Humour / Humor


“Humour is mankind's greatest blessing.”
Mark Twain

We all have met them once or more in life, the sourpuss people. Just looking at them plunges you in a sense of gloom. No sense of humour or wit. I always try hard to understand why people are who they are, and why they do what they, but I never wanted to, nor will I ever attempt to try and understand why some people are such sourpusses. As if life is not hard enough! Some people just cannot stand humour; others, like Mahatma Gandhi, say that if he had no sense of humour, he would long ago have committed suicide. William Arthur Ward had it smack on when he said that a well-developed sense of humour is the pole that adds balance to your steps as you walk the tightrope of life. If you are a humorous person then you can lighten life’s load by bringing some humour to your trials and tribulations. Even Maya Angelou’s mission in life is not merely to survive, but to thrive; and to do so with some passion, some compassion, some humour, and some style. Sir Francis Bacon said that imagination was given to humanity to compensate them for what they are not; a sense of humour was given to them to console them for what they are. Put some humour in your life, it will surely make your life, and that of others, less dull.

I observe him, and then I observe her.
It’s always interesting the things they do and say,
the seriousness, the laughter and in-between some silly play,
but never short of a good portion of humour.

------------------------------------- ∞ -------------------------------------

“Humor is die mens se grootste seëning.”
Mark Twain

Ons almal het hulle al ontmoet, daardie bitterbek suurknol-mense. Net een kyk en hulle sit jou reguit binne ‘n emosionele staat van swartgalligheid, mismoedigheid en droefheid. Geen sin vir geestigheid of humor nie. Ek doen my beste om mense te verstaan, om ‘n beter begrip te hê van wie hulle is, waarom hulle doen wat hulle doen en glo wat hulle glo, want vir my is verdraagsaamheid en begrip baie belangrik. Wat ek egter laat vaar het is die poging om te verstaan waarom sommige mense verkies om bitterbek suurknolle te wees. Asof die lewe nie swaar genoeg is nie, mensig! Sommige mense kan nou maar een maal nie humor verdra nie, maar gelukkig is daar baie andere wie kan. Mahatma Gandhi kon; hy the gesê dat as hy nie ‘n sin vir humor gehad het nie, hy lankal sy eie lewe sou neem. William Arthur Ward slaan die spyker op die kop deur op te noem dat ‘n goed ontwikkelde sin vir humor die paal is wat jou in staat stel om gebalanseerd jou treë te neem op die spandraad van die lewe. As humoristiese mens kan jy derhalwe die lewenslas ligter maak deur bietjie in te werk in die beproewinge van die lewe. Selfs Maya Angelou se missie in die lewe is om nie net bloot te oorleef nie, maar te floreer; sy doen dit deur passie, deernis, styl en humor in haar bestaan in te weef. Heer Francis Bacon sê dat verbeelding aan ons gegee is om op te maak vir dit wat ons nie kan wees nie; aan die ander kant is humor vir ons gegee om ons te vertroos vir dit wat ons is. Komaan, sit bietjie humor in jou lewe, kry jou swaarkry met lekkerkry klaar. ‘n Tikseltjie humor sal jou lewe, en die van andere, verseker minder sieldodend maak.

Mensig, is dit nodig om so ‘n suurknol te wees?
Waar is jou humor en blymoedige gees?
Jy – Bitterbek suurknol-mens…
Daar is soveel humor wat ek vir jou toewens.

Comments