“The
activist is not the man who says the river is dirty. The activist is the man
who cleans up the river.”
Ross
Perot
I feel
very strong about this topic, about activism. I believe that pacifism is
nothing else than a weapon of mass destruction. To be an activist is to clean
that river, to put your words into action. No, activists are not people running
around with gasmasks throwing rocks and Molotov cocktails at law enforcement
officials and looting shops. Jena Mazzio said that if you think you’ve got
to cover yourself in paint, throw yourself on the ground and strip down to your
birthday suit to be an activist, think again. An activist is defined simply as
a person who campaigns for social change, and we all have the capacity to do
that; we have the power to change things that we don’t agree with – whether it
be what’s in our food, how animals are treated in captivity, or inequality
between genders or races. The beautiful thing is that YOU can change how things
are. When you begin to take action to bring awareness to the causes you care
about, you become an activist in the process. Make a mental note of the words
of Gilbert Keith Chesterton who said that it is only a dead thing that can go
with the stream, but only a living thing can go against it. There are so
many ways in which you can be an activist for a better world; everywhere in
the world organizations are looking for volunteers to be active in the causes
they stand and fight for. Do something you believe in, yes DO SOMETHING, and
don’t only believe in whatever you believe. Be proactive and become involved in
changing things for the better.
There is no logic in being a pacifist,
you must consider becoming an activist.
Stand up for your beliefs,
you must consider becoming an activist.
Stand up for your beliefs,
Don yourself with some proactive greaves.
b * a
-------------------------------------
∞ -------------------------------------
“’n Aktivis
is nie iemand wie uitbassuin dat die rivier vuil is nie. ‘n Aktivis is iemand
wie opstaan en die rivier skoon maak.”
Ross
Perot
Ek voel
baie sterk as dit kom by die onderwerp oor aktivisme. Ek glo dat pasivisme niks
anders is nie as ‘n wapen van massavernietiging. Om ‘n aktivis te wees is om op
te staan, jou sak en emmertjie te vat, en daardie rivier skoon te gaan maak, met
ander woorde, om jou woorde in dade om te sit. ‘n Pasifis, aan die ander kant,
sal net sit en kla oor die rivier – indien enig! Nee, ek het nie gesê jy moet ‘n
radikale aktivis wees wie met ‘n masker op jou gesig rondhardloop en
wetstoepassers met klippe en petrolbomme gooi en die winkels plunder nie. Luister
na wat Jena Mazzio sê: as jy dink dat aktivisme behels dat jy jouself met
verf moet bedek, jouself in jou adamsgewaad op die grond moet neergooi, dan
moet jy weer nadink oor wat aktivisme behels. ‘n Aktivis word gedefinieer as iemand
wie ‘n kampvegter is vir sosiale verandering, en wat so mooi is, is die feit
dat elkeen van ons daardie kapasiteit het om dit te kan doen, om kampvegters te
wees, maar so min het die WIL om dit te doen. JY het die mag om dinge te
verander waarmee jy nie saamstem nie – hetsy dit gaan oor wat in ons voedsel
gesit word, hoe diere in aanhouding behandel word, of selfs ongelykheid in
rasse en geslagte. Wanneer jy begin om bewustheid te skep aangaande die sake
waaroor jy sterk voel, dan begin jy om ‘n aktivis te wees. Neem asseblief Gilbert
Keith Chesterton se woorde ook ter harte. Hy sê dat net dooie goed is wat saam
met die stroom kan gaan, en dat dit net lewende goed is wat teen die stroom kan
gaan. Daar is so baie maniere waarop jy ‘n aktivis kan wees om die wêreld ‘n
beter plek te maak. Daar is telke organisasies wêreldwyd wie na vrywilligers
soek om aktiviste te wees in dit waarvoor hulle staan en waarvoor hulle veg. Kom
ek vra jou, het jy al ooit ‘n aanlyn-petisie geteken? Die mees onlangste
petisie wat ek geteken het, het daartoe bygedra dat ons (elke individu wie die
petisie geteken het) daarin geslaag het om ‘n steenkool ontginning permit te
laat kanselleer. Die punt is, jy KAN iets doen om ‘n verandering teweeg te
bring. Doen net iets waarin jy glo, ja, DOEN IETS, moet nie net daarin glo nie.
Wees proaktief en raak betrokke in ‘n saak wat die wêreld ‘n beter plek kan
maak, vir jou en vir alle ander lewende wesens op hierdie planeet.
Dit is so onlogies om op die golf van pasifisme te
ry.
Dit is danksy mese soos jy dat die slegte dinge in die wêreld steeds bly.
Staan op en wees ‘n aktivis, veg vir wat verkeerd is.
Dit is danksy mese soos jy dat die slegte dinge in die wêreld steeds bly.
Staan op en wees ‘n aktivis, veg vir wat verkeerd is.
Deur woord en daad kan ons alles beter maak,
weet dit maar gewis.
b * a
Comments
Post a Comment