“To get
the full value of joy you must have someone to divide it with.”
Mark
Twain
What do
we call that good feeling that comes from being with someone else? Yes:
companionship, and please do not confuse this with “relationship”. The
etymology of the word “companion” is one that I often share with people, and I
will also share it with you here. Bread in Latin is panis, and the
prefix “com-” in Latin means “with, together”. The word companion
therefore literally means someone with whom you break bread. Isn’t that a
beautiful description? Amelia Earhart says that the more one does and sees and
feels, the more one is able to do, and the more genuine may be one's
appreciation of fundamental things like home, and love, and understanding
companionship. Choosing and having good companions is therefore of extreme
importance. If you surround yourself with good companions, you will have good
guidance and encouragement. This will not be the case when you keep company
with bad ones. It is also good to have companionship with individuals unlike
yourself, who care little for your pursuits, and whose sphere and abilities are
beyond your appreciation. This, says Nathaniel Hawthorne, may contribute
greatly towards your moral and intellectual health. If your companion is a loved one, so much
more the better. Bertrand Russell said that those who have never known the deep
intimacy and the intense companionship of happy mutual love have missed the
best thing that life has to give. The feeling of fellowship is soothing and
will fill any feeling of loneliness. So, it does not matter whether you
experience a sense of companionship with a friend, family member or romantic
partner, that feeling of closeness is so important for your well-being. Yes,
studies have shown that those who lack companionship are more likely
to fall victim to mental and physical illnesses. Friends and companions
are important for more than just their physical presence in your
life. They help your body resist illness and keep your mind sharp. And they
help combat loneliness, of course. I hope you have a companion or two in your
life…
Don’t
let slip,
the importance of good companionship.
the importance of good companionship.
In
companionship you break the bread together,
through kind and stormy weather.
through kind and stormy weather.
b * a
-------------------------------------
∞ -------------------------------------
“As jy
die volle waarde van vreugde wil geniet, dan moet jy iemand hê om dit mee te deel.”
Mark
Twain
Wat noem
ons daardie gevoel wat by mens opkom wanneer mens saam met iemand besonders is?
Ja: kameraadskap, en vir die doeleindes van hierdie gesprek vra ek dat jy dit
asseblief nie sal verwar met “verhouding” nie. Die Engelse woord vir
kameraadskap is companionship. Die etimologie
van die woord “companion” is iets wat
ek gereeld met andere deel, soos wat ek dit ook nou hier sal doen. Brood in Latyns
is “panis”, en die Latynse voorvoegsel “com-” beteken “saam”. Die
woord “companion” beteken dan
letterlik “iemand saam met wie ek brood breek (eet)”. Is dit nie pragtig nie? Amelia
Earhart sê dat hoe meer ons doen en sien en voel, hoe meer opreg sal ons
waardering wees vir die fundamentele dinge soos jou huis, liefde en die begrip
vir kameraadskap. Dit is so belangrik om goeie kamerade te kies en te hê. Wanneer
jy jouself omring met kamerade van formaat, kan hulle ‘n bron van goeie leiding
en bemoediging vir jou wees. Nathaniel Hawthorn sê dat dit raadsaam is om
kamerade te hê wie nie soos jy is nie, individue wie min omgee vir jou strewes,
en wie se kapasiteite nie binne jou belangstelling val nie. Dit, sê hy, kan
grootliks bydra tot jou morele en intellektuele gesondheid. Indien jou kameraad
jou geliefde is, soveel te beter. Bertrand Russell sê dat diegene wie nie die intimiteit
en die intense kameraadskap van wedersydse liefde ervaar het nie, het die beste
wat die lewe kan offer, misgeloop. Die gevoel van kameraadskap is strelend vir
die siel en sal enige leemte van eensaamheid vul. So, jou kameraadskap mag een
wees met ‘n vriend, familielid, of romantiese metgesel, dit maak nie saak nie,
weet net dat daardie gevoel van deelsaamheid en naby-wees, so belangrik vir jou
welstand is. Ek wil net bysê, studies het gevind dat diegene wie geen
kameraadskap het nie, meer ontvanklik daarvoor is om ‘n slagoffer te word van
psigiese en fisiese ongesteldhede. Vriende en kamerade is belangrik vir meer as
net hul fisiese teenwoordigheid in jou lewe. Hulle help inderdaad om jou denke
skerp te hou en jou liggaam gesond te hou, en natuurlik om eensaamheid die hok
te slaan. Ek hoop en vertrou jy het ‘n kameraad of twee in jou lewe…
Moet
nooit die waarde van ‘n kameraad
onderskat
nie… Dit mag jou later in die rug steek.
Eendag,
wanneer jy alleen sit op straat,
sal jy wens jy het iemand gehad om mee brood te breek.
sal jy wens jy het iemand gehad om mee brood te breek.
b * a
Dit is waar
ReplyDeleteDankie vir die opmerking, ek waardeer.
Delete