“You
are really alone, especially if you are abandoned by those who were supposed to
care for you.”
Bangambiki
Habyarimana
I believe
that it is good to experience as many facets of life’s trials and tribulations
because these can make you stronger and give you a sense of understanding
others who experience similar trials and tribulations. I went through many of
these, but there is a few I cannot talk about, and one of these is abandonment.
I have never been abandoned, nor did I ever feel abandoned, but thinking about
it, I must admit that it must be very sad not to be loved and to experience such
a sense of abandonment. Where does abandonment originate from? Abandonment typically
stems from inadequate physical or emotional care, not only during infant stages but even later on in one’s adult life. Having a sense of abandonment can impair
someone’s ability to trust others, to have a sense of self-worth, or
it may even affect someone’s ability to experience intimacy. These may lead to
anxiety, depression, co-dependence, or other difficulties. I am not qualified
to tell anybody what to do when they are having abandonment issues, I can, however, advise you to consult a qualified therapist. There are nonetheless
methods which you may follow in addressing it, such as exploring ways to care
for yourself, developing the ability to access a place of safety and calmness
whenever fear threatens your sense of safety or security, learning to
successfully communicate needs in intimate relationships, and
building a sense of trust in others. If you feel like nobody loves
you and everybody wants to leave you, then think again, for you are loved, even
if you have not yet met that one who will give you unconditional love. If you
have no patience to wait for such an encounter, then get a dog…
What are you to do
when you have issues of abandonment?
Following some helpful methods would be brilliant,
otherwise, have a session with a therapist or two.
b * a
-------------------------------------
∞ -------------------------------------
“Jy is
werklik alleen, veral as jy versaak word deur diegene wie veronderstel is om na
jou om te sien.”
Bangambiki
Habyarimana
Ek glo
dat dit goed is om soveel as moontlik van die lewe se beproewinge en terugslae te
ervaar en te verdra. My rede vir hierdie uitlating is dat hierdie terugslae en
ervaringe mens net sterker kan maak en mens ‘n beter begrip kan gee van andere
wie deur soortgelyke ervaringe gaan. My argument is altyd: Sal jy, as jy
struwel met verslawing, eerder wil praat met iemand wie self ‘n verslaafde was
en dit oorwin het, as wat jy sou praat met iemand wie net boek kennis daaroor
het? Ek sou die eersgenoemde verkies. Nou voor ek afwyk van die onderwerp – ek self
is deur talle beproewinge van die lewe, maar een wat ek nog nooit ervaar het
nie, is versaking. Nee, nie hartsversaking nie, versaking van geliefdes…
Inteendeel, ek het nog nooit eens gevoel asof iemand my versaak het nie (baie
teleurstellings en rugstekers, maar nooit het ek gevoel asof ek weggegooi is
nie, want daar was altyd ‘n geliefde iewers). Ek dink dit moet swaar wees om te
voel dat jy versaak en weggegooi is deur die samelewing. Ja goed, mense bring
dit soms oor hulself, iemand gaan jou tog nie weggooi sonder rede nie.
Versaking moet dus iewers ‘n ontspring. Die slimmer mense meen dit ontspring
vanuit gebrekkige fisiese en emosionele sorg. ‘n Gevoel van versaking kan jou
vertroue in andere erg skaad en selfs jou sin vir eiewaarde belemmer. Dit kan
ook verhoed dat jy jouself oopmaak vir intieme oomblikke. Dit alles mag bydra
tot angs, depressie, mede-afhanklikheid en ander sosiologiese en psigiese probleme.
Nou kyk, ek is nie ‘n kundige op die gebied van sielkunde nie, gee my eerder
filosofie, maar wat ek wel kan sê – indien jy voel dat jy versaak is deur alles
en almal, herbedink jou situasie, en as jy nie iewers ‘n goue randjie om ‘n
wolk kan raaksien nie, gaan konsulteer dan ‘n kundige. Daar is natuurlik,
alvorens jy dit wil doen, enkele maniere wat jy mag probeer om jou gevoel van versaking
aan te spreek. Kyk na ander maniere om na jouself om te sien; skep vir jou ‘n
plekkie van veiligheid en kalmte waarheen jy jouself kan onttrek sodra jou sin
van veiligheid en sekuriteit bedreig word; leer hoe om jou behoeftes uit te
druk wanneer jy jouself in intieme oomblikke bevind; bou en werk aan jou
vertrouensgevoel in andere. Ek dink laasgenoemde kan die moeilikste wees, veral
as jy al baie seergemaak is en ‘n gevoel van “weggegooi is” ervaar. Wanneer jy
ooit so voel, herbedink jou gevoel en hou in gedagte dat daar wel iemand daar
buite is wie jou onvoorwaardelik lief sal hê… jy het nog net nie skouers met
daardie persoon geskuur nie. As jy nie geduld het om daarvoor te wag nie, kry
dan vir jou ‘n hond…
Soms sal jy voel asof die lewe net teëspoed bring,
Soms sal jy verval in ‘n gevoel van versaking…
Onthou altyd, jy is nooit alleen,
So droog daardie trane en staak die geween.
b * a
Comments
Post a Comment