Today counts / Vandag maak saak




“Yesterday is gone. Tomorrow has not yet come. We have only today. Let us begin.”
Mother Teresa

Today I am bringing in an arsenal of people, all with the same aim of reminding you of one thing: The importance of living today – the present – to its fullest. Gandhi reminds us that the future depends on what you do today; Camus says quite strikingly that real generosity towards the future lies in giving all to the present. The Buddha also asks us not to dwell in the past, not to dream of the future, but to concentrate the mind on the present moment.

I agree with all of the above, except for the part of not dreaming about the future. There is nothing wrong to foster realistic dreams about the future. I mean, we have to hope for a better tomorrow, as long as we don’t live in tomorrow. In the words of Thich Nhat Hanh, hope is important because it can make the present moment less difficult to bear. If we believe that tomorrow will be better, we can bear a hardship today. The past! It is the good memories of the past that can carry you through life.

Picture source

Augustine of Hippo asked the question: How can the past and future be, when the past no longer is, and the future is not yet? As for the present, if it were always present and never moved on to become the past, it would not be time, but eternity. Marcus Aurelius will have the final say, never let the future disturb you. You will meet it, if you have to, with the same weapons of reason which today arm you against the present. I hope that you will embrace today, to its fullest capacity. 

Embrace the present moment,
say YES to life TODAY.
Let today leave its imprint,
 for tomorrow’s still hidden away.
b * a

------------------------------------- ∞ -------------------------------------


“Gister is weg. Môre moet nog kom. Ons het net vandag. Laat ons begin.”
Moeder Teresa

Vandag gaan ek ‘n arsenaal van mense inroep om die fondasie van my pleidooi op te maak. Hulle het almal dieselfde doel voor oë, en dit is om jou te herinner aan een ding: Die belangrikheid daarvan om ten volle vir vandag te leef, vir die HEDE. Ek sal wegspring met Gandhi, wie ons daaraan herinner dat die toekoms afhang van dit wat ons vandag doen. Albert Camus merk weer heel treffend op dat werklike goedgunstigheid jeens die toekoms, gevind kan word in die gee van alles jeens die hede, jeens die hier en die nou! Selfs die Boeddha vra dat ons nie sal stilstaan in die verlede nie, en nie moet droom van die toekoms nie, maar dat ons eerder ons denke moet fokus op die hede.

Ek stem met alles hierbo saam, behalwe vir die gedeelte dat ons nie oor die toekoms moet droom nie. Daar is niks verkeerds daarmee om oor die toekoms te droom nie, moet jouself net nie daarin verloor nie!  Ek meen, ons kan altyd droom vir ‘n beter môre, solank ons net vandag daarvan werk maak om daardie droom tot realiteit te bring. In die woorde van Thich Nhat Hanh is hoop belangrik want dit kan maak dat die hede minder moeilik is om te verdra. As ons droom vir en glo in ‘n beter môre, kan ons die ontberinge van vandag verdra. Die verlede! Dit is die goeie herinneringe van gister wat ons deur die lewe kan dra, ons moet net versigtig wees om nie verknog te raak aan die verlede nie!.  


Augustine van Hippo vra die volgende vraag: Hoe kan die verlede en die toekom bestaan as die verlede nie meer is nie en die toekoms nog nie is nie? Wat betref die hede, as dit altyd die hede was en nooit oorgeskuif het na die verlede nie, sou dit nie tyd gewees het nie, maar ewigheid. Marcus Aurelius sal die laaste woord inkry. Hy beveel aan dat die toekoms jou nooit moet ontstig nie. Jy sal dit weldra ontmoet, as jy moet, met dieselfde wapens van rede wat jou vandag bewapen teen die hede. Ek hoop dat jy vandag ten volle sal aangryp en dit ten volle sal uitleef, want jy weet nie wat môre vir jou inhou nie.

Omhels die gawe van vandag,
maak dit hou primêre strewe.
Sê JA vir die lewe,
want in vandag lê jou volle lewenskrag!

Comments