Simplicity / Eenvoud



“I have just three things to teach: simplicity, patience, compassion. These three are your greatest treasures.”
Lao-Tzu

Patience, compassion and patience, these are indeed concepts that we should ponder on a daily basis. As the first of Lao-Tzu’s three great treasures, Lao-Tzu was of the opinion that simplicity in actions and thought would enable you to return to the source of being, to the source of your true essence. Simplicity is a great treasure, even Tolstoy mentioned that there is no greatness where there is no simplicity, where there is no goodness and where there is no truth. Leonardo da Vinci also had something to say in this regard by observing that simplicity is the ultimate sophistication. So how simplistic is your life? I really want you to thoroughly think this question through. If you have done so, I then want to be as bold as to answer this question by saying that your life is not as simplistic as it ought to be. We live in a very complex world, and our lives reflect this complexity, but it wasn’t always this complex, was it? In childhood, things were much more simplistic, and with the passing of age, things became more complex. Did it become complex from its own volition or do we make it complex through our thoughts and deeds? We get involved in complex relationships which would have been better left unmade. Maybe we should look at the world with a child’s eye in order to break away from the complexity that we clutter our lives with. Einstein asks: “Out of clutter, find simplicity”, and that is what I also ask from you today. Identify the clutter in your life and find simplicity in both character, manner and style.

All the clutter we embrace
contribute to a very complex existence,
and we need to push back and give resistance
by pursuing simplicity in its place
b * a

------------------------------------- ∞ -------------------------------------

“Ek het net drie dinge wat ek vir julle wil leer: eenvoud, geduld en deernis. Hierdie is die drie grootste skatte.”
Lao-Tzu

Geduld, deernis en eenvoud, hierdie is inderdaad drie konsepte wat ons op ‘n daaglikse basis moet bedink en beoefen. Ons fokus is vandag op eenvoud. Lao-Tzu was van die opinie dat eenvoud (as die eerste van sy drie groot skatte) in beide optrede en denke, jou in staat sal stel om terug te keer na die oorsprong en essensie van jou ware wese. Selfs Tolstoy het genoem dat daar geen grootsheid is waar daar nie eenvoud, goedheid en waarheid is nie. Leonardo da Vinci het ook op sy beurt ‘n stuiwer in die armbeurs gegooi deur te noem dat eenvoud die hoogste sofistikasie van die mens se bestaan is. So, hoe eenvoudig is jou lewe? Ek vra hierdie met ‘n ernstige gelaat op my gesig! Bedink die vraag vir ‘n oomblik, en wanneer jy klaar is daarmee sal jy dalk tot dieselfde slotsom kom as wat ek gaan maak: Jou lewe is nie so eenvoudig soos wat dit moet wees en jy wil dit dalk meer simplisties hê! Ons lewe gekompliseerde lewens. Die vraag is, waarom is dit so kompleks, dit was dan nie altyd so kompleks nie? Gedurende ons kinderjare was dinge nie so gekompliseerd nie, maar dit het met die verloop van tyd kompleks geraak. Het did so uit sy eie geraak, of is dit ons wie dit kopliseer deur ons woorde, ons dade en ons denke? Inderdaad ja! Ons laat onsself oop en raak betrokke by komplekse verhoudings en situasie, of ons kompliseer dit onsself. Ons versamel so baie goed dat dit op sig self dinge kompliseer, eerder as vergemaklik. Miskien moet ons eerder na die wêreld kyk vanuit die oë van ‘n kind ten einde weg te breek van die kompleksiteite van die lewe. Albert Einstein maak die volgende voorstel: “Vind eenvoud uit al jou wanorde”, en dit is wat ek ook van jou vandag smeek. Identifiseer die rommel en wanorde in jou lewe en vind eenvoud in jou karakter, jou maniere en jou lewensstyl.

Ons maak so maklik dinge gekompliseerd,
Ons leef ons lewens soms so verkeerd!
Vind eerder geluk in ‘n lewe van eenvoud,
Sodoende maak jy jou hele lewe minder benoud…
b * a

Comments