“Art is
uncompromising and life is full of compromises.”
Günther
Grass
The American writer, Ambrose Bierce, defines the term “compromise”
as: “Such an adjustment of conflicting interests as gives each adversary the
satisfaction of thinking he has got what he ought not to have, and is deprived
of nothing except what was justly his due.” Is it not true that every human
benefit, enjoyment, virtue and prudent act is founded on the principle of
compromise and barter? What is compromise other than a settlement of
differences in which each side makes concessions? We constantly have to make
concessions, we need to compromise if we want to find a middle way. Unfortunately,
people are very reluctant to make these compromises. How many wars and
conflicts do you think arose from the lack of making such concessions? The
English writer, G. K. Chesterton, once wrote that ‘compromise’ used to mean
that half a loaf was better than no bread at all. He thought that modern
statesmen really seems to mean that half a loaf is better than a whole loaf.
Making compromises is part of life, it may even be seen as giving solidity to
life, so when you compromise, do it tactfully. Remember not to try always to be
right. Think for a moment how this world would be if everybody had their way! Sometimes
you have to let things go, give one step back and compromise for the sake of
everybody’s benefit, the greatest good and overall happiness. Don’t kick
against compromises – let it go or lower your expectations.
How important is it to compromise?
Do we compromise under a veil of disguise?
An honest compromise may bring about good ends,
And straighten out many crooked bends.
b * a
-------------------------------------
∞ -------------------------------------
“Kuns
is onbuigsaam en die lewe is vol kompromieë.”
Günther
Grass
Die Amerikaanse skrywer, Ambrose Bierce, definieer die term “kompromie”
as: “Die aanpassing van konflikterende belange in so ‘n manier dat elke
party in die geskil die satisfaksie gegee word om te dink dat hy/sy gekry het
wat hy/sy nie verdien het nie, en dat hy/sy van niks anders ontneem is as van dit
waarop hy/sy geregtig was nie.” Is dit nie so dat elke liewe menslike voordeel,
genot, deug en taktvolle handeling op die beginsels van kompromie en ruilhandel
berus nie? Wat is kompromie anders as ‘n skikking van geskille waarin elke
party sekere opofferings maak! Ons maak deurentyd opofferings en dit is so
belangrik om kompromieë aan te gaan as ons ‘n middelweg wil vind. Wanneer jy en
jou lewensmaat ‘n geskil oor iets het, vergeet maar dat dit besleg gaan word as
net die een sy/haar wil laat geskied. Besleg dit deur die maak van ‘n
kompromie. Ongelukkig is mense verskriklik onwillig om kompromieë aan te gaan. Hoeveel
oorloë en konflik, dink jy, het nie ontstaan as gevolg van ‘n gebrek aan die
vind van ‘n middelweg nie. Die Engelse skrywer, G. K. Chesterton, het eens
geskryf dat ‘kompromie’ eens op ‘n tyd beteken het dat ‘n halwe brood beter as
geen brood is nie. Volgens hom is dit nie meer van krag nie, want in sy tyd (en
ek glo dit is vandag nog so) was dit eerder ‘n geval van ‘n halwe brood is
beter as ‘n hele brood! Om kompromieë te maak is deel van ons lewens en dit kan
selfs beskou word as iets wat ‘n sekere mate van standvastigheid aan ons lewens
gee. Wanneer jy dus ‘n kompromie aangaan, doen dit op ‘n taktvolle wyse. Moet
nie altyd probeer om reg te wees nie, dink net vir ‘n oomblik na oor hoe
hierdie wêreld daarna sou uitsien as almal hul sin gekry het. Somtyds moet jy
nou maar net dinge laat gaan, een tree terug te gee en ‘n middelweg vind vir
die doeleindes van almal se voordeel, die groter goeie en algehele geluk. Moet
derhalwe nie skop teen die maak van kompromieë nie – laat dit gaan of verlaag
dan andersinds jou verwagtinge.
Hoe belangrik is dit om ‘n kompromie aan te gaan?
Maak ons kompromieë onder ‘n sluier van verraad?
‘n Opreg gemaakte kompromie is ‘n edele daad,
Sodoende kan jy stap op ‘n pad van vredevolle
bestaan.
b * a
Comments
Post a Comment