Lying / Leuens



“I'm not upset that you lied to me, I'm upset that from now on I can't believe you.”
Friedrich Nietzsche

Nietzsche was a great man, he was not only a German philosopher, cultural critic, composer, poet, philologist, and Latin and Greek scholar, but his work has exerted a profound influence on Western philosophy and modern intellectual history. What he says here is something that I believe to be very true. Well, I will just change the “I can’t” in his statement, with “it will be less easy for me to”, what do you think? There is a saying which goes like this: never lie to someone you trust, and never trust someone who lies to you. I agree with the latter, but the former, no, because we should refrain from lying simply because it is not kosher to lie at all, I mean, you should know and believe intellectually that lying is not moral at all. The French novelist, essayist and critic, Marcel Proust, don’t think so; he is of the opinion that lying is essential to humanity because we lie in order to protect our pleasure or our honour if the disclosure of our pleasure runs counter to our honour. We lie all our lives long, especially to those we love because they alone make us fear our pleasure and desire their esteem. You may think for a moment about this and decide whether you agree or disagree with him. Ayn Rand, what a great Russian-American writer and philosopher! She said that people think that a liar gains a victory over his victim. What she learned is that a lie is an act of self-abdication, because one surrenders one’s reality to the person to whom one lies, making that person one’s master, condemning oneself from then on to faking the sort of reality that person’s view requires to be faked. She said that he who lies to the world, is the world’s slave from then on. Anything is indeed better than lies and deceit. I know it is easier to sit here and show that lying is wrong, than it is to refrain from lying. “Do you have a pen I can borrow?” and you answer “No”, while you have three pens in your drawer… We all lie to a certain extent, whether it be to others or to ourselves. I think the best thing to do is to do our best not to lie at all. I am going to start doing that… or am I lying to myself…

How much heartache and crying,
is caused by the act of lying?
Should we not stand on the highest roof
and shout: Please, always tell the truth!

------------------------------------- ∞ -------------------------------------

“Ek is nie ontsteld omdat jy vir my gelieg het nie, ek is ontsteld omdat ek voortaan jou nie meer kan glo nie.”
Friedrich Nietzsche

Nietzsche was nie net ‘n Duitse filosoof, kulturele kritikus, komponis, digter, filoloog, asook Lateins en Griekse geleerde nie, sy werk het ook ‘n diepsinnige invloed uitgeoefen op Westerse filosofie en die moderne intellektuele geskiedenis. Die woorde wat hy hier opper lê my na aan die hart, maar ek moet byvoeg, ek sal eerder sy gedeelte wat lui “jou nie meer kan glo nie”, vervang met “dit moeiliker vind om jou te glo”, wat dink jy? Daar is ‘n uitdrukking wat lui: Moet nooit vir iemand lieg wie jy vertrou nie, en moet nooit iemand vertrou wie vir jou lieg nie. Ek staam saam met die tweede gedeelte, maar nie met die eerste gedeelte nie want ons moet eintlik vir niemand lieg nie, ongeag of jy hom/haar vertrou of nie. die vangplek is egter, doen ons dit of nie? Kyk, dit is nie kosher om te lieg nie, en dit is iets wat jy op intellektuele vlak behoort te weet, menende, dat om te lieg nie moreel is nie. Die Franse skrywer en kritikus, Marcel Proust, sal nie met ons saamstem nie. Hy is van die opinie dat dit noodsaaklik vir die mensdom is om te lieg, want deur te lieg beskerm ons dit wat ons plesier verskaf of dit wat ons eer besorg, en ons doen dit wanneer ons plesier in kontras is met dit wat ons eer besorg. Ons lieg ons lewens lank, sê hy, veral teenoor diegene wie ons lief het. Ons doen dit want ons geliefdes is alleenlik diegene wie maak dat ons dit vrees wat ons plesier verskaf, en dit begeer wat hulle respek besorg. Jy mag vir ‘n oomblik hieroor nadink en besluit of jy saamstem met Proust, of nie. Nou kyk, Ayn Rand was ‘n fenominale Russies-Amerikaanse skrywer en filosoof. Sy was van mening dat mense dink dat leuenaars ‘n oorwinning oor hul slagoffers bekom. Wat sy egter geleer het is dat ‘n leuen ‘n handeling is waar jy van jouself (van jou eie menswees) afstand doen. Met ander woorde, jy doen afstand van jou realiteit en skuif dit oor na die persoon vir wie jy lieg, en deur dit te doen, maak jy daardie persoon jou meester, want vanaf daardie oomblik moet jy die realiteit namaak (vervals) sodat dit kan inpas met die realiteit wat jy deur jou leuen, aan daardie persoon geskep het. Wat sy hier kwytraak is so waar, en sy voeg by dat wie ookal vir die wêreld lieg, voortaan ‘n slaaf van die wêreld is. Enigiets is inderdaad beter as leuens en misleiding. Ja ek weet, dit is maklik om hier te sit en uit te pak oor hoe verkeerd dit is om te lieg, en dat ons nie moet lieg nie. Ongelukkig is dit so dat ons almal lieg, hetsy dit vir onsself of vir andere is: “Het jy ‘n pen om vir my te leen?” en jy kap terug “Nee, ongelukkig nie”, maar daar lê drie penne in jou lessenaar se laai… Komaan, moet nie vir jouself lieg deur my te wil oortuig ons lieg nie soms nie. My punt is net, ons moet ons bes doen om sover moontlik nie te lieg nie. Ek gaan van nou af daaraan begin werk… of is ek besig om vir myself te lieg…

Hoe lank gaan jy kan steun,
op die krukke van jou leuen?
Streef die waarheid na, sterf die leuen af.
Die waarheid bring bevryding, die leuen bring net straf.

Comments