“Comparison is the death of joy.”
Mark Twain
Oh yes, the act of comparison! Is this not what most of us (if not all
of us) do on a daily basis, comparing ourselves with others? Is this a healthy
practice? Well, I think it goes both ways, as so many other things do. I
believe that comparison can be constructive but also destructive, what do you
think? Homer, the
ancient Greek author, said: “Nothing shall I, while sane,
compare with a friend”. You know that the term “nothing” exclude the
possibility of “anything”, so I think Homer is a bit harsh in his view. Irrespective
of that, why did he vow never to fall into comparison with a friend? Let us,
for the purpose of this discussion, use Homer as a defender of the don’t-compare-yourself-to-others
view. Why should you not compare yourselves to others? Comparison may stall
your progress. Remember that no one has a perfect life, nor a perfect
appearance, and it is highly likely that there will always be someone more
beautiful and better than you are. Maybe, when you are content to be simply
yourself and don't compare or compete with others, people will respect you more.
Just be yourself. Marcus Aurelius was thinking about this same topic two
millennia ago and he made the following observation: “How much time he gains
who does not look to see what his neighbor says or does or thinks, but only at
what he does himself, to make it just and holy.”
These are all so very true, but now we get to the flip
side, because I do believe that there are instances in which you may compare
yourself with others. Is it not true that we measure our own worth to that of others?
Meaning, you look at others and compare their acts and lives to that of your
own, and hopefully come to the conclusion that how they live, and what they do,
is what I also want to do. Did we not just now reflect on the lives of great
thinkers from the past? Is that not comparison? Comparing what they say to what
we think? The author, Helen Keller, said that instead of comparing our lot with
that of those more fortunate than us, we should compare it with the lot of the
majority of humanity. It will then appear that we are among the privileged.
My conclusion? When you compare (yes, it is not a
matter of “if” but “when), please do so in a constructive matter. Look at
others and take the good from them and make it yours, but without losing your
authenticity, your uniqueness. If your lunch is not as impressive as your
co-worker’s lunch, then so be it, at least you have lunch. Do your best not to be
sucked into a dark hole of comparison filled with negative envy and jealousy;
be content with your life if you cannot reach the standard of others. May this
be some food for thought for your day?
It is better to be yourself,
for therein lies more wealth.
Don’t compare your life (destructively) with
that of another.
If you do so, then it’s only originality
that you will then smother.
-------------------------------------
∞ -------------------------------------
“Vergelyking is die doodslag vir vreugde.”
Mark Twain
Vandag wil ek enkele woorde uitlaat aangaande
die wyse waarop ons geneigd is om onsself en dinge met andere te vergelyk. Ek meen,
is dit tog nie wat ons op ‘n gereelde grondslag doen nie? Vergelyk, vergelyk,
vergeyk… Die vraag is nie of ons dit doen nie, want ons doen dit wel. Die vraag
is, is dit ‘n gesonde gewoonte?
Wel, ek dink, soos met soveel ander dinge, dat dit beide kante toe kan kantel,
dit gaan net afhang van jouself. Ek glo dat die praktyk van vergelyking beide
konstruktief, maar ook destruktief kan wees. Die antieke Griekse skrywer, Homer, het gesê: “Niks sal ek, solank as wat ek by my gesonde verstand
is, met ‘n vriend vergelyk nie”. Ongelukkig sluit die term “niks” enige
moontlikheid van “iets” uit, so ek dink Homer oorvereenvoudig so ‘n bietjie in
sy seining. Hoe dit ookal sy, laat ons dan maar, vir die doeleindes van hierdie
gesprek vir Homer die voorvegter maak vir die
moenie-jouself-met-andere-vergelyk-nie seining. Waarom is dit nie goed om jouself
met andere te vergelyk nie? Vergelyking plaas die fokus op die verkeerde
persoon, en inteendeel, jy kan net een lewe beheer, en dit is jou eie. Vergelyking
kan ook maklik omsit in ‘n afkeer van die self en dit mag jou vooruitgang
terughou. Onthou dat niemand ‘n perfekte lewe leef of ‘n perfekte voorkoms het nie.
Dit is hoogs waarskynlik dat daar iemand op hierdie planeet is wie mooier en
beter as jy is. Miskien sal jy meer respek gegee word as jy tevrede en voldaan
is met jou lewe, instede daarvan om jou lewe gedurig met andere s’n te
vergelyk. Wees net jouself, probeer dit gerus, dit is wonderlik! So ‘n rapsie
minder as 2000 jaar gelede het die Romeinse staatsman en filosoof, Marcus
Aurelius, hierdie einste onderwerp bedink, en die volgende opmerking gemaak: “Hoeveel
tyd wen hy nie wie ophou kyk na wat sy bure doen en sê en dink, en eerder kyk
na wat hy self doen om dit wat hy doen, geregverdig en heilig te maak.”
Goed en wel, want daar is waarheid agter hierdie seininge.
Daar is egter ‘n keersy, want ek glo in ewe maat dat daar gevalle is waar ons
inderdaad onsself met andere moet vergelyk. Is dit nie so dat ons voortdurend (of
baie gereeld) ons eie waardes vergelyk en opweeg met die van andere nie? Ons
sien ‘n diktator of korrupte staatsman en besluit om nie so te wees nie – wat het
ons anders gedoen as om ‘n vergelyking te trek? Het ons in ieder geval nie
reeds, in die aanhaal van groot denkers uit die verlede, ‘n vergelyking getrek
met hul sieninge nie? Die skrywer, Helen Keller, is van mening dat in plaas
daarvan om ons lot te vergelyk met diegene wie meer voorspoedig as onsself is,
ons dit eerder moet vergelyk met die lot van die groter meerderheid van die
mensdom. So ‘n vergeyling mag jou bes moontlik tot die slotsom bring dat wat jy
het, jou in ‘n meer geseënde lotsposisie plaas as talle (en ek meen TALLE) andere
wie dieselfde lewensstryd as jy stry.
My gevolgtrekking? Wanneer jy jouself en jou
omstandighede met andere vergelyk (ja, dit is ‘n kwessie van “wanneer” en nie “as”
nie), doen dit asseblief in ‘n konstruktiewe manier. Kyk na andere, vergelyk
jou lewe (weeg dit op) met hulle s’n, en neem die goeie daarvan en maak dit jou
eie, MAAR, moet nie jou eie oorspronklikheid en uniekheid in die proses opoffer
nie. As jou ingepakte toebroodjies nie so imposant soos jou kollega se macaroni
en kaas is nie, dan laat dit so wees, immers het jy iets om te eet. Doen jou
beste om nie ingesuig te word in ‘n donker gat van vergelyking wat gedryf word deur
negatiewe jaloesie en afguns nie; wees tevrede en voldaan met jou lewe as jy
nie kan bereik of besit wat andere het nie. Mag hierdie stof tot nadenke vir
jou vandag wees.
Dit is beter om jouself te wees,
want daarin lê meer waarde.
Leef jou unieke lewe hier op aarde
en as jy moet vergelyk, doen dit in die
regte gees.
Comments
Post a Comment