“You
can't live on amusement. It is the froth on water – an inch deep and then the
mud.”
George
MacDonald
In 1992, Roger Waters (lead singer
of Pink Floyd) launched an album with the title “Amused to Death”. I
want to share the lyrics in the title track with you: The little ones sit by
their TV screens; No thoughts to think; No tears to cry; All sucked dry; Down
to the very last breath… And when they [the aliens] found our shadows; Grouped
around the TV sets… This species has amused itself to death; No tears to cry;
no feelings left; This species has amused itself to death”. These lyrics ring
so true. There we sit, in front of our screens, watching the one series
episode, movie, soap opera, reality show, or whatever, amusing ourselves to
death. Stop right there! I also watch these (except the soap operas of course…),
but my question is, to what extent do these contribute to our excessive amusement?
Conveying constructive information is one thing, bombarding us with
entertainment and amusement is another thing. It is as if the world is sucked
up by amusement, by addressing feelings rather than the intellect. John Ortberg
said that amusement is appealing because we don't have to think; it spares us
the fear and anxiety that might otherwise prey on our thoughts. Amusement
is a way of boredom-avoidance through external stimulation that fails to
exercise our minds. It's a mere diversion. This makes me think of a typical
ploy that people in power exert when the populace becomes rowdy – give them
bread and circuses. This was done by the Romans, to keep people from not
thinking about the corrupt state. Keep them amused. Even T.S. Eliot observed
that television is a medium of entertainment which permits millions of people
to listen to the same joke at the same time, and yet remain lonesome. Is
entertainment in excessive dosages not making us, as humans, comfortably numb?
I am just asking, so you just answer it to yourself!
It is not entirely irrelevant to me,
All the amusement we have on radio and TV.
We do have to amuse ourselves in reasonable
quantities,
Too much, however, may make us the numbest of all the
species.
b * a
-------------------------------------
∞ -------------------------------------
“Jy kan
nie ‘n lewe van vermaak leef nie. Vermaak is die skuim op die water – net ‘n
duim diep, en dan volg die modder.”
George
MacDonald
In 1992 het Roger Waters (hoofsanger
van die groep Pink Floyd) ‘n album uitgebring met die naam “Amused to Death”.
Ek wil graag enkele lirieke uit die titelsnit met jou vandag deel: The
little ones sit by their TV screens; No thoughts to think; No tears to cry; All
sucked dry; Down to the very last breath… And when they [the aliens] found our
shadows; Grouped around the TV sets… This species has amused itself to death;
No tears to cry; no feelings left; This species has amused itself to death”. Hierdie
lirieke druk ‘n groot waarheid uit. Daar sit ons, vasgenael voor ons TV
(rekenaar) skerms, terwyl ons die een reeks episode, sopie, fliek, of wat ookal
na die ander deurwerk. So vermaak ons onsself tot die dood toe, en nie die dood
van die liggaam nie, maar van die denke. Stop net daar, ek het nie gesê ons
moet ons nie vermaak nie. Ek geniet ook my flieks en reeks episodes (behalwe
nou vir die sepies natuurlik…). My retoriese vraag bly egter staan, tot watter
mate kan hierdie bydra tot uitermatige vermaak? Die oordra van konstruktiewe
informasie en die stimulasie van ons lewens kennis, is een ding; die punt dat
ons gebombardeer word met leë vermaak, is ‘n heel ander saak. Dit is asof die
wêreld ingesuig is deur vermaak. Dit blyk nie net so nie, dit is eerder feitlik
om te sê dat dit makliker is om die gevoelens en emosies van mense aan te
spreek, as wat dit is om die intellek aan te spreek. Ek kan hordes mense uitwys
wie eerder ‘n fliek sal kyk as om ‘n leersame dokumentêre programme te kyk. Watter
vermaak is daar tog nou in iets insiggewend en leersaam soos ‘n dokumentêr? Gee
my enige dag ‘n dokumentêr of ‘n feitlik-gebasseerde fliek. John Ortberg sê dat
vermaak aanloklik is omdat ons juis nie hoef te dink nie; dit spaar ons die
vrees en angs wat andersinds (sou ons iets leersaam kyk) aan ons denke sou kom knaag.
So, kyk eerder ‘n fliek of drie en vermaak jouself, eerder as om jouself in te
lig oor wat in die wêreld aangaan. Inderdaad, vermaak is niks anders nie as die
vermyding van verveeldheid deur ‘n eksterne stimulasie wat klaaglik daarin
misluk om die gesonde verstand te oefen. Dit is, as sulks, bloot net ‘n afleidingsmeganisme. Dit
laat my dink aan wat mense in posisies van mag veral gedoen het (en dalk steeds
doen) wanneer die gepeupel onrustig raak oor die stand van sake in die lewe –
gee hulle brood en sirkusse. Dit is wat die Romeine van ouds gedoen het om hul
gepeupel te weerhou van opstand – hulle het hulle regtig brood (kos) en
sirkusse (vermaak in die vorm van arena gevegte) gegee. Hou hulle net besig met
vermaak, moet nie dat hulle hul verstand gebruik nie, net die emosies. Wat is
ons leuse: Brood en Sirkus… Selfs T.S. Eliot het genoem dat televisie ‘n medium
van vermaak is wat toelaat dat miljoene mense tegelykertyd na dieselfde grap luister,
maar steeds eensaam bly. Is vermaak in oormatige hoeveelhede besig om ons
gemaklikheidsonthalwe gevoelloos te maak (te desensiteer) vir die werklikhede
rondom ons? Ek vra net, so beantwoord dit maar net vir jouself!
Dit is nie asof ek myself nie traak
Vir al die vorme van film en vermaak.
Matige hoeveelhede van vermaak is ‘n moet,
Solank jy jouself net van oormatige hoeveelhede behoed.
b * a

Comments
Post a Comment