“By
giving away we feel rich; by hoarding, we feel poor.”
Debasish
Mridha
Enough of
loneliness, abandonment and suffering, for today we make ourselves rich, richer
than kings, and we do that by giving away all that unnecessary things that we
collected over the years. Can you recall that I mentioned in my discussion on “Helping
Others” that we have two hands? Yes, one for helping others and one for helping
ourselves? Well, Billy Graham also says that we have two hands, one for
receiving, and one for giving. There is however a problem because people tend
to receive and gather, rather than to give away. We get so attached to things,
but people should start to realise that we are not containers made for hoarding
but channels made for sharing. Having possessions is important, nobody said you
must go and live in a cave with only a knife, matches, pot and a blanket… The
problem arises when your gathering of things start to border on an unhealthy
psychological disorder, characterized by the persistent difficulty to discard
or part with possessions. Let me just add something, I also include
psychological hoarding. This refers to people’s hoarding of praise and being the
centre of attention, and their struggle and inability to give praise and
acknowledgement to others. Why, do I ask you, are so many people genetically predisposed
to live the life of a pack rat? Do they fail to understand the purpose of life?
Hoarding is in its entirety harmful to one’s emotional, physical, social and
even financial well-being. It also gives you a false sense of being and status.
Yes, it is very likely that you use your quantity of collected items to set you
apart from other people with normal collecting behaviour. How do you, with your
ten pairs of shoes, nine pieces of denim and eleven dresses, perceive a person who only
has a few of these? Do you feel superior? Does that make you a better person
if you have more? If you answer yes to any of these, then you should reassess your foundation for goodness, and then reassess what you have. Remember,
the more things you have, the less you possess yourself. It is only when you
start giving away, that you will possess yourself more freely. Change the: I
want, I want, I want… Me, Me, Me… to a more giving attitude. Here are a few
pointers to start reassessing your behaviour when it comes to gathering things. Start
slow and start tossing out unused items; donate these to someone who may find
it useful. Stay away from flea-markets or garage sales, which are great places
to feed your hoarding hunger. Learn to say no when tempted to buy unnecessary
things; question the rationale behind any hoarding tendency. Learn to organize your
stuff better, then you will know what you have and don’t have.
It may be rewarding
if you scale down on hoarding.
Rather practice normal collecting behaviour
then you know you will most likely not err.
b * a
-------------------------------------
∞ -------------------------------------
“Dit is
deur weg te gee, dat ons ryk voel; dit is deur opgaar dat ons arm voel.”
Debasish
Mridha
Genoeg
nou eers van eensaamheid, versaking en swaarkry, want vandag word ons ryk, ryker
as konings… En hoe doen ons dit, wonder jy. Wel, deur al die oorbodige en
onnodige dinge weg te gee wat ons oor die jare heen versamel het, maar ook deur
van onsself te gee. Kan jy onthou dat ek in my bespreking oor “’n Helpende Hand”
(3 Junie) daarna verwys het dat ons twee hande het? Een om onsself mee te help
en een om andere mee te help. Wel, Billy Graham is ook van mening dat ons twee hande
het, een vir gee en een vir ontvang. Daar is egter ‘n kinkel in die kabel want
soveel mense verkies om eerder te ontvang, op te gaar en vir hulself te gee, as
om vir andere te gee. Mense raak so verknog aan hul besittings en is vas
daarvan oortuig dat hulle houers is wat volgemaak moet word. Ons is egter nie
houers nie maar eerder kanale vir deelsaamheid. Is “gee” dan nie ingeskryf in
die term “OMGEE” nie? Kyk, dit is belangrik om besittings te hê. Niemand het
gesê jy moet ‘n pot, ‘n kombers, vuurhoutjies en ‘n mes vat en iewers in ‘n
grot gaan woon nie. Net so terloops, daardie tyd is lank reeds agter ons. Nee,
dit gaan oor balans en insig. Die wanbalans kom in werking wanneer jou opgaardery
begin grens aan ‘n ongesonde sielkundige afwyking (jip, daar is ‘n siekte
daarvoor) en jy sukkel om jouself los te maak van aardse besittings. Laat ek
net ‘n klip in die bos gooi, ek verwys ook na sielkundige opgaring. Daar is
diegene wie sukkel om aanprysing te gee, ‘n helpende hand te gee, om net te
gee, mense wie veel eerder die middelpunt van belangstelling wil wees en net
wil tap en suig en suig en hê en hê. Waarom, vra ek jou, is so baie mense
geneties geneigd om die lewe van ‘n rotteresies te leef? Hulle jaag van die een
besitting na die ander. Verstaan hulle nie waaroor die siklus van die lewe gaan
nie? Gedrag soos hierdie is gladnie gesond vir die mens se emosionele, fisiese,
sosiale en finansiële welstand nie. Die opgaar van dinge kan jou ook ‘n
absolute valse sin van status gee. Ja, dit is hoogs waarskynlik dat jy jou
opgegaarde besittings gebruik om jouself op ‘n sosiale vlak te plaas wat
verskil van andere wie “nomale” opgaar gedrag toon. Hoe sien jy, jy met jou
tien pare skoene, nege denims en elf rokke, iemand anders wie net ‘n paar van
hierdie het? Voel jy verhewe bo daardie persoon? Maak dit jou ‘n beter persoon
omdat jy meer het as iemand anders? Indien jy bevestigend op hierdie antwoord
dan dink ek dit is tyd dat jy jou fondasie van “goed wees”, herbedink. Dit is
jou standaarde wat jou ‘n goeie mens maak, nie jou besittings nie. Onthou, hoe
meer dinge jy het, hoe minder besit jy jouself. Dit is slegs wanneer ons
ontslae raak van die dinge wat ons terughou, dat ons onsself meer vrylik kan
besit. Verander maar die: Ek wil hê, Ek wil hê, Ek wil hê … Ek, Ek, Ek … na ‘n
meer uitreikende en vrygewige jy. Hier is ‘n paar dingetjies wat jy kan oorweeg
om jou opgaar neigings hok te slaan. Begin by ‘n punt, vat dit stadig en gooi
daardie ongebruikte items uit. Skenk hierdie items aan iemand behoeftig. Bly
weg van vlooimarkte en straatverkope, want sulke plekke is puik ruimtes om jou
koop honger te stil. Leer om nee te sê wanneer jy in die versoeking kom om iets
te koop wat absoluut onnodig is. Bevraagteken altyd die logika agter opgaar
neigings. Leer ook om jou goed beter te organiseer, want dan sal jy weet wat jy
het en wat jy nie het nie.
As jy minder opgaar
Raak jou geld ook dalk stadiger klaar.
Dink mooi daaroor na voor jy iets onnodigs koop
Onthou net, wanneer jy sterf word jy van al jou
besittings gestroop.
b * a
Comments
Post a Comment