Forgiveness / Vergifnis



“The weak can never forgive. Forgiveness is the attribute of the strong.” 
Mahatma Gandhi

You may recall that I touched on apologizing, well, today I will touch on its ally, which is forgiveness. It is difficult to forgive, you may admit that. Nonetheless, I still don’t know why people struggle to forgive not only others but also themselves. Martin Luther King Jr. said that darkness cannot drive out darkness; only light can do that. Hate cannot drive out hate; only love can do that. If we forgive and we learn to love, then hate and darkness will neither be part of our lives, nor be able to rule it. He says that we must develop and maintain the capacity to forgive. He who is devoid of the power to forgive is devoid of the power to love. There is some good in the worst of all of us and some evil in the best of us. When we discover this, we are less prone to hate our enemies. So, forgiveness is a choice, it is not a feeling. Mahavira (also known as Vardhamāna) wrote more than 2500 years ago that anger begets more anger, and that forgiveness and love lead to more forgiveness and love. If only humanity as a whole could grasp (and exercise) this truth? It will be a miracle if we do. His words are true, words that should make us think deeply about our own position with regard to our level of forgiveness. Embrace the gift of forgiveness, and let love, compassion and forgiveness be an integral part of your daily life.

One truth is this,
we struggle very hard when it comes to forgiveness.
You have to learn to forgive others and yourself,
therein lies a world of wealth.

------------------------------------- ∞ -------------------------------------

“Diegene swakkes kan nooit vergewe nie. Vergifnis is ‘n attribuut van diegene wie sterk is.” 
Mahatma Gandhi

Jy mag onthou dat ek in ‘n vorige gesprek geraak het aan verskoning vra, wel, vandag wil ek raak aan verskoning se bondgenoot – vergifnis. Dit is moeilik om te vergewe, erken dit maar. Die dat Gandhi sê dat vergifnis vir die sterkes is – jy moet sterk wees om te kan vergewe. Hoe dit ookal sy, dit gaan steeds my verstand te bowe waarom mense so sukkel om andere (en hulself) te vergewe. Hou kop, ek sê nie VERGEET nie, ek sê VERGEWE. Martin Luther King Jr. meen dat duisternis nie duisternis kan uitdryf nie, slegs lig kan dit doen. Dink daaroor na, duisternis kan nie eens lig uitdryf nie. die punt is, haat kan nie haat uitdryf nie, slegs liefde kan dit doen. Wanneer ons vergewe en leer om lief te hê, kan duisternis en haat nie ons lewens regeer nie. King vra dat ons die kapasiteit om te vergewe moet ontwikkel en onderhou. Wie ookal sonder die krag van vergifnis is, is ook sonder die krag van liefde. Vergifnis en liefde loop tog hand aan hand… Onthou net, daar is ‘n bietjie sleg in die beste van ons almal, net soos wat daar ‘n bietjie goed in die slegste van ons almal is. Wanneer jy dit eendag besef, sal jy minder daartoe geneigd wees om jou “vyand” (wat ons nie eintlik wil hê nie) te haat. So, vergifnis is ‘n keuse, nie ‘n gevoel nie. Jy besluit om dit te doen, en jy doen dit! Mahavira (ook bekend as Vardhamāna) het meer as 2500 gelede gesê: woede genereer meer woede, vergifnis en liefde lei tot meer vergifnis en liefde. As die mensdom in sy geheel maar net hierdie waarheid kan begryp (en dit beoefen)! Dit sal inderdaad ‘n wonderwerk wees wanneer dit eendag gebeur. Mahavira se woorde is so waar, dit is woorde wat ons regtig maar kan oordink en weer oordink. My versoek aan jou vandag is om die geskenk van vergifnis te omhels en toe te laat dat liefde, ontferming en vergifnis ‘n integrale deel van jou daaglikse lewe sal wees.

Een ding is gewis,
Ons sukkel as dit kom by vergifnis.
Leer om andere en jouself te vergewe,
Maak hierdie ‘n integrale deel van jou lewe.

Comments