Integrity again / Integriteit weereens



“Integrity is the essence of everything successful.”
Richard Buckminster Fuller

What happened on 20 March 2019? I will tell you – we discussed INTEGRITY. What happens today is that I will look at it again because we can always find some time to reflect on our level of integrity, is it not? The word integrity evolved from the Latin word integer, meaning whole/complete. It is defined as the quality of being honest and having strong moral principles and the state of being whole and undivided. I don’t question your memory span but I do insist that you read this again... yes, honesty, strong morals and wholeness, without being in a divided and fragmented state. The 17th-century French poet & playwright, Jean-Baptiste Poquelin, better known as Moliere, said that if only everyone were clothed with integrity, if only every heart were just, frank and kind, then the other virtues would be well-night useless since their chief purpose is to make us bear with patience the injustice of our fellow human beings. Maybe the French philosopher, Albert Camus, leaned on Moliere when he said that Integrity has no need of rules. According to Dwight Eisenhower, unquestionably integrity is supposed to be the supreme quality for leadership. Without it, he says, no real success is possible, no matter whether it is on a section gang, a football field, in an army, or in an office. Oprah Winfrey also added her view regarding integrity. She says that real integrity involves doing the right thing, irrespective if others know whether you did it or not. So, integrity telling yourself the truth, while honesty is telling the truth to others. If you lose your integrity, you will lose your identity, your sensitivity, your dignity. Integrity is honesty, modesty and security in all kinds of weather. As such, integrity should be our priority! Don’t let the following be the case:



This inner sense of wholeness
that integrity supposedly give,
is something whereby we should live,
rather than staring into an abyss.
b * a

------------------------------------- ∞ -------------------------------------

“Integriteit is die essensie van alles wat suksesvol is.”
Richard Buckminster Fuller

Wat het op 20 Maart 2019 gebeur? Ek sal jou vertel: Ons het INTEGRITEIT bespreek. Wat gebeur vandag? Jip, ons doen dit weer want ons kan regtig maar altyd ‘n ou tydjie afknip om iets so belangriks soos integriteit te bespreek en daarop te reflekteer. Die woord integriteit is ontleen van die Latynse woord integer, wat beteken kompleet/heel. Onthou jy nog in wiskunde daardie kompleet of heel nommers – die “integers” waarmee jy so gesukkel het? Voilà, daar het jy dit. Integriteit word derhalwe gedefinieer as ‘n kwaliteit wat eerlikheid, sterk morele beginsels, en die staat van kompleetheid en onverdeeldheid omvat. Ek bevraagteken nie jou korttermyn geheue nie, maar lees asseblief tog maar weer die definisie... ja, eerlikheid, ‘n sterk moraliteit en kompleetheid, sonder enige verdeeldheid en gefragmenteerdheid. Kom ons kyk na wat groot name hieroor te sê gehad het. Die 17de-eeuse Franse digter en toneelskrywer, Jean-Baptiste Poquelin, beter bekend as Moliere, meen dat as almal geklee kon wees met integriteit, as elke hart opreg, openhartig en vriendelik kon wees, dan sou al die ander deugde in die lewe nutteloos gewees het. Dalk het die Franse filosoof Albert Camus op Moliere gesteun toe hy gesê het dat integrity geen behoefte aan reëls het nie. As jy integriteit het, volg alle deugde vanself! Volgens Dwight Eisenhower is onbevraagtekenbare integriteit veronderstel om die hoogste kwaliteit van enige leier te wees. Let wel, “veronderstel”… Sonder integriteit is ware sukses nie moontlik nie, maak nie saak of jy aan treinspore werk, op die rugbyveld speel, in die weermag dien of in ‘n kantoor sit nie. Oprah Winfrey het ook haar seining oor integriteit. Sy sê dat ware integriteit behels dat jy die regte ding doen, ongeag of iemand jou dit sien doen of nie dit sien doen nie. So, integriteit is dan om eerlik met jouself te wees, terwyl eerlikheid behels om eerlik met andere te wees. ‘n Verlies aan integriteit is ‘n verlies aan jou identiteit, jou sensitiwiteit, jou waardigheid. Integriteit is derhalwe eerlikheid, ingetoënheid en ‘n sin van sekuriteit in alle tipes van weer. As sulks behoort integriteit ons primêre prioriteit te wees! Moet asseblief nie dat jy met die volgende gekonfronteer word nie:



Die innerlike konsep van kompleetheid
Wat ons van integriteit kan verkry,
Is beskore vir elkeen, vir jou en vir my,
Al wat dit verg is om dit deel te maak van jou lewensbeleid.
b * a

Comments