Haste makes Waste / Hoe meer haas hoe minder spoed


“To suffer the penalty of too much haste, which is too little.”
Plato

For thousands of years, people know very well that “Haste makes waste”, as the saying goes. Did people learn to slow down? Absolutely not! Why are we always in such a hurry to get things done? Can you recall some of the things you did in the past that you have done in a haste, just to have to redo it later because you made a blunder of it? Would that have happened if you had taken the proper time to complete that task? 

Always in a hurry… never slowing down… I was like that, and I admit, sometimes I still fall into that trap, but at least I learned to slow down a bit. I hope you will too. The Roman historian, Titus Livius, said that all things will be clear and distinct to that person who does not hurry. Livius considered haste to be blind and improvident. We have to take time in what we do, we have to learn to measure twice and cut only once. Some people will disagree, and they may only consider unreasonable haste to be bad. So, is it then that not all forms of haste are bad? Henri Frédéric Amiel did not think so, he was under the impression that life is too short and that we never have too much time for gladdening the hearts of those who are travelling the dark journey with us. He, therefore, request that we be swift to love and to make haste to be kind. 

Shall we agree with him? I think so, especially if we consider the fleetness of time and the single life we have to live. Let us not take our time in being kind, in bestowing love, in being real. Some haste may be practised here, but let this type of haste always be reasonable, because it is only unreasonable haste that leads to error.

Unreasonable haste,
We have established, makes waste
But reasonable haste
Is something that leaves us with a pleasant taste!
b * a

------------------------------------- ∞ -------------------------------------

“Om die straf van te veel haas te verdra, wat te min is.”
Plato

Vir duisende jare weet die mensdom al dat daar baie waarheid te vinde is agter die woorde: HOE MEER HAAS, HOE MINDER SPOED. Het die mensdom sedertdien geleer om dinge stadiger te vat? Absoluut nie! Waarom is ons alewig so gejaagd om dinge gedoen te kry? Kan jy saam met my dink aan sommige van die dinge wat jy in ‘n haas afgeransel het, net om ‘n groot flater daarvan te maak en dit dan weer oor te moet doen? Dit sou verseker nie die nodigheid gewees het as jy die gepaste tyd geneem het om dit in die eerste instansie reg te gedoen het nie. 

Altyd gejaagd… nooit tyd vir ‘n bietjie spoed vermindering nie! Ek erken dat ek ook so was, en ek erken dat ek soms in daardie slagyster trap, maar ek het geleer om dinge stadiger te vat, om eerder twee keer te meet en dan te sny, as om net in te klim en te sny en op die einde van die dag weer alles oor te moet doen. Die Romeinse historikus, Titus Livius, het gesê dat alles duidelik en helder sal wees vir daardie persoon wie nie alles afjaag nie. Hy het gejaagdheid gesien as ‘n blindheid en ‘n sorgelose lewenshouding. Ons moet regtig leer om ‘n bietjie tyd te vat met dit wat ons doen. Natuurlik is daar diegene wie sal stry en sê dat die lewe te kort is om te veel tyd te vat om iets gedoen te kry. Henri Frédéric Amiel was byvoorbeel so ‘n iemand, en juis omdat die lewe gans en al te kort is, het hy voorgestel dat ons spoedig moet wees wanneer dit kom by liefhê en goedaardigheid. 

Ja goed, ek stem, maar ek het nie een keer gesê jy moet ure of dae vat om ‘n eenvoudige taak uit te voer nie. Neem net die korrekte mate van tyd en beplanning voor jy iets doen, eerder as om blindelings in te spring en iets aan te pak. Wees altyd rasioneel in die aanwending van jou tyd en die hoeveelheid spoed wat jy daaragter sit. Tyd is inderdaad kosbaar, so laat ons dit nie vermors deur ondeurdagte optrede nie.

Baie mense ken die uitdrukking al te goed:
“Hoe meer haas – Hoe minder spoed”
Meet eerder twee keer, en knip net een maal,
Dit is die kruks van vandag se verhaal!
b * a

Comments