“Wisdom
comes by disillusionment.”
George
Santayana
This is
surely one of the best things that can happen to you, being disillusioned, but
it is also mostly a painful process. That is why I chose today’s artwork, drawn
by Bonniemarie, because it depicts the painfulness of disillusionment. Many
will agree that we must learn to cope with disillusionment and they will
emphasise that disillusionment is very hurtful. Very true. Let me start by
stating that an illusion is something with a deceptive appearance, something
that deceives our mind or our senses. Becoming disillusioned then implies that
we are not anymore being deceived, and that is something we can be proud of. We
should rejoice for having the veil of illusion removed. Timothy Trepanier wrote
an insightful article called “The Necessity of Disillusionment”. He says
that when someone is confronted with facts that contradict currently held
beliefs, they have one of two choices. Either go into denial mode by rejecting
the facts as untrue and continue living as before, or accept the new data and
try and reconstruct a new internal paradigm or map of reality that accommodates
the new information. If believing in an illusion makes you feel safe, happy and
comfortable, and any contradictory evidence causes pain and discomfort, then
what motivation is there to choose to go through the process of
disillusionment? The answer is the love and desire for Truth. I, therefore, want
to convince you that disillusionment is good. If you still believe in tooth
fairies and Red Nosed Rudolph, then that is fine, it is your choice, but know
that your veils of perception will be lifted one day, in one way or another.
I know some find disillusionment to be sad,
but here is my conclusion:
We all should be glad,
at the death of an illusion.
at the death of an illusion.
b * a
-------------------------------------
∞ -------------------------------------
“Wysheid
word bekom deur ontnugtering/ontgogeling.”
George
Santayana
Ontnugtering
(oftewel, ontgogeling – ‘n woord wat ek veel eerder verkies) is sekerlik een
van die beste dinge wat met ‘n mens kan gebeur. Dit is ongelukkig ook gewoonlik
een van die mees pynlike ervarings wat ‘n mens kan deurmaak. Vandag het ek juis
‘n stukkie kunswerk, met die titel “Disillusionment”, en wat deur ‘n ene Bonniemarie
geskep is, gekies omdat dit juis so treffend die pynlikheid van ontgogeling
vasvang. Daar is baie wie met my sal saamstem dat ons moet leer om ontgogeling
te hanteer en dat ons vroegtydig moet weet dat die proses van ontgogeling ons
mag seermaak. Laat ek dit net duidelik maak dat enige vorm van illusie ‘n
bedrieglike doelwit het. Sodra jy ontgogeld raak is jy nie meer onder die juk
van bedrog nie. Wonderlik! Dit is iets waaroor jy trots en waarvoor jy dankbaar
kan wees. Ons moet verheug wees in die feit dat die sluier van illusie gelig
is. Timothy Trepanier het ‘n insigryke artikel geskryf met die titel “The
Necessity of Disillusionment”. Hy sê dat wanneer iemand gekonfronteer word
met feite wat in teenstelling is met huidige oortuigings, dan het so ‘n persoon
een van twee keuses. Die persoon kan of terugtrek in ‘n staat van ontkenning en
die feite afmaak as onwaar en voortgaan om soos tevore te leef, of die persoon
kan die nuwe data aanvaar en probeer om ‘n nuwe interne paradigma of realiteit
te skep wat daardie nuwe kennis en insigte akkomodeer. As jy vasklou aan enige illusie
wat maak dat jy veilig, gelukkig en gemaklik voel, en indien enige bewyse wat
in kontras tot hierdie illusie is, pyn en ongemak veroorsaak, dan wonder mens watter
motivering daar is om dan deur die proses van ontgogeling te gaan? Die antwoord
is: die liefde vir en najaag van WAARHEID. Ek wil jou daarom oortuig dat
ontgogeling ‘n goeie proses is. As jy steeds in die tandemuis en in Rudolph die
Rooi Neus takbok glo, en glo dat alles in die wêreld steeds honkiedorie is,
weet net dit, daar sal wel ‘n tyd kom wanneer die sluiers van bedrieglikheid
gelig sal word en jy dinge sal sien soos dit werklik is, want, die waarheid het
altyd die laaste sê.
Ek weet ontgogeling kan ‘n pynlike affêre wees,
Maar mens moet leer om tussen die lyne te lees…
Sodra die sluiers van bedrieglikheid verdwyn,
Sal jy vind dat die son in jou lewe veel helderder
skyn.
b * a
Comments
Post a Comment