Fairness / Regverdigheid


“Fairness is not an attitude. It's a professional skill that must be developed and exercised.”
Brit Hume

 I am not referring to the quality of having light-coloured hair or a pale complexion when I refer to fairness. No, I am referring to the impartial and just treatment or behaviour without favouritism or discrimination. Easier said than done, but it is not impossible to practice and exercise the skill of fairness. There is just one little thing keeping us from doing this. We usually question why we should be fair if life is so unfair. Well, life will not always be fair, but that does not give you the justification not to be fair to others. Upsetting yourself about injustice doesn’t make things fair or just. Sometimes it’s all about doing what is right instead of moping about the unfairness of life; it is about changing what you think is not fair, or even changing the way you think about it. Other people’s goodness, fairness and kindness, should also not be a prerequisite for your own goodness, fairness and kindness. These are skills which you should practice and which you should radiate. Be a supplier of these, not a consumer. Let the others consume, hopefully, they will become suppliers one day. H. Jackson Brown Jr. said that we ought to live in such a manner that when our children think of fairness, caring, and integrity, they should immediately think of us. So, even though not everyone is playing by the same set of rules, remember, you are not everyone, you are a single unique being who can set the pace of being fair. So do as Abraham Lincoln said he would when he said: “These men ask for just the same thing, fairness, and fairness only. This, so far as in my power, they, and all others shall have.

Hey you, over there!
Yes, you. Listen, life is not fair.
This doesn’t imply that you can’t be,  
so practice that skill, come on, let me see.
b * a

------------------------------------- ∞ -------------------------------------

“Regverdigheid is nie ‘n houding nie. Regverdigheid is ‘n professionele vaardigheid wat ontwikkel en beoefen moet word.”
Brit Hume


Regverdigheid, billikheid, onpartydigheid – inderdaad moeilike woorde om uit te leef. Regverdigheid kan omskryf word as die onpartydige en regverdige behandeling van iemand anders sonder enige diskriminasie en gunsbetoning. As jy dit kan doen, dan is jy ‘n regverdige mens. Makliker gesê as gedaan, of hoe? Die positiewe kant is dat dit egter nie onmoontlik is om regverdig te wees nie. Soos Hume hierbo sê, dit moet net ontwikkel en beoefen word! Ek dink wat ons terughou om regverdig te wees is die refleksie op die onregverdige wêreld waarin ons leef. Gewoonlik bevraagteken ons die dryfveer vir regverdigheid as alles om ons so onregverdig is. Waarom moet ek regverdig wees as alles en almal so onregverdig teenoor my is? Wel, die lewe gaan nie altyd regverdig wees nie, dit gee jou egter nie die reg om onregverdig teenoor andere te wees nie. JY kan die stroom verander. Deur jouself te ontstel oor die onregverdigheid van die lewe gaan nie dinge regverdig en regmatig maak nie. Soms is dit net oor doen wat reg is sonder om rond te loop en te mor oor die onregverdigheid van alles. Dit gaan eerder oor ‘n verandering van hoe jy oor onregverdige dinge dink. Ander mense se goedheid, regverdigheid en goedaardigheid moet ook nie ‘n voorvereiste wees vir jou eie goedheid, regverdigheid en goedaardigheid nie. Wat ek hiermee bedoel is dat baie mense net regverdig is teenoor diegene wie teenoor hulle regverdig is. Dit is nie hoe dit moet werk nie. Regverdigheid, soos ek reeds gesê het, is ‘n vaardigheid wat jy moet beoefen en moet uitstraal. Wees ‘n verskaffer van regverdigheid, nie ‘n gebruiker nie. Laat die andere dit maar verbruik, hopelik word hulle weldra ook verskaffers. H. Jackson Brown Jr., meen dat ons so moet leef dat wanneer ons kinders aan regverdigheid, omgee en integriteit dink, hulle dadelik aan ons sal dink. So, selfs al speel nie almal met dieselfde stel reëls nie, onthou net dit, JY is nie almal nie, JY is ‘n enkele unieke wese wie jou eie pas van regverdigheid kan bepaal. Doen dus soos Abraham Lincoln gesê het hy sou doen: “Hierdie manne vra vir dieselfde ding, regverdigheid, en alleenlik regverdigheid. So vêr as wat dit in my mag is, sal hulle en alle andere, dit gegee word.”

Maak regtig maar tyd
Vir die beoefening van regverdigheid.
Mense en die wêreld is onregverdig, dit kan jy maar weet.
Moet nie dat hulle jou terughou nie, onregverdigheid bring net leed.
b * a

Comments