Motherhood: All love begins and ends there.
Robert Browning
I have a problem with Mother’s Day! I have a problem
with Father’s Day. I have a problem with Valentine’s Day, Secretary Day, Earth Day
and every other celebratory day in this fashion! No, I am not a problem, I just
see things differently from how others perceive it.
First of all, what is the essence of being a mother,
and why do we celebrate Mother’s Day? Let me start by saying that women don’t attend
special mother-schools to learn how to become mothers. Bearing children is a
natural thing, any woman (with an intact uterus) can do that, but that does not
imply every woman is a mother. Motherhood, to me as a man, involves a deep
calling, it is all about the compassion and unconditional love she shows to her
children, but also, for always being there, always willing to listen and to
give a hug and to console, but also to be strict, where necessary. Yes, mothers
always make time to ensure their children feel special, is it not? It is also
mostly the mothers (again according to my view) from whom we learn our morals
and ethics, our knowledge and other values. They are the ones who show resourcefulness
and resilience in times of misery.
Today I want to bow my knee and honour all the mothers
out there. It is YOU who brings us into this world with much pain, effort and
labour. That labour does not only last nine months, it continues through life,
because mothers continue to worry
about us, and care and nurture us for the rest of our lives. As mothers you
will always be super special, not simply because of your ability to give birth,
but because you raise us with that love, a selfless love, and with all the sacrifice,
care, dedication and devotion to put behind it.
So, why do I have a problem with Mother’s Day and all the other days I
mentioned? I have a problem because most mothers, fathers, secretaries, lovers,
the earth, etc. are only remembered and celebrated once a year, on these days. My
question is, do you respect, honour and love your mother on the remaining 364/5
days of the year? Are today and any other celebratory “DAY”, only a day for you
to cuddle your conscience and get behind you as part of an obligation? If so, then
take my advice, don’t celebrate Mother’s Day today! If you fail to understand the
importance and significance of your mother in this life, every day, then please
do not be a hypocrite and bluff your mother with a materialistic gift. Rather
give from your heart, every day of the year, for if you wait until next year,
she may not be here anymore.
To conclude: Celebrate your mother every single day, make Mother’s Day a
365/6 day affair – from your heart, not from obligation.
Hear this, sister and
brother…,
what is it you want from your
mother
For me, what’s more than
enough,
is her unending unconditional
love…
-------------------------------------
∞ -------------------------------------
Moederskap: Alle liefde begin en eindig daar.
Robert Browning
Ek het ‘n probleem met Moedersdag! Ek het ‘n probleem met
Vadersdag! Ek het ‘n probleem met Valentynsdag, Sekretaressedag, Aardedag, en
elke liewe ander dag wat in hierdie opsig “eerbiedig” word. Dit is nie omdat ek
‘n probleem het nie, dit is bloot omdat ek dinge ander as andere sien.
Eerstens, wat is die essensie van moederskap, en
waarom vier ons Moedersdag? Laat ek begin deur dit duidelik te maak dat vrouens
en meisies nie spesiale moeder-skole bywoon ten einde te leer hoe om volwaardige
moeders te wees nie. Om kinders in die lewe te bring is ‘n natuurlik proses, en
enige meisie of vrou wie se baarmoeder in werkende toestand is, kan dit
bemeester. Die kuns is egter MOEDERSKAP. Vir my, as ‘n man (asof dit enigsinds ‘n
deurslaggewende faktor is), behels moederskap ‘n diepe roeping. Moederskap gaan
vir my oor die deernis en ontferming, die onvoorwaardelike liefde wat daardie meisie/vrou
vir haar kind gee. Dit gaan vir my ook om die feit dat sy altyd daar is, altyd
gewillig is om te luister en ‘n drukkie van troos, maar ook ‘n skrobering te
gee waar en wanneer nodig. Moeders maak mos altyd tyd om hul kinders spesiaal
te laat voel, is dit nie? Dit is ook meestal van ons moeders (weereens my
siening) van wie ons moraliteit, etiek, kennis en waardes leer. Hulle is
diegene wie ook, in tye van druk en swaarkry, besonderse vernuf en vindingrykheid
aan die dag kan lê.
Vandag wil ek my knie buig in eerbied vir elke liewe
moeder daar buite. Dit is JULLE wie ons in hierdie wêreld bring. Julle doen dit
met baie pyn en moeite en arbeid. Daardie arbeid eindig egter nie na 9 maande
nie, want julle hou aan om te arbei vir ons deur die res van julle lewens, en
julle doen dit deur julle bekommernis oor ons welstand, julle besorgdheid en
julle opvoeding. As moeders sal
julle altyd ekstra spesiaal wees, nie net vanweë jul kapasiteit om geboorte te
skenk nie, maar ook vanweë jul gewilligheid om ons groot te maak met liefde, onselfsugtige
liefde, en omdat julle so baie opoffer en soveel besorgdheid en toewyding agter
daardie liefde sit.
So, om terug te kom by die punt, waarom het ek ‘n probleem met Moedersdag
en elke ander dag soos hierdie? Is dit omdat ek ‘n slegte moeders-ervaring
gehad het. ABSOLUUT NIE – my Ma is die beste! Ek het ‘n probleem met hierdie
dae omdat meeste moeders, vaders, sekretaresse, verliefdes, die planeet, ensomeer,
net een dag per jaar daardie spesiale aandag ontvang waarop hulle eintlik elke
dag geregtig is. My vraag is, respekteer jy jou ma, eer jy haar, en gee jy haar
die liefde wat haar toekom, op die oorblywende 364/5 dae van die jaar? Is vandag
en enige ander dag van viering, slegs ‘n “DAG” wat uitgesit is om jou gewete te
sus? ‘n Dag wat bloot as ‘n verpligting afgehandel moet word? Indien wel, neem
my raad en moet eerder nie Moedersdag vier nie, want anders is jy ‘n huigelaar.
As jy daarin misluk om die belangrikheid en betekenisvolheid van jou ma (elke
dag van die jaar) te begryp, moet dan eerder nie ‘n huigelaar wees en jou ma
bluf met daardie materialistiese geskenkie nie. Gee eerder vanuit jou hart,
elke dag van die jaar, want as jy net een dag daarvoor uitsonder, is die kans
goed sy nie hier gaan wees wanneer die dag oor ‘n jaar weer daardie verpligting
op jou plaas nie… en spyt kom altyd te laat…
Om af te sluit, herdenk die essensie van jou ma se moederskap deur
Moedersdag ‘n 365/6 dag affêre te maak – vanuit jou hart, nie vanuit
verpligting nie.
Moederliefde, iets besonders, weet dit gewis,
Daar is nie iets wat dit maklik uit kan
blus.
Laat ek net dit vir jou sê, as ek mag,
Maak elke liewe dag ‘n Moedersdag.
Comments
Post a Comment