ek sal bo my trots uit
rys
En die wêreld ‘n ding of
twee wys.
My ekskuse is opreg en
word gesteun deur my optrede.
Met ekskuse sonder
optrede, daal jy net na benede.
Comments
Post a Comment