“If you want to keep a secret, you must also hide it from yourself.”
George
Orwell
Do you have
secrets? Of course, you do. I wonder if there are any people without any secrets.
If they even exist, they surely are the minority. Arthur Schopenhauer made the observation by saying that if you maintain
your silence about a secret, then that secret is your prisoner. If you, however, let it slip from your tongue, then you are its prisoner. Keeping secrets,
according to some, can exert a lot of pressure on your psyche and be very detrimental
to your psychological standing. Why is this?
It has been found,
by way of thorough research, that the act of hiding information from others is
not as stressful as thinking about it. It is that constant thinking about that
information, the reminding that you have a secret, which can be excruciating. Think
about the following. Your best friend is expecting a baby. Neither she nor her
husband wants to know the gender, but you “have to know” in order to arrange the
gender revealing party. So there you are, at the sonar, and only you know that
it is a girl. Knowing that you know, and knowing that they don’t know, will
eventually become excruciating. Yes, the term “secret” not only refers to
negative secrets, but they may also be positive as well. The secret of the gender, and
hiding a surprise party from someone at work, may all resort under the banner
of positive secrets.
There is a saying that you are only as sick as your
secrets. This will, of course, be applicable to negative secrets. Concealing
secrets are like swallowing slow poison; it can also hinder your ability to be
truly intimate with friends and family. The kind of secrets that you should be
wary of, are those that will allow you to behave in a way that causes harm to
others or to yourself. This may result in detrimental behavior. Secrets such as
these create barriers and schisms between you and the one you are keeping the
secret from. If you prefer to be on the safer
side when it comes to accepting and keeping secrets, then follow these guidelines.
At first, inquire about the seriousness of the secret before you listen
to it because once shared, it’s yours to entertain. Always ask how long it is
expected of you to keep the secret. Make sure with whom you are allowed to
share it, and if you are not comfortable with the weight of the secret, then
ask the person not to share it with you. If it is your own secret, free
yourself from it. Doing so may help you to maintain a
healthy and happy life. If sharing it has
consequences, then live with it.
Keeping secrets is hard to do,
I am sure you know that too.
Be selective about those you
make and take,
Because secrets may sometimes
keep you awake.
b * a
-------------------------------------
∞ -------------------------------------
“Indien jy ‘n geheim wil hou, moet jy dit ook van jouself verberg.”
George
Orwell
Het jy geheime? Natuurlik het
jy! Ek wonder of daar enigiemand is wie nie enige geheime het nie. Indien daar diesulkes is, dan is hulle verseker
in die minderheid. Arthur Schopenhauer het die
volgende opmerking gemaak. Wanneer jy jou stilswye aangaande ‘n geheim volhou, dan is daardie geheim jou gevangene. Wanneer jy egter die geheim
laat uitglip, dan is jy die gevangene van daardie geheim. Die hou van geheime, volgens
sommiges, kan ‘n klomp druk op jou psige
uitoefen en dit kan vernietigend inwerk op jou sielkundige staat. Waarom sê ek
dit?
Navorsing het
bevind dat dit nie so spanningsvol is om informasie van andere te weerhou as
wat dit is om aan daardie informasie te dink nie. Dit is daardie konstante
herinnering aan die informasie wat jy weerhou, die wete dat jy ‘n geheim het,
wat dit so ondraaglik maak. Dink ‘n bietjie na oor die volgende scenario. Jou beste
vriendin verwag ‘n baba. Nie sy of haar lewensmaat wil weet wat die geslag van
die baba is nie, maar jy is die een wie moet weet ten einde die partytjie te beplan
vir die bekendmaking van die geslag. So, daar is jy saam met hulle by die sonar,
en net jy weet dat dit ‘n dogtertjie gaan wees. Wetende dat jy weet, en wetende
dat hulle nie weet nie, maar dat hulle graag wil weet, en dat jy graag wil
vertel, maar nie mag vertel nie, is wat iets soos hierdie so veeleisend maak. Die
geheim van die geslag, net soos wat die
geheim van ‘n verrassingspartytjie vir ‘n kollega by die werk is, kan almal
resorteer onder die vaandel van positiewe geheime.
Inderdaad, daar is
nie net negatiewe geheime nie. Nietemin, ons fokus sal lê op negatiewe geheime.
Daar is ‘n uitdrukking wat lui dat jy so siek
is soos wat jou geheime is. Die verberging van geheime is soos die sluk van stadigwerkende gif. Wanneer ons
dit doen, kan dit ook ons vermoë om op ‘n opregte wyse intiem met vriende en
familie te wees, kniehalter. Die tipe geheime waarvoor jy versigtig moet wees, is daardie wat gaan
toelaat dat jy optree in ‘n wyse wat leed aan andere en aan jouself gaan
berokken. Hierdie tipe geheime mag
verseker ‘n nadelige uitwerking op jou hê. Geheime soos hierdie skep versperrings, hindermure en afgronde
tussen jou en diegene van wie jy die geheime
weerhou. Speel dit eerder veilig en volg hierdie paar riglyne wat die maak en
hou van geheime betref.
Doen eerstens navrae aangaande die erns van die geheim voordat jy daarna
luister. Onthou, die moment wat jy daarna luister is dit jou slaaf. Vra altyd
vir hoe lank daar van jou verwag gaan word om die geheim te hou. Maak seker met
wie jy almal die geheim mag deel, en indien jy nie gemaklik met die gewig van die
geheim is nie, vra dan eerder die persoon om nie die geheim met jou te deel nie.
Wanneer die geheim jou eie geheim is, maak jouself daarvan vry. Wanneer jy dit doen sal
dit help dat jy ‘n gesonde en gelukkige lewe handhaaf. As die deel daarvan
negatiewe nagevolge het, aanvaar dit so en lewe daarmee. Sodoende sal jy ‘n
outentieke (eg) lewe leef.
Die hou van geheime is moeilik,
Dit is maklik om onder die
druk van geheimhouding te swik.
Wees selektief oor die geheime
wat jy hou en wat jy maak,
want die hou en maak daarvan
is ‘n gewigtige saak.
b * a
Comments
Post a Comment