Power & Authority / Mag en Gesag



“Nearly all men can stand adversity, but if you want to test a man's character, give him power.”
Abraham Lincoln

Power, not the one making all your electrical appliances to work, but the one giving you the ability or the right to control people or things. Let me start by saying that there is nothing inherently wrong with having power, but there is nothing right when you abuse that power. Is it then wrong to strive for power? It boils down to the point of how you use your power. Let’s take knowledge for example. Knowledge is power, it enables you to do good or bad. The clay of power is ultimately in your hands, you may mould it for the good or mould it for the bad. With people in positions of power, it is exactly the same. That power may be used to better the lives of people and the environment, or it can be used to abuse others and the environment. Gandhi says that the day the power of love overrules the love of power, the world will know peace. How very true, but it is Susan Schultz who said something very beautiful and very powerful. She said: “This life is yours. Take the power to choose what you want to do and do it well. Take the power to love what you want in life and love it honestly. Take the power to walk in the forest and be a part of nature. Take the power to control your own life. No one else can do it for you. Take the power to make your life happy”. Don’t use your power (whether it stems from the position you find yourself in, your status or wealth) to walk over others as that shoe in the picture does. I ask you today to make the view of Susan Schultz your own. 

Surely the power of love should overshadow the love of power,
Remember this by the hour.
Also always take the power you have to do good,
Towards yourself and others, I know I would.
b * a

------------------------------------- ∞ -------------------------------------

“Bykans almal kan teëspoed verdra, maar as jy iemand se karakter wil toets, gee hom/haar gesag/mag.”
Abraham Lincoln

Gesag (mag), hoe gereeld hoor ons nie van mense in posisies van gesag wie hul gesag misbruik nie. Dit is so waar wat Lincoln hier kwytgeraak het. Nou kyk, met die intrapslag kan ek sê dat daar inherent niks fout met gesag is nie. As jy die kapasiteit en reg het om beheer oor mense of dinge te uit te voer, doen dit so dat jy ‘n positiewe bydra maak en nie daardie posisie uitbuit nie. Daar waar jy vandag in jou stoel by die werk sit, of tuis waar jy as ouer gesag oor jou kinders uitoefen, of waar ookal, onthou – jy het ‘n morele verantwoordelikheid om jou gesagsposisie reg te laat geskied en dit nie te misbruik nie. Dit is nie verkeerd om te strewe na mag nie, al wat verkeerd kan wees is as jy daardie mag misbruik. Neem kennis as ‘n voorbeeld – kennis is mag. Die klei van kennis is altyd in jou hande, jy kan kies om goed of sleg daarmee te doen. Met mense in posisies van mag en gesag is dit dieselfde. Daardie mag en gesag kan aangewend word vir die beter van almal en alles, of net vir die ophef van die magsdraer self. Gandhi meen dat die wêreld vrede sal ken die dag wanneer die mag van liefde, die liefde vir mag oorheers. Hierdie is ‘n kragtige stelling, maar dit is Susan Schultz wie my diep in my binneste slaan met wat sy te sê het. Sy sê: “Hierdie lewe is joune. Vat die mag om te kies wat jy wil doen, en doen dit goed. Vat die mag wat jy het om wat ookal in die lewe lief te hê, en doen dit in ‘n opregte wyse. Vat die mag wat jy het en gaan loop tussen die bome en in die natuur en word deel daarvan. Vat die mag en gesag wat jy het om jou eie lewe te beheer, en beheer dit. Niemand anders kan dit namens jou doen nie. Vat die mag en gesag tot jou beskikking, en maak jou lewe gelukkig”. Moet NOOIT jou mag en gesag gebruik om oor andere te loop soos daardie skoen in die prentjie nie. Ek vra jou vandag, maak Susan Schultz se lewensuitkyk die van jou eie.

Die mag van liefde moet verseker die liefde vir mag oordonder.
Wil jy nou regtig nog hieroor sit en wonder?
Gebruik altyd jou posisie van mag om goed te doen,
Deur die mag van liefde kan ons die wêreld versoen.
b * a

Comments