Misery / Mismoedigheid en elende



“Misery acquaints a man with strange bed-fellows.”
Shakespeare

Misery, a serious lack of contentment or happiness, yet a state many (not all) prefer to be in because I believe that this enables them to get the pity and attention they so dearly want, and maybe they so dearly thrive on. This can be so severe that misery and being miserable may even be some people’s reason for going on living, without which they feel life has no meaning. Isolating themselves and feeding off this passive state, is a worrying state of affairs. Let us think for a moment about this. Isn’t a big part of misery merely a shadow or a reflection, the fact that you don’t merely suffer but have to keep on thinking about the fact that you suffer? Is it not better to be cheerful and happy in whatever situation you may find yourself in because the greater part of misery or unhappiness is determined not by your circumstances, but by your disposition. These, to me, are very true words, misery is almost always a direct result of how we think, that is why it is so important to think right and focus on the things that matter. Make a choice and take your stance against misery, do not entertain this monster and rather think of all the beauty that still remains in this world.

Happiness seem so far removed from me,
I find myself in deep dark misery...
Is there any hope out there,
that may disperse this wretchedness and despair?

 -------------------------------------------------------------------------------------------------------------

“Mismoedigheid en elende kan ‘n mens se eienaardige bedmaatjies word.”
Shakespeare

Mismoeigheid en elende is die gevolg van ‘n ernstige gebrek aan tevredenheid en geluksaligheid. Tog is daar diegene wie verkies om in elende en mismoedigheid te verkeer omdat dit (die toestand) hulle in staat stel om die bejammering en aandag te ontvang waarna hulle smag of selfs op floreer. Hierdie lewens ingesteldheid kan so erg raak, dat sommige mense dit hul dryfveer vir die sin van die lewe maak, want sonder bejammering en elende is daar geen sin in die lewe nie. Laat ons ‘n bietjie nadink hieroor. Is ‘n groot deel van mismoedigheid nie maar net bloot ‘n skadu, ‘n refleksie nie? Wat meer is, dit raak erger hoe meer jy fokus op die swaarkry as op die swaarkry self. Is dit nie beter om gelukkig en opgewonde oor die lewe en oor enige situasie te wees, as wat dit is om in elende te verval nie? Onthou, die grootste deel van ongelukkigheid en elende word bepaal nie deur jou omstandighede nie MAAR deur jou ingesteldheid daarop. Elende en mismoedigheid is bykans altyd ‘n direkte gevolg van hoe ons dink, daarom is dit so belangrik om reg te dink en te fokus op di twat saak maak en lewenswaarde het. Maak ‘n keuse en skop vas teen elende en mismoedigheid, want ek verseker jou, daar is derduisende mensie wie slegter daaran af is as jy. So, fokus op al die mooi in die lewe, en wanneer jy teëspoed ervaar, hanteer dit in die regte gesindheid.

Soms voel geluk so vêr verwyderd van my,
dat ek wil verval in mismoedigheid...
As ek maar net nuwe perspektief op die lewe kan kry,
kan ek ‘n minder mismoedige lewe lei!

Comments