“Progress
lies not in enhancing what is, but in advancing toward what will be.”
Khalil
Gibran
Progress is the movement
towards some destination. No progress can be made if there is no development
towards an improved condition. Think of where humanity was 50 years ago, and
where we are now – that is progress. Now ask yourself, is progress a good
thing? Thor Heyerdahl is of the opinion that progress is humanity’s ability to
complicate simplicity. That is very true because with progress comes an erosion
of that which was once simple. Glance back 50 years again, and you may agree.
But then George Bernard Shaw
reminds us of something, namely that there is no progress without any change,
and those who cannot change their minds, cannot change anything, so there will
be no progress. Even Benjamin Franklin echoed this sentiment when he said that
without continual growth and progress, such words as improvement and
achievement and success have no meaning. Yes, indeed, humankind progressed
greatly over the past few millennia, especially in the field of technological
progress. It is, however, so true that many yearn back to the old days when
things were simpler and less in abundance than they are nowadays.
In this regard, keep Franklin
D. Roosevelt’s words in mind when he said that the test of our progress is not
whether we add more to the abundance of those who have much, it is rather
whether we provide enough for those who have little. I do hope that your sense
of progress is in line with that of Roosevelt. A final thought for the day
comes from the mind of Auguste Comte, who said that the sacred formula of
positivism is the following: love as a principle, order as a foundation, and
progress as a goal.
I think that progress complicates simplicity?
Making life demanding for you and me?
But progress is necessary for growth,
so we will have to entertain both.
b * a
------------------------------------- ∞
-------------------------------------
“Vooruitgang
lê nie in die verbetering van dit wat is nie, maar in die vorentoe gaan na dit
wat sal wees.”
Khalil
Gibran
Vooruitgang is die beweging
in die rigting na een of ander bestemming. Vooruitgang kan nie gemaak word
sonder dat daar nie een of ander ontwikkeling na ‘n verbeterde kondisie
plaasvind nie. Dink maar net aan waar die mensdom hulself 50 jaar terug bevind
het, en waar ons vandag is – dit is vooruitgang. Vra jouself nou die vraag af,
is vooruitgang ‘n goeie ding? Thor Heyerdahl (‘n Noorweegse avonturier en
etnograaf) is van mening dat vooruitgang die mensdom se manier is om dit wat
eenvoudig is, te kompliseer. Dit is tot ‘n sekere mate baie waar wat hy sê,
want met vooruitgang kom ‘n erosie van dit wat eens simplisties was. Dink maar
weer terug aan hoe dinge 50 jaar gelede daarna uitgesien het, en jy mag net dalk
saamstem.
George Bernard Shaw herinner
ons aan ‘n ander insig, en dit is dat geen vooruitgang sonder enige verandering
kan plaasvind nie, en dat diegene wie nie hul denke kan verander nie, nooit
enigiets kan verander nie, wat tot gevolg het dat daar geen vooruitgang by
hulle sal wees nie. Selfs Benjamin Franklin weergalm die sentiment van Shaw as
hy sê dat woorde soos verbetering en prestasie, geen betekenis sonder
voortdurende groei en vooruitgang sal hê nie. Inderdaad, die mensdom het gedurende
die laaste paar millennia ontsettende vooruitgang getoon, veral op die gebied
van tegnologiese vooruitgang. Dit is egter ewe waar dat so baie mense, te midde
van hierdie vooruitgang, hunker na die dae toe dinge meer eenvoudig was en ons
nie so gebombardeer was met alles wat vandag tot ons beskikking is nie.
In hierdie opsig vra Franklin
D. Roosevelt dat die toets van ons vooruitgang gemeet moet word nie aan hoeveel
meer ons kan byvoeg tot die oorvloed wat ons reeds het nie, maar eerder dat dit
gemeet moet word aan hoeveel ons aan diegene gee wie minder as ons het. Ek hoop
en vertrou dat die waarheid van Roosevelt se woorde by jou inslag sal vind. My
vraag is, is jou strewe na vooruitgang en die omhelsing van dit wat vooruitgang
bied, net op jou eie verryking gemik, of strewe jy na vooruitgang wat die
wêreld vir almal ‘n beter en meer simplistiese plek sal maak? Werk jy maar die
antwoord vir jouself uit! ‘n Finale gedagte, hierdie keer uit die mond van die
Franse filosoof, Auguste Comte, wie sê dat die heilige formule vir positivisme,
die volgende is: beoefen LIEFDE as ‘n beginsel, ORDE as ‘n fondasie, en
VOORUITGANG as ‘n doelwit.
Probeer om nie te stagneer
nie, en wanneer jy wel vooruitgang nastreef, doen dit op so ‘n manier dat dit
nie ‘n verbrokkelende uitwerking op jou en andere het nie.
Ek dink dat vooruitgang dinge maklik kan kompliseer,
En dit maak die lewe veeleisend vir albei van ons.
Vooruitgang is egter nodig, ons kan dit nie keer,
Al is dit vir jou ‘n bron van renons.
b * a
Comments
Post a Comment