Sensitivity - Sensitiwiteit

“It is extremely important that you show some insensitivity to your past in order to show the proper respect for the future.”
Roberto Goizueta

Retrospection is an important, if not a crucial part of living the examined life. Today I am asking you: Is it not better to look forward rather than being too sensitive about the past? I think it is, because we tend to be too sensitive about the past. The past is done, rather spend your sensitivity on the here and the now, and on the future. I think that people wallow too much in sensitivity as an act in itself, and in doing so people struggle to deal with the realities of life and truth itself. Equally true is the point that being too insensitive may alienate you from yourself and your surroundings. Bryant McGill said that we must imbue our children with principles of the higher-self, principles which see all people as true equals, and above all, which are sensitive to the delicate and fragile balance of life. Such a kind of sensitivity is very important; we may just think back for a moment at all the atrocities that have been brought about because of insensitivity on the part of humanity. Sensitive (and not over-sensitive) people may just be seen as the heart of the world, because to care is a virtue. If you want to be more sensitive in your life, then learn to empathize with other’s emotions, successes or problems. Offer support wherever you can. You may also set healthy boundaries for yourself which may ensure you stay in tune with being sensitive. I hope that you will exercise the ability to know how to apply your sensitivity and insensitivity in the correct situations and how to apply them in the correct quantities.

Teach me to be kind and sensitive,
and to know how to live and let live;
but let me also know how to apply insensitivity
whenever, in my life, it seems necessary.

 ----------------------------------------------

“Dit is van uiterste belang dat jy ‘n mate van onsensitiwiteit toon jeens jou verlede, ten einde jou in staat te stel om deeglike repek jeens die toekoms te bewys.”
Roberto Goizueta

Ek wil vandag bietjie gesels oor sensitiwiteit en ek sal die dag se oorsig begin met ‘n stelling: Ek dink dat ons soms te sensitief oor die verlede is, en in die proses die toekoms dan afskeep. Menende, ons sensitiwiteit is soms meer gefokus op wat gebeur het (wat dan mag omsit in verwyte) as wat ons sensitiwiteit betoon jeens die hier en die nou! Indien ons te sensitief oor enige saak is, kom ons noem dit “hipersensitief”, mag ons dalk net worstel met die realiteite van die lewe en met waarheid self. Hipersensitiwiteit mag jou selfs vervreem van jou eie menswees en jou onmiddelike omgewing. Bryant McGill is van die opinie dat ons ons kinders moet besiel (vervul) met beginsels van die hoër-self, beginsels waar andere gesien word as ware gelykes, maar bowenal, da tons hulle moet besiel as mense wie sensitief is vir die delikate en brose balans van die lewe. ‘n Tipe sensitiwiteit soos hierdie is baie belangrik, maar waarom? Kom ons dink terug aan gebeure in die verloop van die mensdom se geskiedenis waar onsensitiwiteit geseëvier het jeens ander klasse, rasse, lewensvorme, gelowe, filosofieë, ensomeer. Ek gebruik wel die verledetyd, maar dit beteken gladnie dat hierdie onsensitiwiteit net tot die verlede behoort nie. Dit is inderdaad steeds aan die gebeur. Mense wie ‘n gesonde mate van sensitiwiteit toon jeens alles op hierdie planeet – let wel, nie hipersensitiwiteit nie – mag net sowel gesien word as diegene wie die hart van die wêreld opmaak, want om besorgdheid en sensitiwiteit te toon, is ‘n deug. As jy meer sensitiwiteit in jou lewe wil betoon, sonder om te hiper-reflekteer oor die verlede en die toekoms, leer dan om meer empatie te toon jeens andere se emosies, suksesse en probleme. Bied ondersteuning en hulp waar jy ookal kan. Lê gesonde grense neer vir jouself, grense wat mag verseker dat jy in voeling bly met jou sensitiwiteit. Dit is my hoop dat jy sensitiwiteit (en met tye, onsensitiwiteit, want dit is ook soms nodig) sal betoon in die korrekte mates en jeens die korrekte situasie.

Leer my om goedhartig en sensitief te wees,
en te weet dat ons moet leef en laat leef.
Dit is my hoop, dat elke mens daarna sal streef,
in beide hart, siel en gees...



Comments