Optimism / Optimisme



Choose to be optimistic, it feels better.”
Dalai Lama (XIV)

On May 23 and 27, I discussed pessimism and optimism. Let’s do it again! No, really, let us be more optimistic when it comes to talking about optimism! People who know me will know that I always refer to myself, not as a pessimist but rather a realistic optimist. Even though I speak out against the woes of the world, I still consider myself to be a very optimistic person. In this broken world, you need to be optimistic. There are enough broken things in this world that will push you completely into the sphere of pessimism. The Dalai Lama, as in our quote above, hits the target well, but so does Dietrich Bonhoeffer, who says that the essence of optimism is that it takes no account of the present, it is a source of inspiration, of vitality and hope where others have resigned; it enables people to hold their heads high, to claim the future for themselves and not to abandon it to their enemies. There you have it, and does that not sound much better than wallowing in a state of pessimism and despair? The point is, be positive because there is not much in this world that is stronger than a positive push and a smile. I want to conclude with a few words by Lucy Macdonald: “It’s not that optimism solves all of life’s problems; it is just that it can sometimes make the difference between coping and collapsing.” Let us follow the example of these great men, keep our heads pointed toward the sun and our feet moving forward, all the time. 

I will much rather vouch for optimism
and avoid all forms of pessimism.
To be an optimist does feel better,
and it will liberate you from pessimism’s fetter.
b * a

------------------------------------- ∞ -------------------------------------

Kies optimisme, dit voel baie beter.”
Dalai Lama (XIV)

Op onderskeidelik die 23ste en 27ste Mei het ek geraak aan pessimisme en optimisme. Kom ons doen dit weer, maar hierdie keer met ons primère fokus op optimisme. Nee, ernstig, kom ons wees bietjie meer optimisties as ek vra dat ons weer na optimisme kyk! Mense wie my ken sal weet dat ek na myself verwys as ‘n realistiese optimis, al kom dit soms voor dat ek pesimisties is vanweë die feit dat ek so uitvaar teen die gebroke menslike kondisie en die stukkende wêreld. In hierdie gebroke wêreld moet jy nou maar een maal strewe na optimisme… As jy dit nie doen nie, waarborg ek jou dat die onmin en onreg in die wêreld jou gou kan laat wegsink in die dryfsand van pessimisme. Die Dalai Lama, in ons aanhaling hierbo, tref die kol te mooi, maar so ook Dietrich Bonhoeffer as hy sê dat die die essensie van optimisme is om nie rekenskap te neem van die hier en die nou nie, dit is eerder ‘n bron van inspirasie, van lewenskrag en van hoop waar andere reeds opgegee het. Optimisme stel jou in staat om jou kop hoog te hou, om die toekoms vir jouself toe te eien en dit nie oor te gee aan jou vyand nie. Daar het jy dit nou, en klink dit nie veel beter as om in ‘n pessimistiese staat te verval en heeldag te sit en mor en kla nie? Die punt is, wees positief, daar is min dinge in die lewe wat sterker is as ‘n positiewe hupstoot en ‘n glimlag. Ek wil graag afsluit met ‘n paar woorde van Lucy Macdonald: “Dit is nie dat optimisme al die probleme van die lewe gaan oplos nie, dit is net dat dit somtyds die verskil kan maak tussen kop hou en ineenstort.” Laat ons die raad van hierdie groot name volg, hou jou oë gerig op die son, en hou jou voete vorentoe beweeg. 

Vir optimisme sal ek altyd my stem dik maak
en alle vorme van pessimisme vermy.
‘n Gemor en gekla is iets wat my min traak,
Dit is my fokus op die positiewe wat my hart verbly.
b * a

Comments