Living out your beliefs / Leef jou oortuigings uit



“To believe in something, and not to live it, is dishonest.”
Mahatma Gandhi

Each and every individual has his/her own sets of beliefs. Such beliefs change when we acquire new knowledge (like when we changed our belief from a geocentric to a heliocentric system). Such beliefs may not always be based on facts, like children’s belief in the tooth fairy. Some people even cling to distorted beliefs after being confronted with the facts that disprove such a distorted belief. Sir Bertrand Russell said that a person who is not willing to die for his/her beliefs may be doing so because his/her beliefs might be wrong. The point is, I am trying to urge you to rethink the beliefs you foster. Veronica Roth said something very true: “You don’t believe things because they make your life better, you believe them because they’re true.” Maybe it is true what Ralph Waldo Emerson said, that we are born believing; that humanity bears beliefs as a tree bears apples. According to C.S. Lewis, you never know how much you really believe anything until its truth or falsehood becomes a matter of life and death to you. It is easy to say you believe a rope to be strong and sound as long as you are merely using it to cord a box, but suppose you had to hang by that rope from a building! Wouldn't you then discover, for the first time, how much you really trusted that rope? I leave you with that thought.

How often does someone confront you,
to rethink a belief?
A false belief can be changed to one that’s true,
and this may prevent you from experiencing much grief.
b * a

------------------------------------- ∞ -------------------------------------

“Om in iets te glo en dit nie uit te leef nie, is oneerlikheid.”
Mahatma Gandhi

Elke liewe individu het sy/haar eie stel reëls waarby hy/sy leef. Wanneer ons meer kennis bekom, pas ons hierdie reëls aan en herskryf ons hulle. Dink maar terug aan die tyd toe die mens geglo het dat die aarde die middelpunt van die heelal was, en alles om die aarde gewentel het, en hoe dit herskryf is van ‘n geosentriese na ‘n heliosentriese sisteem. Ongelukkig is baie mense se reëls en oortuigings nie gebasseer op kennis en feite nie. Kinders se oortuiging dat die tandemuis bestaan, en ‘n groot meerderheid van die wêreld se bevolking wie aardverwarming as ‘n mite afmaak, kan dien as voorbeelde hiervan. Sommige mense klou vas aan oortuigings, selfs wanneer jy hulle konfronteer met feite wat hul oortuigings en reëls se fondasies gaan skud. Hoe naïef is hulle nie! Bertrand Russell het gesê dat die moontlike rede waarom baie mense nie gewillig is om vir hul oortuigings te sterf nie, is omdat hulle bes moontlik glo dat hul oortuigings nie reg is nie. Die punt is, ek probeer jou net vandag oortuig om opnuut na jou oortuigings en reëls te kyk en dit te herbedink. Veronica Roth het ‘n paar baie ware woorde gesê: “Jy glo nie in dinge omdat dit jou lewe beter maak nie, jy glo daarin omdat dit die waarheid is.” Dit is nou maar een maal so, waarheid moet altyd die maatstaf wees. Mense glo so maklik in dinge wat nie hierop geskoei is nie. sal jy staan vir dit waarin jy glo? C.S. Lewis is van mening dat jy nooit sal besef hoeveel jy in iets glo alvorens jou lewe nie van daardie oortuiging afhang nie. Dit is maklik om te sê dat jy glo dat ‘n stuk tou sterk genoeg is solank as wat jy ‘n boks daarmee gaan verbind. Dit is egter ‘n heel ander storie as jy in daardie stuk tou se sterkte glo wanneer jy van ‘n gebou af hang. Eers dan sal jy ten volle begryp hoeveel vertroue jy regtig in die sterkte van daardie stuk tou het. Ek los jou met daardie gedagte!

Ek hoop vandag se boodskap kon by jou insink,
Dat dit belangrik is om jou oortuigings te herbedink?
‘n Valse oortuiging skep ‘n wêreld wat nie bestaan
Daarom is daar geen kaasfabrieke te vinde op die maan…
b * a

Comments