Wealth / Rykdom


“The greatness of a man is not in how much wealth he acquires, but in his integrity and his ability to affect those around him positively.”
Bob Marley

Wealthy people and wealth itself is desired by many but also seen by many as a negative state of affairs. I personally have no problem with wealth except with regard to how that wealth is utilized. I mean, if I am wealthy I will plant millions of trees, build places where people can be taught skills, and I will use my wealth to uplift humanity and not to impress other people by buying a lot of possessions and hanging a lot of gold chains around my neck. As Marcus Aurelius said, the only wealth which you will keep forever is the wealth you have given away. In this regard, I also agree with Bob Marley’s statement in its entirety. Socrates once said that he is richest who is content with the least, for content is the wealth of nature. The Buddha said something similar, that health is the greatest gift, contentment the greatest wealth, and faithfulness the best relationship. Remember, wealth is not something that is eternal. Euripides said that wealth stays but a short time with us, if any. It is rather character that is more steadfast than any gold. If you are wealthy, how do you spend your wealth? If you are not wealthy, and it happens that one day you become wealthy, then how will you spend your wealth? Some comments on this will be nice. Think about all the good you can do. I believe it is much better to leave the world in a better state than you found it, that is what makes one wealthy far beyond the possession of anything else.


With a lot of wealth,
you can help many others.
Unfortunately so many only think of the self
Thereby showing their true colours.

------------------------------------- ∞ -------------------------------------

“Die grootheid van ‘n mens is nie te vinde in hoe ryk hy/sy is nie, maar in sy/haar integriteit en kapasiteit om diegene om hom/haar op ‘n positiewe wyse aan te raak.”
Bob Marley

Baie mense wil ryk wees, wil graag die lewens leef van diegene wie alles en nog meer het. Sommige mense dink weer dat rykdom, en om soos die super rykes te leef, nie iets is wat begeerlik is nie. Wel, persoonlik het ek geen probleem met enigiemand wie skatryk is nie, maar ek het wel ‘n probleem met hoe meeste van hulle hul rykdom spandeer. Ja ek weet, dit is hulle s’n en hulle kan maak daarmee wat hulle wil, maar a-nee-a, is daar enige logika daarin om ‘n 27 verdieping huis te bou in die middel van ‘n Indiese krotbuurt waar mense sonder kos gaan slaap? As ek super ryk was, het ek miljoene bome laat plant; ek sou sentrums bou waar mense gratis vaardighede geleer kan word, en ek sal sorg dat wanneer ek my kop eendag neerlê, ek soveel as moontlik gedoen het om die wêreld ‘n beter plek te maak. Met my rykdom sal ek die samelewing optel en dit nie gebruik om andere te beïndruk met al my huise, vliegtuie, karre en “bling” nie… Marcus Aurelius het eens opgemerk dat die enigste rykdom wat jy ooit sal kan hou, daardie rykdom is wat jy weggee. Natuurlik is Bob Marley se aanhaling hierbo ook goed hier van pas. Socrates het ook eens gesê dat hy/sy die rykste is wie tevrede is met die minste, want tevredenheid, meen hy, is die rykdom van die natuur. Die Buddha was ook van die opinie dat gesondheid die grootste geskenk is, tevredenheid die grootste rykdom is, en getrouheid die beste verhouding is. Ja goed, maar ons hoef nie altyd met die minste tevrede te wees nie. Soos ek genoem het, dink net watter verskil ons kan maak as ons meer het. Hou net in gedagte dat rykdom nie ewigdurend is nie. Euripides sê dat rykdom maar net ‘n kort rukkie vir jou kom kuier. Dit is eerder karakter wie permanent kom afpak en bly en meer werd is as al die goud in die wêreld. As jy baie ryk is, hoe spandeer jy jou geld? Indien nie, verbeel jouself jy is, hoe sal jy dan al jou rykdom uitgee, indien enig? Dink aan al die goeie dinge wat jy kan doen. Kommentaar hieroor sal waardeer word. Ek dink dit is veel beter om die wêreld in ‘n beter toestand te los as waarin jy dit gekry het. Dit is wat jou ryker as enige ander aardse besittings gaan maak.

Met hope rykdom,
Sal ek so ‘n verskil kan maak.
Vir baie rykes is dit iets wat hulle nie eintlik traak,
Maar ek glo, wat jy uitdeel sal na jou toe terugkom...



Comments