“Appearance
rules the world.”
Friedrich
Schiller
Schiller, who lived more than 200
years ago, is perfectly right in making that observation. It is actually
nauseating if you think about this – that appearance is far more of importance
than one’s essence. On the one hand, we say: Don’t judge a book by its cover. On
the other hand, we do exactly that when we open ourselves up to let appearance,
rather than essence, predominate. Oh, how I detest superficiality; the falseness
of appearance. It is my essence that matters, it is my core, not what I wear or
drive or how I look. My outer appearance is an entirely different matter.
Samuel Butler asked us to be grateful to the mirror revealing our appearance
only to us. Just imagine if it could reveal to us (and to the world) our inner
essence! Aesop wrote that we should look to the mind, not to the outward
appearance; in the same vein, Ovid said that things are not always what it seems
because first appearance may deceive us. If (when) you build your world around
the appearance of others (and things), you are going to fail dismally. So many
people give the appearance that everything is fine, walking around with masks
and plastic smiles. Behind those masks and plastic smiles, the true essence lies
hidden and it is shocking to see how many people open up to you when you
approach them not on the basis of their appearance, but on the basis of what
they are in essence. Here is your mental exercise for the day: think back to
those whom you judged on their outer appearance (you may even have judged some
as detestable), just to find out much later that they have an essence of gold,
compared to ones you judged to be gold but later revealed their true essence as
being rotten. Think before you embrace appearance, rather aim at the essence.
Focusing
on one’s essence,
is
better than judging on appearance.
This argument
has much coherence,
and
should be practiced from adolescence.
-------------------------------------
∞ -------------------------------------
“Die
uiterlike voorkoms heers die wêreld.”
Friedrich
Schiller
Schiller, wie meer as 200 gelede
geleef het, was goed daarvan bewus hoe voorkoms die wêreld regeer. Die klere
maak NIE die man nie… Dit walg my as ek hieraan dink – dat iemand se voorkoms
belangriker geag word as iemand se essensie. Aan die een kant is ons gou om te
sê: Moenie iemand op sy baadjie takseer nie, maar aan die ander kant is dit wat
meeste mense aldag doen wanneer hulle fokus op die voorkoms eerder as op die
essensie. Ja, al dra ‘n vark ‘n goue ring! O, hoe verafsku ek nie sulke
oppervlakkigheid nie; die valsheid van voorkoms. Dit is my essensie wat saak
maak, dit is die kern van my bestaan, nie wat ek dra of ry of hoe ek my hare
kam nie. My uiterlike voorkoms is geheel en al ‘n ander saak, en nie noodwendig
in harmonie met my innerlike nie. Goed en wel, as daar wel so ‘n harmonie is, dan
is dit puik, maar slegs tyd gaan jou innerlike essensie na vore bring. Samuel
Butler, wie so 330 jaar terug geleef het, vra dat ons asseblief tog maar
dankbaar moet wees vir die spieël wat ons ware voorkoms net aan onsself openbaar
maak. Verbeel jouself vir ‘n oomblik as daardie spieël ook jou ware essensie
aan jou (en die wêreld) kon openbaar maak! Aesop het meer as 2500 jaar gelede geskryf
dat ons na die verstand moet kyk, en nie na die uiterlike voorkoms nie – kudos
vir hom; op dieselfde trant het Ovid (ook meer as 2000 jaar gelede) gesê dat dinge
nie altyd is wat dit voorgee om te wees nie, juis omdat eerste indrukke ons so
maklik kan bedrieg – sal ek dan nou partydig wees… kudos vir jou ook, Ovid.
Mensig, maar ek roep vandag die spoke van die verlede op, maar daar is ‘n rede
waarom ek kyk na bydraers uit die verre verlede. Die punt is, wat ons vandag
ervaar is iets wat al duisende jare oud is – en steeds kry mense dit nie reg
nie. As (wanneer) jy jou interpretasie van die wêreld en van andere gaan bou op
grond van uiterlike voorkoms, gaan jy klaaglik misluk en baie ontgogel word. So
baie mense skep byvoorbeeld die indruk dat alles piekfyn is, hulle loop rond
met maskers en plastiese glimlagte. Dit is egter agter daardie maskers en
plastiese glimlagte waar die ware essensie verskuil lê. Dit is skokkend om te
sien hoeveel mense hulself sal oopmaak vir jou wanneer jy hulle essensie
aanspreek, en nie hul voorkoms nie. Hier is jou denk-oefening vir die dag: dink
terug aan diegene wie jy eens (op grond van hul voorkoms of hoorsê) getakseer
het as sleg, net om later te leer dat daardie persoon ‘n hart van goud het. In
dieselfde asem, dink aan diegene wie jy, op grond van hul voorkoms (en voorgee)
getakseer het as heel ontvanklik, net om met tyd gewys te word dat hul
innerlike menswees bederwe is. Dink alvorens jy die voorkoms omhels, mik eerder
vir die essensie.
Dit is
beter om te fokus op die essensie
As wat
dit is om te fokus op die voorkoms.
Ek weet
ons vergeet dit soms
Maar
doen jou bes om dit nie te vergeet nie.
Comments
Post a Comment