Overcome Discouragement / Kom Teleurstelling Te Bowe



“Depression begins with disappointment. When disappointment festers in our soul, it leads to discouragement.”
Joyce Meyer

I believe that it is the wish of each and every one of us to live prosperous and happy lives. Unfortunately, it is part of human nature to become discouraged every now and then, and when we enter this state of mind, it is surely not a pleasant one. It is as the inspirational author, Orison Swett Marden said, discouragement, fear, doubt, and a lack of self-confidence are the germs which have killed the prosperity and happiness of tens of thousands of people. I would rather say, of billions of people throughout the course of history. These germs, together with that bloodsucker called negativity, are unfortunately the extras we receive when we receive the gift of life because we all go through the potholes of discouragement many times through our lifespan. How should we deal with these potholes and germs? Another author, James Whitcomb Riley, said that persistence is the most essential factor. He says that you must always be determined never to allow your energy or enthusiasm to be dampened by the discouragement that will inevitably come. Always analyse any form of discouragement by asking: Why am I discouraged? Why does this make me feel discouraged? You should then stand back and look at the bigger picture and decide what your plan of action will be. While you are busy doing just that, think about the things you can be grateful for. We get so easily discouraged by one thing we focus on, that we overlook the 99 things that are going well. I found some ways to overcome discouragement, and I will share them here for you. So, whenever you feel discouraged, do try one or more of these steps to overcome your discouragement:

  • Remember, we ALL get discouraged once so often in life, it is not only you who row this boat alone.
  • You will always be discouraged and become frustrated if you try to change people. Accept people for who they are.
  • Acknowledge discouragement to yourself. If someone tells you they have never been discouraged, then that person is lying to you and is entirely out of touch with him-/herself and with the world.
  • Anger breeds discouragement so it is better to let go of anger.
  • Learn to do something new, but don’t attempt something difficult that will leave you discouraged at the end of the day.
  • Encourage someone. Your needs reveal what others may need.
  • Stop trying to control the things you can’t control. You have to learn to let some things go.
  • Establish milestones. Seeing progress breeds encouragement.
  • Solve something small and then check that off a list. This will lift a weight from your shoulders and encourage you to engage in something new.
  • Focus on things you do best. It feels great to do something well.
  • Feeling alone can be discouraging. Let someone in. Find a friend by being a friend.
  • Reward yourself or someone else.
  • Reinterpret your setbacks as learning experiences and stepping stones.
  • Enjoy fresh ideas from a book or lecture.
  • Do something that fills you with some fun.
  • Use discouragement as a motivation to evaluate yourself.
  • Drain the drama by responding objectively to things.


 Don’t give up, the dark cloud of discouragement will eventually disappear and you will smile again and experience a productive and fruitful life.

We have to face discouragement
but that does not mean we should be dejected.
Persist through this impairment
and always stay committed.
b * a

------------------------------------- ∞ -------------------------------------

“Depressie begin met teleurstelling. Wanneer teleurstelling begin vreet aan ons siel, loop dit uit op ontmoediging en moedeloosheid.”
Joyce Meyer
  
Ek glo dat dit elkeen van ons se wens is om ‘n vrugtevolle en gelukkige lewe te leef. Ongelukkig is dit deel van die menslike natuur om met tye ontmoedig en moedeloos te word. Wanneer dit met ons gebeur gaan ons ‘n gemoedstemming binne wat nie aangenaam is nie. Die besielende skrywer, Orison Swett Marden, het gesê dat ontmoediging, moedeloosheid, vrees, twyfel, en ‘n gebrek aan selfvertroue, die kieme is wat die vooruitgang van derduisende mense doodgemaak het. Wel, ek wil eerder sê, die van biljoene deur die verloop van die mens se bestaan. Hierdie kieme, tesame met die bloedsuier genaamd negatiwiteit, is ongelukkig die ekstras wat opgedis word saam met die gawe van lewe wat aan ons gegee word. Die punt is, ons almal gaan een of ander tyd (sommiges meer as andere) deur hierdie slaggate wat ontmoediging en moedeloosheid teweegbring. Die vraag is, hoe bestuur ons deur hierdie slaggate en wat kan ons neem vir hierdie kieme? ‘n Ander skrywer, James Whitcomb Riley, sê dat jou deursettingsvermoë die mees deurslaggewende faktor is om dit te oorkom. Hy sê dat ons altyd gedetermineerd moet wees om nie toe te laat dat jou energie en entoesiasme doodgedruk word deur die ontmoediging en moedeloosheid wat onvermydelik op jou pad gaan kom nie. Analiseer altyd enige gedaante van ontmoediging en moedeloosheid deur te vra: Waarom is ek ontmoedig? Waarom is ek moedeloos? Waarom maak hierdie dat ek so ontmoedigend en moedeloos voel? Neem dan ‘n paar tree terug en kyk of jy die groter prentjie kan raaksien. Sodra jy dit kan raaksien, besluit dan wat jou volgende plan van aksie gaan wees. Terwyl jy daarmee besig is, dink na oor die dinge waaroor jy dankbaar kan wees. Die punt is, mense raak so maklik ontmoedig en moedeloos deurdat hulle op een ding fokus, dat vergeet hulle gemaklikheidsonthalwe van die 99 ander dinge wat bemoedigend is en waaroor hulle dankbaar kan wees. Hier is ‘n paar maniere om ontmoediging en moedeloosheid te bowe te kom:

  • Onthou, ons  ALMAL raak so af en toe ontmoedig en moedeloos, dit is nie net jy wie in daardie bootjie roei nie, ons almal roei saam met jou.
  • Jy sal altyd ontmoedig, moedeloos en gefrustreerd raak so lank as wat jy aanhou om mense te probeer verander. Aanvaar mense soos hulle is.
  • Gee erkenning aan die feit dat jy ontmoedig en moedeloos sal raak. As iemand jou vertel dat hy/sy nog nooit ontmoedig en moedeloos was nie, dan is hy/sy ‘n leuenaar en geheel en al uit voeling met homself/haarself en met die wêreld.
  • Aggressie en woede is ‘n goeie broeiplek vir ontmoediging en moedeloosheid, so dit is beter om dit eerder te laat gaan.
  • Leer om iets nuuts aan te pak, solank dit net nie iets is wat te kompleks is nie, want dit kan jou nou weer opnuut ontmoedig.
  • Bemoedig iemand anders. Jou behoeftes kan blootlê wat andere nodig het.
  • Hou op om alles wat jy nie kan beheer nie te wil probeer beheer. Jy moet leer om sommige dinge net te laat gaan.
  • Lê vir jouself mylpale neer. Wanneer jy jou eie vordering raaksien sal dit vanself bemoediging aankweek.
  • Los klein dingetjies op en merk dit af op ‘n merklys. Dit sal ‘n gewig van jou skouers lig en jou bemoedig om ‘n volgende ietsie aan te pak.
  • Fokus op dit wat jy die beste doen want dit voel altyd goed om iets goed en iets goeds te doen.
  • Om alleen te voel kan ontmoedigend wees en moedeloosheid teweegbring. Laat iemand in jou lewe; vind ‘n vriend deur self ‘n vriend te wees.
  • Beloon jouself of iemand anders met iets spesiaals.
  • Beskou jou terugslae as leer-ervarings.
  • Geniet vars idees en insigte deur ‘n nuwe boek te lees of ‘n lesing by te woon.
  • Doen iets wat jou met pret en plesier vul.
  • Gebruik ontmoediging en moedeloosheid as ‘n motivering om jouself te evalueer.
  • Skaal af op al die drama in jou lewe deur meer objektief en positief op dinge te reageer.

So, dit is dan dit. Moet nooit opgee nie. Die donker wolk van ontmoediging en moedeloosheid sal weldra verdwyn en jy sal weer kan glimlag en die volle vreugde van ‘n produktiewe lewe geniet.

Ontmoediging en moedeloosheid,
Twee broers wat weldra gaan kom vreet aan jou produktiwiteit.
Buur voort en laat dit jou nie onder kry,
Want as jy deurdruk, sal dit net jou lewe verbly.
b * a

Comments