“If a bamboo tube sounds loudly it is
empty.”
Philippine proverb
Yesterday we looked at
silence, and we became acquainted with Maeterlinck’s view that silence is the
treasure of the humble. So, what will noise then be? Well, the Philippine proverb
gives us a hint – the louder the noise (that comes from a person), the emptier
the vessel (the person itself). Yes, let us look at its rowdy neighbour, noise, for a moment. One thing I know, is
that being loud, is being disrespectful. Unfortunately, there are times when we
cannot be anything other than be loud. Noise is a part of our existence, and
yes, we cannot win the war on noise, but we can learn how to contribute to it
less. Luigi Russolo noted that in antiquity there was only silence. He said
that with the invention of the machine, NOISE was born, and that today, NOISE
triumphs and reigns supreme over the sensibility of men. See why I asked you
yesterday to embrace moments of silence, when and where you can? The question
remains, is it at all possible? Well, I do believe it is, but it is not always that
easy because the world is never quiet, even its silence is at times noisy. It
is indeed difficult to retract ourselves from the hullabaloo of this world and the
cacophony it at times whip up. The point is, we have a choice to what degree we
will be contributing to the noise in this world. We also have a responsibility
to take others into account who live their own lives. Don’t force your shouting
and rowdiness down on others who also want to live their lives in peace! You
may think nothing of it to shout to a friend 50 meters from you, but have you
ever truly though how your shouting impacts on someone else who may be on a
phone with a loved one, or occupied with his/her own thoughts, or even in deep
meditation? Come-on, practice some consideration in your acts and the sounds
you bring forth in this world. Cultivate
the essence of
Mother Teresa’s words, when she said that we need only to look at nature, at
the flowers and the grass, and at how it grows in silence; we should look at
the stars, the moon, and the sun, at how they move in silence. We need silence
to be able to touch souls.
We find ourselves in a culture,
that is inebriated by noise.
It’s up to you to adopt a tranquil poise
and bury noise in its own sepulchre.
-------------------------------------
∞ -------------------------------------
“As die klank van ‘n buis bamboes hard is,
dan is dit leeg.”
Filippynse gesegde
Gister het ons na stilte
gekyk en vertroud geraak met Maeterlinck se seining dat stilte die skatkis van die nederige is. Wat
sal geraas dan wees? Wel, die Filippynse gesegde help ons bietjie in daardie
opsig. Dit sê vir ons dat hoe harder die lawaai is wat ‘n stuk bamboes maak (‘n
persoon voortbring), hoe leër is daardie stuk bamboes (die persoon self). Inderdaad,
laat ons dan vir ‘n moment STILstaan en kyk na geraas. Die eerste ding wat ek
in jou midde wil laat val is dat dit onbeleefd en eerbiedloos is om lawaai te
maak (tensy dit natuurlik onvermydelik is – laat ek net dit byvoeg). Dit is so,
ongelukkig is daar momente waarbinne ons geraas moet maak. Geraas is ‘n deel
van ons bestaan, en hoewel ons nie die oorlog teen geraas kan wen nie, kan ons
leer hoe om minder daartoe by te dra.
Luigi Russolo maak ons attent daarop dat daar stilte
in die antieke wêreld was. Dit was met die uitvindsel van die masjien dat
geraas regtig begin handuit ruk het. Vandag triomfeer geraas ons lewens en voer
dit heerskappy oor die verstandigheid van die mens. Verstaan jy nou waarom ek
gister gevra het dat jy oomblikke van stilte sal omhels waar en wanneer jy kan?
Die vraag bestaan steeds, is dit enigsinds moontlik? Moontlik is dit wel,
maklik is dit egter nie altyd nie, want hierdie wêreld is selde stil, en
wanneer dit wel stil is, kan hierdie stilte vir sommiges oorverdowend wees… Dit
is nie maklik om jouself te onttrek van die herrie en kakofonie wat hierdie wêreld
meestal opdis nie. Daar is egter een ding wat ons kan doen (behalwe nou om weg
te vlug en in ‘n woud te gaan boomhuis opslaan), en dit is om te kies tot
watter mate jy wil bydra tot die geraas in hierdie wêreld. Om hierby te voeg,
ons het ‘n verpligting om andere, wie ook hul eie lewens wil leef, in ag te
neem wanneer dit by geraas kom. Moet nie jou lawaai, bombastigheid en
luidrugtigheid onwetend op andere af forseer nie. Jy mag dalk dink dit is in
die haak om op iemand te skree wie 50 meter van jou af is, instede daarvan om na
hom/haar te loop en jou boodskap oor te dra. Het jy egter gedink aan hoe jou
geskree ander mense om jou affekteer? Iemand anders mag dalk op ‘n foon met ‘n
geliefde wees, of in diepe nadenke oor iets. Pragtig, jou selfsug het so pas
daardie persoon se kalmte en rus versteur. Komaan, beoefen so ‘n bietjie sorgsaamheid.
Ek sal afsluit met die woorde van Moeder Teresa, woorde wat ons regtig maar op ag
kan slaan. Sy sê ons hoef net na die natuur te kyk, na die blomme en die gras,
en hoe hulle in stilte groei; en na die sterre, die maan en die son, en hoe
hulle in stilte op hul weg gaan. Ons het stilte nodig as ons andere se siele
wil aanraak.
Is geraas jou baas?
Is jou landerye gesaai met lawaai?
Gee stilte ‘n kans, as jy wil.
Daar is ‘n skatkis te vinde, raak net
stil.
Comments
Post a Comment