“Anger and intolerance are the enemies of correct understanding.”
Mahatma
Gandhi
One of the
greatest problems in the world is intolerance. The
Austrian-British philosopher, Sir Karl Popper, had much to say in this regard
when he referred to the paradox of tolerance:
Unlimited tolerance must lead to the disappearance of tolerance. If we
extend unlimited tolerance even to those who are intolerant, if we are not
prepared to defend a tolerant society against the onslaught of the intolerant,
then the tolerant will be destroyed, and tolerance with them. It is therefore
important that intolerant philosophies be countered by rational argument, or if
necessary, even by force (in the event of rational argumentation failing).
Popper says that we should claim, in the name of tolerance, the right not to
tolerate the intolerant. This is a paradox indeed, as depicted in the artwork
for the day. We should claim that any movement preaching intolerance places
itself outside the law, and we should consider incitement to intolerance as
criminal, in the same way as we should consider incitement to murder, or to
kidnapping, or to the revival of the slave trade, as being criminal. Strong
words but I stand behind every single word he says. We have to learn to be more
tolerant of other people’s religions, philosophies, and cultures – but as
I always say, as long as these do not suppress or hurt other people or things
on this planet.
Can you
remember the last time,
you
showed some tolerance
towards
someone falling outside your niche of existence?
Come
on! Intolerance is nothing else than a crime.
b * a
-------------------------------------
∞ -------------------------------------
“Aggressie en onverdraagsaamheid is die vyande van korrekte begrip.”
Mahatma
Gandhi
Een van die
grootste probleme in die wêreld is onverdraagsaamheid. Ons sien dit tussen
nasies en in regerings en grotendeels in verhoudings. Almal kan nie soos jy
wees nie, daar is diversiteit tussen mense, derhalwe die noodsaaklikheid vir
verdraagsaamheid. Die Brits-Oostenrykse filosoof, Sir Karl
Popper, het baie geskryf oor na wat verwys word as die paradoks van
verdraagsaamheid:
Onbeperkte
verdraagsaamheid moet uitloop op die verdwyning van onverdraagsaamheid. Wanneer
ons onbeperkte verdraagsaamheid verleng na diegene wie onverdraagsaam is,
wanneer ons bereid is om ‘n verdraagsame samelewing te beskerm teen die aanslae
van die onverdraagsames, dan sal onverdraagsaamheid uitgewis word, maar as ons
dit nie doen nie, sal verdraagsaamheid ‘n aaklike dood sterf. Dit is daarom dan
so belangrik dat onverdraagsame filosofieë teengestaan word met rasionele argumente,
of, indien nodig, selfs met geweld (wanneer rasionele argumentering misluk).
Popper meen dat ons in die naam van verdraagsaamheid, ‘n aanspraak moet maak op
die reg om nie onverdraagsames te verdra nie. Dit is inderdaad ‘n paradoks. Ons
moet ‘n aanspraak daarop maak dat enige beweging wat onverdraagsaamheid preek, ditself
buite die kader van die wet plaas. Ons moet enige aanhitsing tot
onverdraagsaamheid as krimineel beskou, net soos wat ons enige aanhitsing tot
moord of verkragting of aanranding in die wet as krimineel klassifiseer. Sterk
woorde maar ware woorde. Ons moet regtig leer om meer verdraagsaam te wees met
ander mense se geloofsoortuigings, filosofieë en kulture – so lank as wat dit
(soos ek altyd sê) nie ander mense of dinge skade berokken nie. So, as jy
onverdraagsaam teenoor iets of iemand is, herbedink jou onverdraagsaamheid.
Hoe
gereeld toon jy verdraagsaamheid
Teenoor
iemand wie buite die grense van jou bestaan val?
Ons weet
die lewe is een lang stryd,
Waarom verdra
ons dan onverdraagsaamheid se gal?
b * a
Comments
Post a Comment