“The privilege of
absurdity; to which no living creature is subject, but man only.”
Thomas
Hobbes
Absurdity: that which is ridiculously silly,
foolish, unreasonable. I want to say a few words about this topic, mainly
because it seems to me that the world is becoming more and more absurd! Samuel
Johnson is of the opinion that almost all absurdity of conduct arises from the
imitation of those who we cannot resemble. I want you to close your eyes and
think about this. I know of many things, especially some of the things
producers dish up as a form of entertainment, to be utterly absurd. Has this
world become so mad that there is but a single step between normality and
absurdity?
Albert Camus wrote much about absurdity in his
philosophy. According to him happiness and the absurd are two sons of the same
earth. They are inseparable. He said that at any street corner the feeling of
absurdity can strike any man in the face; the misery and greatness of this
world are that it offers no truths, only objects for love. Absurdity is king, but
love saves us from it. At the bottom of life, there is only absurdity and more
absurdity. Maybe that's what gives us our joy for living because the only
thing that can defeat absurdity is lucidity.
Nietzsche says that in the consciousness of
the truth he has perceived, humanity now sees everywhere only the awfulness or
the absurdity of existence and loathing seizes them. And, if you did not know,
to top it all, we have a day on which we may celebrate absurdity. How absurd is
that! Yes, 20 November will be Absurdity Day… You may wonder how to celebrate
this day? Well, on this day that is dedicated to the absurd, it is expected
from you to act silly. Forget about the seriousness of the world and lose yourself
in absurdity… I don’t think I will celebrate that silly day! The world is silly
enough…
Life is one big absurdity, let us cling to
what is rational and avoid the foolish and ridiculously silly things in life.
I don’t know if you know or if
you ever heard,
Life sometimes borders on the
absurd,
Absurdity is nothing but a
folly,
and a world driven by that
fills me with melancholy.
b * a
-------------------------------------
∞ -------------------------------------
“Die voorreg van
die absurde; waartoe geen ander lewende wese, behalwe die mens, onderworpe aan
is nie.”
Thomas
Hobbes
Absurditeit: dit wat verspottend belaglik, gek,
en onredelik is. Ek wil graag vandag enkele woorde oor die absurde hier neerlê,
grootliks na aanleiding van die stand van die wêrel – wat ek dink, een groot
absurditeit op sigself is! Samuel Johnson is van die opinie dat bykans alle
vorme van absurditeit voortspruit uit die gebruik om diegene wie ons nie kan
wees nie, na te maak. Dink vir ‘n oomblik mooi hieroor na. Hoeveel dinge is
daar nie wat aan ons opgedis word, veral in die film industrie as vorm van
vermaak, wat volkome absurd is! Het hierdie wêreld so gek geraak dat daar tans
net ‘n enkele tree is tussen wat normaal en wat absurd is?
Albert Camus is seker die bekendste vir sy
filosofiese insigte in die absurde. Volgens
hom is geluk en die absurde, twee broers van dieselfde aarde. Hulle is
onskeidbaar van mekaar. Hy sê dat jy op enige straathoek met die absurde gekonfronteer
kan word. Die hartseer en die grootsheid van hierdie wêreld is dat dit geen
waarheid aan ons voorhou nie, net voorwerpe van liefde. Absurditeit is koning, maar
dit is liefde wat ons red van die absurde. Op die lewensbodem is daar net die absurde,
en dan nog meer absurditeit… Miskien is dit juis dit wat aan ons die genot van
die lewe gee. As daar egter een ding is wat absurditeit kan oorwin, dan is dit
helderheid en insig.
In die bewustheid van die waarheid wat Nietzsche
waargeneem het, sê hy dat die mensdom nou oral om hul net die aaklige bestaan
van die absurde waarneem, en dat hulle, as sulks, deur walging vervul word. Dit
is waar, die absurde vul mens met walging. Moet ook nou nie verbaas wees as ek
jou sê dat daar al selfs ‘n dag uitgesit is vir die absurde nie! Hoe absurd is
dit nie! Ja, op 20 November sal dit die Dag van die Absurde wees… Hoe moet jy
hierdie dag vier? Wel, dit gaan van jou verwag word om absurd op te tree,
absurde dinge te doen! Ag nee regtig, wil jy jouself nou gaan staan en losmaak
van die erns van hierdie wêreld en jouself verloor in die absurde? Ek sal
daardie dag maar laat oorstaan, die wêreld is laf genoeg…
Inderdaad, die lewe is een groot absurditeit,
so laat ons klou aan dit wat rasioneel is en vermy dit wat gek en belaglik is.
Dalk weet jy,
Dat die lewe grens aan absurditeit!
Al wat jy uit ‘n lewe van die
absurde gaan kry,
Is ‘n lewe van verspilde tyd.
b * a
Comments
Post a Comment