“Silence (the treasure of the humble) is
the element in which great things fashion themselves.”
Maurice Maeterlinck
The most moving moments of
our lives usually find us all without words, in a place where silence reigns
supreme. My question, how long before silence pass into legend, because it
seems as if humanity has turned its back on silence. Machines and devices that
increase noise and distract humanity from the essence of life (contemplation
and meditation) are all around us. Noise bolsters people’s egos, while their
inhuman void spreads like dying vegetation. In today’s age, people struggle to
become silent within themselves… They talk too much, but few fully realize that
underneath all that talking, there lies a silence that is far better, for
silence is as deep as Eternity while speech is as shallow as Time. It is true
that it takes more time, more effort and more delicacy to learn the silence of
people than to learn its sounds. Learning the grammar of silence is an art that
is much more difficult than the grammar of sounds. Do you make the effort to take
five minutes a day to practice to be silent? It is my wish that you do that and
that you will find afresh your direction in the confines of silence.
No workman steel, no ponderous axes rung;
Like some tall palm, the mystic fabric sprung.
Majestic silence!
Like some tall palm, the mystic fabric sprung.
Majestic silence!
Reginald Heber
-------------------------------------
∞ -------------------------------------
“Stilte (die skatkis van die nederige) is
die element waarbinne groot dinge hulself vorm.”
Maurice Maeterlinck
Ons ontdek die mees roerende
oomblikke van ons lewens gewoonlik wanneer ons geen woorde het nie, gewoonlik in
tye waar stilte koning kraai. Ek wonder net hoe lank dit nog gaan neem alvorens
stilte gaan wegkwyn en deel gaan word van ‘n legend, want, dit wil voorkom of
die mensdom hul rug op stilte gedraai het. Waarom sê ek dit? Ek dink dat die toestelle waarmee mense so
behep geraak het, geraas aanhelp, en dat dit mense se aandag aftrek van die essensie
van die lewe (oorpeinsing & meditasie). Lawaai gee mense se egos ‘n
hupstootjie, en dit is dalk waarom mense sukkel om stil te raak. Dalk is dit ook
omdat mense, in oomblikke van stilte, met hul innerlike self gekonfronteer
word, en dalk nie weet hoe om dit te hanteer nie. Die dat mense so daarvan hou
om baie te praat en lawaai te maak, en sodoende die stilte uit te doof. Wat meeste
dalk nie weet nie, is dat daar onder al hierdie lawaai ‘n stilte lê wat veel
beter as geraas is. Stilte is so diep soos die ewigheid self, lawaai is so
oppervlakkig soos die mens self. Dit is ook so dat dit meer tyd, meer moeite en
meer delikaatheid neem om te leer om stil te raak, as wat dit is om die geraas
van die mensdom aan te leer. Ja, dit is ‘n kuns om die grammatika van stilte te
bemeester, veel moeiliker as wat dit is om die grammatika van geraas te
bemeester. Sê my, maak jy tyd in jou dag om stil te wees, al is dit net vir ‘n
paar minute? Ek hoop van harte dat jy ‘n tydjie (of meer) hiervoor sal inruim,
waar jy net in stilte weer jouself kan vind, daardie self wie so maklik deur
geraas gefragmenteerd kan raak.
Is geraas jou baas?
Is jy min getraak as dit kom by stil raak?
Is jy min getraak as dit kom by stil raak?
Miskien moet jy stilte ‘n heroorweging
gee.
Miskien moet jy prober om hierdie ruimte te
betree.

Comments
Post a Comment