“Man
dies of cold, not of darkness.”
Miguel
de Unamuno
Despair – that instance
when your spirit is subdued and sad, even if you don’t know why it is so; when
the past seems a storm-swept desolation, life a vanity and a burden, and the
future but a way to death. Thát is despair. So easily do we fall into despair, but my question today is, what
does it help? It surely only robs you of the creativity to generate
alternatives to whatever brought you into that state of despair. George Eliot
said that what we refer to as our despair is often only the painful eagerness
of unfed hope. So, what he says is that we should feed our hope, for hope is
surely the last thing to die. Is despair a typical response of those who do not
see any other way out, and, as a result, are then incapable of struggle? Maybe
so, but what I do know is that we all struggle. The crux is to persevere and to
work through that struggle, not to sit down halfway and fall into despair and
let your hope starve. Despair surely seeks its own environment, and to those
who fall into despair, even reason can mostly not provide any hope. The reason
is that their despair is flamed by passion and emotions. I understand that
despair and depression can take on extremely hopeless scenarios, but I want to plea
to you today, lift yourself up, dust yourself off and do not allow despair to take
a hold of your life. Resist negative patterns of conduct, and more so, any
negative thinking. Free your mind and fight it with all of your might. It is
true that you cannot die of darkness, only of the cold, and always remember,
you are stronger than your circumstances, and there is an antidote which you
may reach for when you feel the onslaught of despair: HOPE.
T. S.
Eliot asked where one should go from a world of insanity?
He was
directing that to none other than you and me!
Somewhere on the other side of despair, was his suggestion…
Somewhere on the other side of despair, was his suggestion…
There
is to be found a much more joyful dominion!
“Die
mens kan sterf van koue, nie van die donkerte nie.”
Miguel
de Unamuno
Wanhoop – daardie
moment wanneer jou geestestoestand gedemp, onderdruk en jy hartseer is, selfs
al weet jy nie waarom dit in daardie toestand is nie. Dit is ‘n tyd waarin die
verlede vir jou lyk soos ‘n verwoesting, soos iets wat deur ‘n storm getref is.
Die lewe lyk vir jou vrugteloos en nutteloos en dit lyk na een groot las, en
die toekoms is maar net een reguit pad wat jou neem na die dood. Dit, liewe
vriende, is wanhoop. Die hartseer punt is dat mense so maklik in die kloue van wanhoop
verval. My vraag vandag is, wat help
dit om in wanhoop te verval? Seer sekerlik roof wanhoop mens net van die
kreatiwiteit om alternatiewe te genereer en uit te klim uit dit wat jou
eerstens in die staat van wanhoop geplaas het. George Eliot is van mening dat
dit waarna ons verwys as wanhoop, niks anders is nie as hoop wat nie gevoed
word nie. Hy voel dat solank ons hoop voed, dit nie sal honger ly en maak dat ons
in wanhoop verval nie. Hoop is inderdaad die laaste een om dood te gaan. Kyk,
ons almal struwel soms (en andere meer as soms) in ons lewens. Die kruks is om
tydens oomblikke van interne struweling, vas te staan en deur te druk, en nie
te gaan sit en jouself oor te gee aan wanhoop en in die proses hoop te laat
sterf van hongersnood nie. Wanhoop soek sy/haar eie vasskop plekkie, en diegene
wie in wanhoop verval, kan meestal nie deur middel van rede en logika, daaruit
weggeruk word nie. Die rede hiervoor is dat emosies gewoonlik die dryfveer van
wanhoop is. Ek verstaan dat wanhoop en depressie verskriklikke scenarios van
hopeloosheid kan aanneem, maar ek pleit vandag by jou, lig jouself op, stof
jouself as en moet nie toelaat dat wanhoop ‘n houvas op jou kry nie. Weerstaan negatiewe
denke en optredes. Bevry jou denke hiervan en veg met alle mag daarteen. Dit is
so waar, jy kan nie sterf van die duisternis nie, maar wel van die koue kloue
van wanhoop. Onthou, jy is sterker as jou omstandighede, en daar is altyd ‘n
teenmiddel tot die aanslae van wanhoop, en dit is HOOP.
Wanhoop
is iets wat soos ‘n besetene oor ons kan loop.
Dit kan
jou van alle hoop stroop…
en jou aftrek
tot in die duisternis!
Maar
onthou, en dit is gewis…
daar is
altyd hoop wat die duisternis kan uitblus.
Comments
Post a Comment