Certainties / Sekerheid



“The only certainty is that nothing is certain.”
Pliny the Elder

If we take the time and sit down and compile our individual lists of what we are certain about in life, then I wonder how those respective lists would look like. I am certain of only a few things, and the number one is that I will die someday, but I am also moderately certain about the sun that will appear every morning in the east, and the moon making its appearance every so often. Most of the other things are hopes.

It is as John Stuart Mill says, there is no such thing as absolute certainty, but there is assurance sufficient for the purposes of human life. Think about this for a moment, for it has an immense impact on how you perceive life. I say this because when we learn to embrace the fact of uncertainty, we arm ourselves with a very important life-skill. Without this skill, we face constant and daily disappointments of one kind or another. If you accept more things, not as certainties, then I believe that you will cherish and respect it more, for if that “certainty” ceases to exist, and are not a certainty anymore, then it will be too late for regrets.

So please, don’t consider your job, your financial security, your children, your life-partner or health as certainties, for they are not. It all can change in the wink of an eye. Be certain about the inevitability of death, and appreciate everything else to its fullest.

Don’t attempt to convince me, please,
that live is a string of certainties.
If you believe this, please reassess your view,
because I think, it’s a bit askew.
b * a

------------------------------------- ∞ -------------------------------------


“Die enigste sekerheid is dat niks verseker is nie.”
Pliny the Elder

Wanneer jy ‘n tydjie afknyp en gaan sit en ‘n lysie maak van dit waaroor jy seker kan wees, wonder ek hoe jou lysie daarna sou uitsien. Ek wonder ook hoe rasioneel jou lysie sou lyk! Ek, myself, is net seker oor een ding, en dit is die dood; ek is ook redelik seker dat die son weer môre in die ooste sal verskyn en dat die maan haar kop sal uitsteek op haar bestemde tyd. Wel, ek sê “redelik seker”, maar in essensie kan ons nie eens daaroor seker wees nie. Die mees versekerde een van almal bly maar die onvermydelikheid van die dood, die ander is almal net ‘n hoop wat ons koester.

John Stuart Mill sê dat daar nie iets soos absolute sekerheid is nie. Hy is van die opinie dat daar slegs genoegsame vertroue is vir die doel van die mens se lewe. Dink na oor hierdie aspek, want die mate waartoe jy dit benader, sal ‘n enorme impak hê op hoe jy met die lewe omgaan. Die rede waarom ek so sê is dat wanneer ons begin leer om die onbestendigheid (onvastheid) van dit om ons in te sien, dan sal ons onsself bewapen met ‘n baie belangrike lewensvaardigheid. Sonder hierdie vaardigheid staar ons daaglikse teleurstellings van een of ander aard, in die gesig. Wanneer jy meer dinge nie as sekerhede en vasthede beskou nie, maar sien as iets wat dalk nie later daar kan wees nie, sal jy leer om dit meer te waardeer en te koester. Wanneer daardie iets wat jy beskou as ‘n sekerheid, ophou om te bestaan, dan sal dit veels te laat wees vir verwyte.

Ons neem so baie dinge as vanselfsprekend aan, soos vars lug en skoon water en vrede, maar daar is geen versekering dat dit altyd daar gaan wees nie, so asseblief, moet nie jou werk, jou finansiële sekuriteit, jou lewensmaat en kinders en gesondheid as iets vanselfsprekends aanvaar nie. Dit kan alles in ‘n oogwink van jou weggeneem word. Wees seker oor die dood alleen, en waardeer elke ander ding tot sy volste.

Wie wil my oortuig,
Dat die lewe ‘n reeks sekerhede is?
Ek dink jy moet maar eerder swyg,
Want dit is ‘n leuen, weet dit gewis...
b * a

Comments