Faults & weaknesses / Swakhede en gebrekke



“How few there are who have courage enough to own their faults, or resolution enough to mend them.” 
Benjamin Franklin

I live by one of many maxims, which is: Sapere Aude! Have the courage to use your own understanding! THINK FOR YOURSELF! Another one is to have the courage to own your faults. Let me, therefore, say a few words about this.

I am convinced that not one of us are without our faults and that we all fall short of perfection. For me, it is important to be aware of one’s faults and one’s weaknesses, but it is also my advice that we should never allow ourselves to dwell upon any of our deficiencies or failures. It is much better to rather place more emphasis on our strengths, thereby we may strengthen our confidence in ourselves. Does this only count for yourself? Surely not. We should follow in Gandhi’s mindset when he says that he, not being faultless himself will look only to the good qualities of people as well; he, therefore, would not probe into the faults of others.



Let us assure ourselves today that many people – and this you should embrace yourself – succeeded in life not in spite of their faults and weaknesses, but precisely because of them. There are countless of people who live happily with their flaws, while others cannot. The difference is that the one has the willingness to change what can be changed for the sake of self-improvement, and can accept the things that cannot be changed. So it comes down to choice. Own your faults and weaknesses, or deny them and sink with them. Don’t be afraid to ask honest friends to highlight your strengths and weaknesses, and embrace these.

I recognize my weaknesses and my faults,
but I lock them away in fortified vaults.
I rather focus on my strength
and I hope you are on the same wavelength!
b * a

------------------------------------- ∞ -------------------------------------


“Hoe min mense is daar wie die durf het om hul eie foute te erken en dit hul eie te maak, of die vasberadenheid het om daaraan te werk en dit reg te maak.” 
Benjamin Franklin

Daar is baie grondbeginsels waarby ek leef, en een van die vele is: Sapere aude! Wees manhaftig genoeg om jou eie begrip aan die dag te lê! Met ander woorde: DINK VIR JOUSELF! ‘n Ander grondbeginsels is om manhaftig genoeg te wees om jou foute te erken en dit jou eie te maak. Laat my derhalwe toe om enkele woorde hieroor te sê.

Ek is daarvaan oortuig dat nie een van ons sonder ons foute is nie en dat almal van ons kortkom as dit by perfeksie kom. Vir my is dit baie belangrik dat ons bewus moet wees van ons foute en ons tekortkominge. Dit is egter ewe belangrik dat ons nooit moet toelaat om te veel stilt e staan by ons gebrekke en mislukkings nie. Dit is veel beter om meer klem te plaas op ons kragte as op ons swakhede, want sodoende sal jy die vertroue in jouself net verstewig. Dit tel egter nie net vir jouself nie, maar ook vir andere. Ons kan maar ag slaan op die woorde van Gandhi. Hy meen dat hy nie foutloos is nie, derhalwe sal hy net kyk na die goeie kwaliteite in andere en nie ondersoek instel na die foute van diesulkes nie.


Laat ons net onsself verseker dat so baie mense in die lewe ‘n sukses bereik, nie ten speite van hul foute nie, maar juis vanweë hul foute. Daar is talle mense wie gelukkige lewens leef saam met hul gebrekke en foute, maar daar is ook talle wie nie daarmee kan saamleef nie. Die verskil tussen die twee groepe is dat die een die wil het om te verander wat verander kan word ter wille van selfverryking, en dat hulle dit kan aanvaar wat hulle nie kan verander nie. So, dit kom alles neer op jou keuse. Besit jou foute en swakhede, of ontken dit en sink saam met dit. Moet nie skroom om eerlik met jou vriende te wees en jou swakhede en sterktes uit te lig nie, en onthou, wees manhaftig genoeg om dit te besit!

My swakhede en my foute sal ek altyd erken,
en doen jy dit, sal jy die lewensreis wen.
Wat belangrik is, is my krag
want daardeur sal ek die eindstreep vermag!
b * a

Comments