Honesty / Eerlikheid


Picture source

“Honesty prospers in every condition of life.”
Friedrich Schieller

That is so very true, honestly! Not only does it prosper in every condition of life, it is also, according to Thomas Jefferson, the first chapter in the Book of Wisdom. We convince ourselves that “white lies” are acceptable, but how much damage, do you think, can be brought about by being dishonest? HALF A LIE = A BIG LIE… There you are, interacting with other people, and in your heart, you wish that you can know where you stand with one another. You want that mutual openness and understanding, but yet it is you who distort the truth and dish up non-realities to others. If you can be honest with others, and they with you, then you will know exactly where you stand with one another and what is expected from you. Unfortunately, that does not always work like that. You can be honest and forthright, and then think that the other person is doing so as well, just to learn later that it was all part of the play on the side of that person – all a lie…  

Lao-Tzu asked us to always treat those who are good (and even those who are not good) with goodness. It is in that way that goodness is attained. Be honest to those who are honest (and even those who are not honest). It is in that way that honesty is attained. So, it is true that there is no greater truth than honesty, while the upside of this is equally true, that dishonesty is surely the greatest falsehood. As the motivational speaker, Zig Ziglar once said, honesty and integrity are absolutely essential for success in life – in all areas of life. The really good news is that anyone can develop both honesty and integrity.

I think the main reason why people don’t want to be radically honest, is because they are afraid of breaking friendships and relations when being honest, so they rather lie. Whatever the reason may be for you not being honest, reassess that reason, please, and embrace honesty.

    REMEMBER:

     Picture source

Honesty is good until it hurts.
Then you think of soothing it with a lie.
But why the lie?
Remember, lies only perverts!
b * a

------------------------------------- ∞ -------------------------------------

“Eerlikheid floreer in elke kondisie van die lewe.”
Friedrich Schieller

Dit is eerlikwaar so waar… Dit floreer nie net in elke lewenskondisie nie, maar is volgens Thomas Jefferson ook die eerste hoofstuk in die Boek van Wysheid. Ons oortuig onsself so maklik dat “wit leuens” aanvaarbaar is, maar hoeveel skade dink jy veroorsaak sulke wit leuentjies gewoonlik? ‘n HALWE LEUEN = ‘n GROOT LEUEN. Jy wil, as deel van jou interaksie met andere, hê dat mense met jou oop en eerlik moet wees sodat jy kan weet waar jy met hulle staan. Tog is dit jy wie die waarheid verdraai en onwaarhede aan andere opdis. As jy nie eerlik met jouself en andere kan (wil) wees nie, hoe verwag jy dat andere oop en eerlik met jou moet wees? Wel, ongelukkig werk dit ook nie altyd so nie, menende, jy kan van jou kant oop en eerlik wees (net so terloops, mense hou nie daarvan nie), maar andere (wie dit kamstig so verkies – ook maar net in hul monde) gaan jou steeds belieg en bedrieg. Mense speel die spel van die lewe met hul maskers aan, en jy gaan eers later besef dat al daardie valse voorgee, presies is wat dit is, valsheid. Puik, dan eers weet jy waar jy met daardie persoon staan.

Beteken dit dat ons maar vaarwel moet roep aan eerlikheid? Absoluut nie. Lao-Tzu vra dat ons andere wie goed is (en selfs diegene wie nie goed is nie) met goedheid moet behandel. Sodoende sal ons goedheid kan volhou. Wees derhalwe eerlik met diegene wie eerlik is (en selfs diegene wie oneerlik is). Sodoende sal ons eerlikheid kan volhou. So, dit is waar dat daar geen groter waarheid as waarheid is nie. Die keersy hiervan is ook waar, en dit is dat daar geen groter valsheid as oneerlikheid is nie. Zig Ziglar, ‘n motiverende spreker, het eens gesê dat eerlikheid en integriteit twee van die mees belangrikste komponente vir ‘n suksesvolle lewe is – en dit sluit alle fasette van die lewe in. Die goeie nuus is dat elke liewe siel eerlikheid en integriteit kan ontwikkel.

Waarom wil mense dit egter nie ontwikkel nie? Ek is vas daarvan oortuig dat die primêre rede waarom mense nie radikaal eerlik wil wees nie, is omdat hulle bang is om iemand se gevoelens seer te maak en vriendskappe te verwoes as hulle eerlik is. Almal wil eerlik wees maar niemand hou daarvan as jy eerlik is nie - HUIGELAARS. So, dit is dan maar beter om te lieg en oneerlik te wees. Wat ookal die rede vir jou oneerlikheid is, herbedink asseblief daardie rede(s), en maak eerder radikale opregtheid en eerlikheid deel van jou borswering.

    ONTHOU:

     Bron

Eerlikheid is goed, maar dit maak seer.
Gou bedink jy om dit met ‘n leuen meer verdraaglik te maak.
Ek sê dit vir jou weer en weer…
Onwaarhede is iets wat jy regtig maar kan versaak!
b * a


Comments