Music / Musiek



“Without music, life would be a mistake.” 
Friedrich Nietzsche

Nietzsche knew it, I know it, and it is my belief that you know this too – music is love! Yes, I entirely agree with Nietzsche. I love music, and I love most genres, except those that are really deafening to one’s ears, and of which you can hardly hear the lyrics (I will, however, tolerate it to a certain degree in order to understand it).

Music is something I cherish deeply, I may even go as far as to say that it is most probably my first love, and it will be most certainly my last love. Longfellow said that it is the universal language of mankind. Bonhoeffer says that it is music that will help dissolve your perplexities and purify your character and sensibilities, and in time of care and sorrow, it will keep a fountain of joy alive within you. True, very true. How do you feel about the role of music, if any, in your life? Do not join Darwin in his regrets. Darwin said that if he had his life to live over again, he would have made it a rule to read some poetry and listen to some music at least once every week.


Music is the language of the spirit! Music opens the secret of life-bringing peace, and music can abolish strife. It is also true that after silence, as Aldous Huxley says, that which comes nearest to expressing the inexpressible is music. I will end today’s though with the words of Victor Hugo: “Music expresses that which cannot be put into words and that which cannot remain silent”. May you find a fountain of joy in music!

Life is for the living.
Death is for the dead.
Let life be like music.
And death a note unsaid.
Langston Hughes
b * a

------------------------------------- ∞ -------------------------------------


“Sonder musiek sal die lewe een groot glips wees.” 
Friedrich Nietzsche

Nou kyk, hier is ‘n Duitse filosoof wie hoog aangeskryf word, en Nietzsche het dit baie goed geweet, en ek weet dit, en ek glo dat jy dit ook weet – musiek is liefde! Ja, ek stem volmondig met Nietzsche saam, wat ‘n groot fout is ‘n musieklose lewe! Ek is baie lief vir musiek, en ek is lief vir die meeste genres wat daar in musiek is; van opera, klassiek, rap, RnB, Portugees, Frans, Nederlands, Duits, Sjinees, en ja, selfs die ongereelde kopskud musiek (baie selde, moet ek sê). Daardie musiek wat egter oorverdowend is en waarvan jy nie die lirieke kan hoor nie, val nou nie juis in my klas nie, maar ek sal dit verdra ten einde dit te probeer verstaan. Hoe dit ookal sy, musiek is iets wat ek koester en hoog op prys stel. Musiek is verseker my eerste liefde, en dit sal ook my laaste liefde wees.

Die digter Longfellow skryf dat musiek die universele taal van die mensdom is. Bonhoeffer, wie ‘n Duitse teoloog was, sê dat dit musiek is wat ons sal help om die kompleksiteite van die lewe op te los en dit te laat wegsmelt, en om jou karakter en verstandigheid te suiwer. Hy sê ook dat in tye van hartseer en omgee, musiek die fontein van vreugde binne jou sal lewend hou. Waar, baie waar. Hoe voel jy oor die rol van musiek in jou lewe, indien enig? Moet nie Darwin se verwyte deel nie. Darwin meen dat as hy sy lewe oor kon hê, hy ‘n reël daarvan sou gemaak het om minstens een keer per week ‘n gedig te lees en na musiek te luister.


Musiek is die taal van die gees! Musiek open die geheim van lewensgewende vrede, en musiek kan alle konflik verjaag. Dit is die krag wat musiek het. Aldous Huxley sê dat naas stilte, dit musiek is wat die naaste daaraan kom om die onuitdrukbare uit te druk. Ek sal vandag se kykie na musiek afsluit met die woorde van Victor Hugo: “Musiek druk dit uit wat nie in woorde omgesit kan word nie en dit wat nie stilgehou kan bly nie”. Mag jy ‘n fontein van genot en vrede in musiek vind!

Die lewe is vir die lewendes.
Die dood is vir die dooies.
Laat die lewe soos musiek wees.
En die dood ‘n noot wat nie gespeel word nie.
Langston Hughes
b * a

Comments