“Hope
means hoping when everything seems hopeless.”
Gilbert
Keith Chesterton
We should refrain from falling
into a state of hopelessness.
Stay away from that abyss,
for it is very appalling.
b * a
-------------------------------------
∞ -------------------------------------
“Hoop beteken
om te hoop wanneer alles hopeloos lyk.”
Gilbert
Keith Chesterton
Vandag se
onderwerp gaan oor die gevoel van hopeloosheid. Dit is daardie gevoel van
wanhoop wat ‘n algehele gebrek aan jou normale vermoë, jou vaardighede, bevoegdhede
en bekwaamhede teweegbring. Wanhoop word gekatagoriseer as ‘n neerhalende en
vernederende emosie wat ‘n aansienlike uitwerking op jou geluk kan hê. Nou wonder
mens, kan ons ontvlug vanuit hierdie ysterhok van hopeloosheid? Inderdaad, ons
kan. Elise Wile sê dat die presiese natuur van hopeloosheid beteken dat
sodra jy hierdie donker emosie ervaar, jy net dalk mag vergeet dat enige ander
emosies bestaan. Moet dus nie ingee as jy moedeloos voel nie. Hopeloosheid is
net ‘n illusie. Twyfel in die bestaan van daardie hopelose gevoel want al wat
dit jou wil vertel is onwaarhede aangaande die toekoms, soos byvoorbeeld dat jy
nooit gelukkig sal wees nie of dat dinge nooit gaan verander nie. Wel, ek het
nuus vir jou, hopeloosheid is die grootste leuenaar wat op hierdie planeet rondseil…
Jy het meer beheer oor hopeloosheid en oor jou lewe as wat jy dalk mag besef. Moet
daarom nie ingee nie; ondersoek jou gevoel en probeer vasstel wat dit jou wil
vertel, en werk dan sagkens daardeur. Laat vir jouself die ruimte om jou
emosies te voel en te ervaar. Dit sal tyd neem om dit te doen, so moet nie oornag
‘n wonderwerk verwag nie. Dit sal help as jy ‘n ondersteuningsnetwerk op die
been bring. ‘n Vriend kan byvoordeel deel hiervan uitmaak, iemand na wie jy
jouself kan keer en met wie jy dinge kan bespreek wanneer jy hopeloos voel. ‘n
Ander manier om hopeloosheid die hok te slaan is om enige negatiewe denke uit
te daag. Moet nie dat daardie denke oor jou hardloop nie. Neem ook sorg van
jouself. Oefen gereeld, eet gesond, en wees altyd netjies op jouself. Gebruik matigheid
in alles wat jy doen, veral in jou denkprosesse. Wees altyd proaktief, en as jy
regtig nie die bult kan uitkom nie, gaan sien dan ‘n berader.
Verhoed dat jy in ‘n staat van hopeloosheid verval.
Belowe my jy sal.
Bly weg van negatiewe denke en mismoedigheid,
Want dit gaan jou net vul met lyd en spyt.
b * a
Comments
Post a Comment