Punctuality / Stiptelikheid




“If you are 15 minutes early you are on time. If you are on time you are late and if you are late you didn’t want to be there.
Author unknown

How do you handle people who are making it a habit of being late? I think, no, I know that such people are disrespectful to you. It is so important to always respect someone else’s time, for their time is just as precious as yours. I struggle to understand people who cannot understand that time is life and that life is extremely precious. Wasted time is therefore wasted life, so if you waste my time, you are actually wasting my precious life! From this platform, I want to address punctuality. The following appeared in the Wanganui Herald (New Zealand) on 11 Feb 1902, the author is not known: “Punctuality, my children, said the old man, is the thief of time. I have been a victim to the pernicious vice of punctuality all my life. I must have wasted years by being up to time and having to wait for people”. This should have placed a little smile on your face, but there is truth behind this. Recall the many times in your past where you were on time but had to wait for the other party. Much life had I lost in waiting. When that is the case, the truth of the French proverb shines bright: “The while we keep a man waiting, he reflects on our shortcomings.” People do indeed tend to count the faults of those who keep them waiting. Lord Nelson owed his success in life to having been always a quarter of an hour before the desired time. Charles Dickens also said that he never could have done what he did without the habits of punctuality. Shakespeare lastly said that it is better to be three hours too soon than a minute too late. Always be punctual, that is the right thing to do, it will show that you respect other’s time as you do your own.  

Punctuality is a show of self-discipline
Which should be present in every citizen.
To go about wasting other people’s time,
is absolutely all but sublime…
b * a

------------------------------------- ∞ -------------------------------------

“Wanneer jy 15 minute vroeg is, dan is jy op tyd. Wanneer jy op tyd is, dan is jy laat en wil jy eintlik nie daar wees nie.
Onbekend

Hoe hanteer jy mense wie ‘n gewoonte daarvan maak om laat te wees? Ek dink, nee, ek weet dat mense wie ‘n gewoonte daarvan maak om altyd laat te wees, geen respek vir jou het nie. Dit is so belangrik om ter aller tye andere se tyd te respekteer want hulle tyd is in essesie ewe kosbaar as jou eie tyd, al besef jy dit dalk nie. Ek sukkel regtig om te verstaan hoe so baie mense nie kan begryp dat tyd lewe is nie. Dink daaroor na, die periode tussen jou geboorte en afsterwe word op jou grafsteen (of waar ookal) aangedui deur jare – jou lewensjare. Jare bestaan uit maande, wat bestaan uit weke, dae, ure, minute en sekondes. Wanneer jy 5 minute van my tyd mors deurdat ek vir jou moet wag, dan mors jy direk van my lewensjare. Verspilde tyd is verspilde lewe. Dit is vanuit hierdie platform dat ek stiptelikheid aanraak. Die volgende stukkie het op 11 Februarie 1902, in die “Wanganui Herald” (‘n Nieu-Seelandse koerantjie) verskyn, die skrywer is onbekend: “Stiptelikheid, my kinders, het die ou man gesê, is die dief van tyd. Vir my hele lewe lank was ek die slagoffer van die verderflikheid van stiptelikheid. Ek het jare van my lewe gemors deur op tyd te wees en dan te wag vir andere”. Ek hoop hierdie het so ‘n glimlaggie laat vorm om jou mondhoeke, en ja, dit is so waar wat daardie ou man te sê gehad het. Hoe baie lewenstyd word daar nie verspil deur vir andere te wag nie. Wanneer dit ookal gebeur kom die waarheid van die Franse uitdrukking so mooi na vore: “Die tyd wat ons iemand laat wag vir ons, gee hom/haar die tyd om te reflekteer oor ons tekortkominge.” Laat ons nie mense vir ons laat wag nie, wees eerder stiptelik. Lord Nelson skryf sy sukses daaraan toe dat hy altyd ‘n kwartuur voor ‘n afgesproke tyd opgedaag het. Charles Dickens meen ook dat hy nooit kon vermag het wat hy vermag het, as dit nie was vir stiptelikheid nie. Shakespeare het gesê dat dit beter is om drie ure te vroeg te wees, as een minuut te laat. Wees asseblief altyd stiptelik, dit is die regte ding om te doen, en dit sal wys dat jy andere se tyd respekteer tot dieselfde mate waartoe jy jou eie tyd respekteer.   

Selfdissipline is die basis van stiptelikheid
En stiptelikheid is altyd my beleid.
Kyk, jy maak my sommer mooi nors
Wanneer jy my laat wag en sodoende my kosbare lewenstyd mors.
b * a

Comments