“In the practice of tolerance, one's enemy is the best
teacher.”
Dalai Lama
Do you remember that we discussed
intolerance on the 18th of June? Today it is the chance to give its counterpart
the platform form a word or two – tolerance. How tolerant are we, no, how tolerant
are YOU? I am at times intolerant at things that I ought to tolerate, but I am
working on that, are you? Overall, I would say that I am quite a tolerant
person, especially if you take into account that I am extremely willing and
able to accept and appreciate the existence of opinions and behavior of other,
even if I dislike or disagrees with it. Does that imply that we should
tolerate everything? Absolutely not. We should be intolerant to all form of injustice
and vice. However, today is not about intolerance, and if you want to read more
about that topic, well, go and click on that topic. The point today is to ask
you to have a look at your tolerant meter!
The celebrity gossip columnist, Lloyd
Shearer, says that we must resolve to be tender with the young, compassionate
with the aged, sympathetic with the striving, and tolerant of the weak and the
wrong, because sometime in life you will have been all of these. Helen
Keller, who was an American author, political activist, and lecturer, was of
the opinion that education makes us more tolerant, and I will agree with her in
that regard. The more you know, the less of a chance to judge people and be
intolerant. Aleksandr Solzhenitsyn, a Russian novelist, also thinks that it is
a universal law that intolerance is the first sign of an inadequate education;
it is ill-educated people who behave with arrogant impatience, while truly
profound education breeds humility.
A final though that I want to share with
you is that from the American pastor, theologian, and Christian apologist, Timothy
Keller, who says that tolerance isn't about not having beliefs. It's about how
your beliefs lead you to treat people who disagree with you. If you only
tolerate people agreeing with you then you are not tolerant! I would add, then
you might possibly be a hypocrite if you do so. Let us see if you can learn to
be more tolerant of those who differ from your way of thinking!
It is virtuous to
tolerate,
thát which is
tolerable.
Believe this if
you will,
and help
unreasonable intolerance to dissipate.
b * a
-------------------------------------
∞ -------------------------------------
“Wanneer jy verdraagsaamheid beoefen, is jou vyand jou
beste leermeester.”
Dalai Lama
Miskien het jy die gedeelte wat ek op die 18de
Junie oor onverdraagsaamheid geskryf het, reeds gelees. Wel, vandag is dit die
beurt om ‘n woord of twee aan onverdraagsaamheid se teëhanger te gee –
verdraagsaamheid. Hoe verdraagsaam is ons as mens, nee, hoe verdraagsaam is JY?
Ek gee toe, daar is tye wat ek onverdraagsaam is, onverdraagsaam jeens dinge
wat ek eintlik meer verdraagsaam oor moet wees, maar ek werk daaraan. Kan jy
dieselfde sê? Ek kan egter noem dat ek grotendeels, en meer as meeste van
diegene om my, ‘n verdraagsame persoon is. Waarom sê ek so? Wel, as jy in ag
neem dat ek gewillig en in staat daartoe is om die bestaan van andere se
opinies en gedrag te aanvaar en te waardeer, selfs al bots dit met my eie en
selfs al hou ek nie daarvan nie, dan ja, dan is ek verdraagsaam. Die punt is,
ek gun elke individu die ruimte waarbinne hy/sy kan bestaan en waarbinne hy/sy,
sy/haar volle potensiaal kan uitleef MITS daardie gedrag nie ‘n vernietigende
uitwerking op iemand anders het nie. So, doen my asseblief ‘n guns, nee, doen
jouself ‘n guns en kyk vandag na waar jou wyser op die skaal van verdraagsaamheid
lê.
Genoeg van my, wat het andere hieroor te
sê? Die beroemde skinder rubriekskrywer, Lloyd Shearer, sê dat ons moet leer om
delikaat met die jeug, barmhartig met die bejaardes, simpatiek met diegene wie
streef na iets, en verdraagsaam met diegene wie swak en verkeerd is, moet wees.
Ons moet dit doen omdat ons iewers, deur die verloop van ons eie bestaan, een
of meer hiervan was. Helen Keller, die Amerikaanse skrywer, politieke aktivis, en
lektor, was van die opinie dat opvoeding (onderwys & studies) ons meer verdraagsaam
maak. Nou kyk, dit is iets waarmee ek heelhartig kan saamstem. Hoe meer jy
weet, hoe minder bestaan die moontlikheid dat jy mense sal oordeel en onverdraagsaam
sal wees. Aleksandr Solzhenitsyn, ‘n Russiese skrywer, dink ook dat dit ‘n universele
wet is dat onverdraagsaamheid die eerste teken van gebrekkige opvoeding is. Dit
is swak opgevoede (en swak geskoolde) mense wie uit arrogante onverdraagsaamheid
optree. Dit is egter diepsinnige opvoeding wat nederigheid en ootmoedigheid
kweek.
‘n Finale gedagte wat ek met julle wil deel,
is die van die Amerikaanse pastoor, teoloog, en Christelike apologeet, Timothy
Keller. Hy meen dat verdraagsaamheid nie oor jou geloofsoortuiginge gaan nie.
Dit gaan oor hoe jou geloofsoortuiginge jou lei om mense te behandel met wie jy
nie saamstem nie. As jy net mense verdra wie met jou saamstem, is jy beslis nie
verdraagsaam nie! Ek wil hier byvoeg deur te sê dat as jy wel net mense verdra
wie met jou saamstem, jy dan niks anders as ‘n huigelaar is nie. Maak maar
daarmee wat jy wil. Kom ons kyk of ons daardie naald op jou verdraagsaamheid
skaal meer in die rigting van verdraagsaamheid kan druk.
Huisves jy ‘n verdraagsame
gees?
Ek wens ons kan
almal meer verdraagsaam wees!
Glo dit maar as jy
will,
Onverdraagsaamheid
is ‘n bitter pil...
b * a
Comments
Post a Comment