“The
reason why the world lacks unity, and lies broken and in heaps, is because man
is disunited with himself.”
Ralph
Waldo Emerson
We may all admit it – we are disunited and broken like the plate in our
image for the day. It is true what
Emerson said, unity, in essence, implies not being multiple but being in full
agreement. How many people can say that of themselves, of being in a unified
state, especially with themselves? Malcolm X was of the opinion that we need
more light about each other to address this. He says that light creates
understanding. Such an understanding creates love, while love creates patience
and patience ultimately creates unity. It is true that we tend to condemn that
which we do not understand, so understanding does indeed create love. In this day
and age, we are kept so busy that we hardly find our feet touching the ground.
We hardly get everything done that we wish to get done. This results in a
fragmented state of existence, a state in which we consist of many more parts
than a more preferable unified part. Nature works on a principle of power in
numbers, but there is more power in unity, not only unity with others but also
unity with the self. As the Roman writer, Publilius Syrus said – where there is
unity there is always victory. This will of course also be applicable to the
inner fragmented self, where unity may reign victorious. I leave you with the
motto of the “Cartellverband
der katholischen deutschen Studentenverbindungen” which reads: “In essentials, UNITY; in non-essentials, LIBERTY; in all things,
CHARITY.”
I want to share with you this:
“Per Unitatem Vis”
“Per Unitatem Vis”
It may only be a simple Latin motto at length
But it says: Through unity, strength…
b * a
-------------------------------------
∞ -------------------------------------
“Die
rede waarom die wêreld eenheid kortkom, en in ‘n gebroke hoop lê, is omdat ons
as mens gebroke in onsself is.”
Ralph
Waldo Emerson
Ons almal mag dit seker maar erken – ons is gebroke en onenig soos
daardie bord in ons prentjie vir die dag. Dit is so waar wat Emerson hier bo sê, en dit is belangrik om te onthou
dat eenheid die gebrek aan meervoudigheid en die teenwoordigheid van “in volle
ooreenkoms” is. Hoeveel van ons kan dit van onsself sê? Malcolm X was van die opinie
dat ons meer lig aangaande andere nodig het om hierdie onenigheid aan te
spreek. Ek sal byvoeg dat ons meer lig nie net oor andere nie, maar ook meer
lig oor jouself nodig het! Volgens hom skep lig begrip, en hierdie begrip en
insig skep liefde, en liefde skep weer geduld, wat op sy/haar beurt weer
eenheid skep. Jy kan hierdie deurtrek en van toepassing maak op andere, maar
ook op jouself. Skyn meer lig op jouself, leer jouself beter ken, leer om
jouself lief te hê, leer om meer geduld met jouself te hê en sodoende kan jy ‘n
komplete JY skep. In die gejaagde lewens wat ons leef, bly ons so besig dat ons
skaars tyd vind dat ons voete grond vat. Ons kry ook skaars gedoen dit wat ons
regtig so graag wil doen. Dit alles loop daarop uit dat ons ‘n gefragmenteerde self
skep, ‘n staat waarin ons uit al hierdie klomp klein deeltjies bestaan, instede
daarvan dat ons uit ‘n meer verkieslike algehele eenheid bestaan. Die Romeinse skrywer,
Publilius Syrus, het gesê – waar daar eenheid is, is daar oorwinning. Hierdie
is nie net van toepassing in medebestaan nie, maar ook in die eenheid van die
self. Jy sal jouself beswaarlik kan oorwin solank as wat jy in ‘n
gefragmenteerde staat leef. Ek laat jou vandag met die leuse van die “Cartellverband der
katholischen deutschen Studentenverbindungen”, wat as volg lui: “In essentials, UNITY; in non-essentials, LIBERTY; in all things,
CHARITY.”
Hierdie leuse is so gewis:
“Per Unitatem Vis”
“Per Unitatem Vis”
Dit sê: Daar is krag in eenheid.
Maak hierdie maar deel van jou lewensbeleid.
b * a
Comments
Post a Comment