“It isn't life that matters! It is the
courage you bring to it.”
Hugh Walpole
Life does indeed matter! What’s wrong with you
Walpole? Well, the question I will be asking you today, is: Where does your courage
proceed from? Does it proceed from vanity, fanaticism, pride, insensibility, or
maybe anger? Courage may proceed van various facets, but what is courage? The
Hungarian novelist and essayist, George Konrád, says that you take a few small
steps which you believe are right, and then you wait. If there is no reaction,
you take another step: courage, to him, is only an accumulation of small steps.
Courage may also entail doing without witnesses what you would be capable of
doing while the world is looking on. Nonetheless, many people consider courage to
be the resistance to fear, the mastery of fear, and not the absence of fear. This
brings me to my main point – courage does not only lie in your acts, but more
so, in your thinking. The motto of the enlightenment read: Sapere Aude! It
meant: Have the courage to use your own
intelligence, your own understanding. I appeal to you to have the courage
to think for yourself, and to have the courage to do and say whatever you want
to do and say, as long as it is moral and ethical and not hurtful to others.
Tender-handed stroke a nettle,
And it stings you for your pains;
Grasp it like a man of mettle,
And it soft as silk remains.
And it stings you for your pains;
Grasp it like a man of mettle,
And it soft as silk remains.
Aaron Hill
-------------------------------------
∞ -------------------------------------
“Dit is nie die lewe wat saak maak nie! Dit
is die moed en dapperheid wat jy daarheen bring.”
Hugh Walpole
Nee, komaan Hugh, natuurlik maak die lewe saak, maar
toemaar, ons verstaan wat jy prober sê. Die vraag op my lippe vandag, is die
volgende: Vanwaar bekom jy jou moed om dinge te doen? Spruit dit voort uit
verwaandheid (ydelheid), fanatisme, trots, gevoelloosheid, woede of dalk vanuit
‘n gesonde oordeel? Die punt is, dapperheid en moed mag voortspruit vanuit vele
fasette, maar wat is moed? Die Hongaarse skrywer, George Konrád, meen dat moed
as volg werk: jy neem ‘n paar treetjies, treetjies wat jy glo die regte treetjies
is, en dan wag jy. As daar geen reaksie op jou treetjies is nie, dan neem jy
nog ‘n paar – moed en dapperheid is derhalwe niks anders nie as die opeenhoping
van treetjies.
Moed en dapperheid mag ook met iets anders te make hê.
As jy vreesloos genoeg is om dit te doen wat jy doen wanneer niemand kyk nie, ook
te doen wanneer almal kyk, dan word jy geag dapper en vol moed te wees. Dapperheid
is egter nie net die afwesigheid van of weerstand teen vrees nie, maar ook die
te bowe kom daarvan. My laaste punt, en sekerlik die belangrikste punt wat ek
wil maak, is dat moed en dapperheid nie net te vinde in optrede is nie, maar
veel eerder te vinde is in jou durf en daad om jou denke te gebruik. Die
slagspreuk van die Verligtings Era het gelui: Sapere Aude! Dit beteken: Wees dapper om jou eie intelligensie en
begrip te gebruik. My versoek is eenvoudig – mag jy genoegsame moed en
dapperheid hê om vir jouself te dink en om sonder vrees te doen en te sê wat jy
ookal wil, solank wat jy doen en sê nie andere leed berokken nie.
Sapere Aude! Dit is steeds ‘n gepaste
leuse.
Al wat jy hoef te doen is – maak die keuse!
Wees gevul met moed en dapperheid,
want in goeie tyd, maak ons hierdie wêreld weer goed.
Wees gevul met moed en dapperheid,
want in goeie tyd, maak ons hierdie wêreld weer goed.
Comments
Post a Comment